SA brandbestryders keer uit Kanada terug

Altesame 109 brandbestryders en bestuurslede van Suid-Afrika se Working on Fire-program keer Donderdag uit Kanada terug. (Foto: Verskaf)

Altesame 109 brandbestryders en bestuurslede van Suid-Afrika se Working on Fire-program sal Donderdag uit Kanada terugkeer ná hulle die afgelope maand verwoestende veldbrande in dié land help bestry het.

Die departement van landbou, bosbou en visserye het op 10 Augustus 100 brandbestryders, van wie 30 vroue, en nege bestuurslede van dié departement na die Kanadese provinsie Manitoba ontplooi om vir 34 dae met brandbestryding te help.

Kanada se Interagency Forest Fire Centre (CIFFC) het dié versoek ingevolge ’n memorandum van verstandhouding tussen Kanada en Suid-Afrika gerig. Dié memorandum maak voorsiening vir die uitruil van hulpbronne vir brandbeheer tussen die twee lande.

Reusebrande woed sedert Julie in die westelike gedeeltes van dié land en is deur rekordhoë temperature en droë weerstoestande vererger.

CBC News berig dat menige brande egter danksy koeler weerstoestande en reënval bedaar het.

Brits-Columbië, Kanada se mees westelike provinsie, het Dinsdagaand ook sy provinsiale noodtoestand, wat op 20 Julie afgekondig is, opgehef.

Luidens dié berig was vanjaar se brandseisoen een van die ergstes wat hierdie provinsie nog ervaar het.

Dit is die vierde keer dat brandbestryders van Suid-Afrika na Kanada ontplooi is om die land met brandbestrydingspogings by te staan. Die eerste ontplooiing was in Mei 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Goeie werkskeppingspoging asook inkomstegenererend gesien teen hoë werkloosheidsyfer. Solank belastingbetalers nie hiervoor moet opdok

SjN ·

En duisende hektare weiding word verwoes deur brande gepaard met sterk winde hier in Noordwes, Noorkaap en Vrystaat, kan mos eerder plaaslik aangewend word, hoekom oorsee gaan help?

Zilla ·

Ai, ek is jammer. Ek lees die opskrif as ‘branderplankryers’. Ek moes die berig ‘n paar keer lees om te verstaan wat het die ‘branderplankryers’ met brande te doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.