SA brandbestryders op pad terug van Kanada

Die Working on Fire-span wat op 29 Mei 2016 na Kanada vertrek het om dié land te help om hewige veldbrande in Alberta te blus Foto: Working on Fire, Facebook

Die Working on Fire-span wat op 29 Mei 2016 na Kanada vertrek het om dié land te help om hewige veldbrande in Alberta te blus Foto: Working on Fire, Facebook

Edna Molewa, die minister van omgewingsake, het Maandag die Suid-Afrikaanse brandbestryders wat na Kanada ontplooi is om te help met die verwoestende brande in dié land, gelukgewens met die werk wat hulle daar verrig het.

“Ons is steeds ongelooflik trots op ons goed opgeleide brandbestryders wat oor talle jare al uitstekende werk verrig het, wat in die internasionale brandbestrydingsgemeenskap erken word,” het Molewa gesê.

Haar gelukwensing volg kort nadat sy ʼn bemiddelaar na Kanada moes stuur om met die brandbestryders, wat in diens is van Working on Fire (WOF), te vergader oor ʼn loongeskil. Die 301 brandbestryders het op 29 Mei vanjaar na Kanada vertrek, maar op 8 Junie begin staak omdat hulle glo slegs $15 per dag gekry het, en nie $50, soos hulle glo belowe is nie.

WOF het sedertdien ontken dat die brandbestryders $50 per dag belowe is en die bemiddelaar, Trevor Abrahams, is na Kanada gestuur om die loongeskil op te los.

Die departement van omgewingsake het egter gesê weens die swaar reënval in die Alberta-gebied in Kanada, was daar nie meer ʼn behoefte aan brandbestryders nie en daarom sal die Suid-Afrikaanse span terugkeer. Die departement het gesê die span het ingestem om terug te keer.

“Ons doen ʼn beroep op die nasie om nie die brandbestryders te veroordeel nie. Om hulle te veroordeel omdat hulle ons teleurgestel het, kan hulle net demoraliseer ten spyte van hul uitstekende bewese rekord. Sodra hulle terug is by die huis, sal ons met hulle vergader om gepaste maatreëls te beplan waarvolgens hul ontevredenheid in die toekoms geopper en aangespreek kan word,” het Molewa gesê.

Sy het bygevoeg dat ʼn interne ondersoek van stapel gestuur sal word om te bepaal wat tot die ontevredenheid in Kanada gelei het. “Ons eerste prioriteit was altyd rondom die veiligheid van ons brandbestryders en die langtermyn-voortbestaan van die WOF-program.”

Die departement sal ook met die Suid-Afrikaanse departement van internasionale verhoudinge en samewerking en die Kanadese regering in verbinding tree om ʼn memorandum van verstandhouding op te stel vir soortgelyke situasies in die toekoms, het sy gesê. “Ons sien uit daarna om ons brandbestryders terug te verwelkom en glo dat hulle hul goeie werk hier op eie bodem sal voortsit.”

Die brandbestryders en bestuur van WOF sal na verwagting Dinsdag in Suid-Afrika land.

Lees alle vorige berigte oor Working on Fire/Kanada op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Darty ·

Nie oordeel????? Wys jou maar net, maak nie saak waar in die wereld hulle is, NIKS verander!!!!

Rens Roodt ·

watwou – hulle is n disgrace vir enige land – moet nooit weer in diens geneem word nie – sies ga!

Skroplap ·

Gelukkig is die brandslaners weg voor Kanadese skole en boeke aan die brand gesteek is.

Pops ·

Regtig!!! Word wakker, en ons as landsburgers van SA moet nie gedemoraliseer word omdat hierdie patete ons naam weggegooi het nie!! Julle is ‘n grap vir SA. As jy in daardie tipe beroep is, WEET jy jy doen dit nie vir die geld nie, maar vir die liefde van die saak, net soos verpleegsters, ens, ens, ens. So kry julle prioriteite reg. Maar nee, sommige van ons landsburgers het mos ‘n “kry”-mentaliteit, ons wil alles verniet KRY, en vir niks WERK nie!! Ek skaam my morsdood as ek deel van so ‘n groep moes wees!!!

Therese van Schalkwyk ·

Daar hoef nie ver gesoek te word om vas te stel wat tot die “ontevredenheid” in Kanada gelei het nie. Die “bleeding heart” Kanadese, wat nie die vaagste benul het van wat die kontrakte met die werkers behels nie, het met groot geskal in die media verkondig dat die SA brandbestryders ingeloop word en as slawe misbruik word. Hierdie onwaarheid is natuurlik opgeslurp deur alle partye en daar gaat ons! Nie so moeilik nie …

Verneem graag as daar ander redes was, want dis bitter jammer dat die beeld van die WOF-program beslis geskaad is.

vierkleur ·

Ek is seker Kanada dank die Vader vir die reen wat gevat het, sodat die toi toi
in hulle land net kan ent kry

Carien ·

Swak!!! As ouer leer ons don’t reward the bad behavior!!! Maar toi-toi en staak is mos hoe ons probleme “oplos”- dis niks anders as grootmens tantrum!

paul ·

Ek is bly hulle het gegaan,,,Nou kan die hele wereld sien met wat se mentaliteit ons elke dag mee moet deel,,,gelukkig het die plek klaar gebrand,,da is niks wat hulle kon brand nie???
toe staak hulle maar,

christine ·

Julle mos gese nou sal hulle seker n helde ontvangs op die lughawe verwag. Nee kyk hulle is die arroganste lot bangbroeke wat ek van weet goed vir niks,toe die boom omval en een se rib tref toe hol hulle. Huil huil huis toe. Raai wat kry die skuld net soos die boere hier. LOON VERSKIL.

Peet ·

Nie veroordeel nie! Hulle het weereens Suid Afrika se naam gat gemaak en daarvoor moes hulle Kanada toe vlieg. Hoe pateties en adsurd het ons piesang republiek en sy mense nie geword nie. Op eie bodem gaan hulle seker weer staak omdat, dit begin reën het en hulle moes terukom.

Se maar net ·

Hulle sal natuurlik nou die “Vakbond vastrap” kom verder dans hier in die land en “Demand” want dan kry hulle mos alles pasella en verniet.Lekker land hierdie.

Flintstone ·

‘n Beter voorbeeld van die spreekwoord:moenie in jou drinkwater mors nie,kan ons seker nie voor gevra het nie?Reken dis seker die laaste kans wat hierdie toi-toi slaners gehad het om as ‘n span in ‘n beskaafde land te kon dans??

m ·

Asseblief tog, hulle gooi ons naam weg oorsee, nie dat ons seker veel van n naam het nie. wat n grap.

Frans ·

Hoop die wereld het n les geleer jy kan die mense nerens vat ni hul kan bly wees hul plek isi afgebrand nie

Ahooy ·

Hoe moeilik kan dit wees?? Kry n afskrif van die kontrak wat elkeen geteken het om te sien wat die voorwaardes en betaling was!! My voorspelling is dat hulle doodgelukkig was met die 50 dollar n dag –tot hulle gehoor het die ander kry meer!!! Wat n GRAP!!!! Tipies onse SA Burgers!! DEMAND DEMAND!!! Brand iets af, dan sal julle beter voel!!

Hennie ·

Dis hoogtyd dat ons soos volwassenes begin optree. Hierdie klomp is so gewoond om te protesteer oor alles wat hulle nie het nie dat hulle nooit iets sal hê nie. Die mense wat ons beeld bepaal in die wereld (hierdie klomp inkluis) is die swakste mense denkbaar, hulle wil terugsit en alles moet vir hulle in die hande geprop word. Hulle moenie jammer gekry word nie, hulle moet op die agtergrond geskuif word sodat dié wat wil werk gekies word. En almal weet wie is dit!

Chris ·

Helde wat staak! Ek is verbaas hulle het nie nog tyres( bande) op die reeds brandende vuur gegooi nie.

Ander Koos ·

Wat rook die minister? Haar verklaring verskil dan nou op verskeie punte van vorige berigte. Weereens “mooi” praatjies en elkeen met gesonde verstand weet

Vaalseun ·

Nee, julle, stadig nou. Hulle het nie ons naam weggegooi nie – Zuma het dit klaar gedoen. Hulle kom as helde terug, want hulle reëndans het die reën gebring en nou is die brande dood. En oor twee maande is dit verkiesing en dan het Mev Molewa die brandbestryders se stemme by die stembus nodig … Wees nou redelik en gee haar krediet vir haar slim taktiek.

charmaine ·

Stem saam met wat Paul se, skande maar dis goed hulle het gaan bewys waar kom SA se rommelstatus vandaan. As hulle kan afbrand nie dan staak hulle!
Ek is seker daarvan was dit n paar witmanne sou hulle, hulle beste gegee het. “FIRE” hulle almal.

cc ·

they must be joking…… is julle seker hulle het nie ‘n Leon Schuster movie daar gaan maak nie?? ☺ ek skaam my dood!!

Nikolaas Pienaar ·

Ek reken daar is twee morele kwessies hier ter sprake:

1. Die arbeider is sy loon werd.
n Kontrak was gesluit en besoldiging vir werk belowe.
As die kontrak verbreek was het die werkers die reg om aanspraak te maak op wat onderteken was.

2. As jou buurman se huis brand het jy die roeping om hom hulp te verleen ongeag die koste.

Myns insiens tel die tweede swaarder as die eerste. Dit is primêr. Kosteverhaling kan gedoen word na gered wat te redde is.

Leon ·

Alles vir hulle gegee ook nog, teen $15 per dag, al klaar oor die R7000-00 per maand, en die minister reken jy kan oorleef op R753 per maand. Wat ‘n flippin grap en skande!

piet ·

Hulle moes liewers as n koor groep gegaan het.al wat hulle gedoen het was om op die lughawe te sing

Jakes ·

Ware ‘ambassedeurs’ vir SA….dieselfde as hulle paloeka regering.

Gesie ·

Daar is beskaafde maniere om geskille op te los. Toi-toi is nie een van dit nie. Wat ‘n skande!

Irene ·

Helde om te toi toi dit is wat ons in sa doen groot grap van die jaar wys jou hul kan net toitoiiiiiiii

Willie ·

Regtig? Hulle het aan die wereld gaan wys, wat hulle eindelik is.. Klad op Suid-Afrika se naam.. Weereens n bewys van mentaliteit… as daar nie brande was, het hulle ook seker n paar begin…

Lulu ·

Ek wonder nou – as daar ‘n groot brand was, sou hulle nou eenkant gestaan het en gese het “uh-uh we want out money” En as daar lewensverlies was as gevolg van hulle stakery?

Jan maak n Plan ·

Kyk mooi – hulle gaan as hero’s trerug verwelkom word en bo -op dit alles nog hulle geld met so n bonustjie ook kry. Hulle is eintlik ‘n groot verleentheid vir die land,maar dit meot seker maar verwag word as jy n verleentheid van n regering ook het.

Moeks ·

Hoeveel kos hul vliegtuig kaartjies? Seker ook ‘n paar rand. Klink eerder na ‘n gratis vakansie.

Vaalseun ·

Ek is meer bekommerd dat die Bokke nog in een van die oorblywende toetse teen net 11 Iere op die veld gaan verloor. Dan is hulle op dieselfde vlak as Bafana Bafana, wat gereeld teen spanne met net 11 spelers verloor.

FRANCOIS ·

Dit is apartheid se skuld dat hul in hul spore moes omdraai !!!!

Kaspaas ·

En die ANC se hulle moet as helde ontvang word, wys net hoe laag die standaarde in die land is. Net bly die wereld kon dit sien.

christine ·

So volgende keer as jy op n Saterdagoggend so n Loonverskil op die straat wil huur hou verby.

E ·

Het hierdie brandbestryders ń kontrak geteken voor hul die land verlaat het?
Moet sê as ek iets beloof is en minder kry sal ek ook ontevrede wees.
Was hier dalk ń gekonkel om ń vinnige geldjie te verdien? as dit wel die geval is, skaam julle geldgieriges!

Anoniem ·

E…nee weet jy … hul kon eers die werk klaar gekry het…hier was dalk lewens op die spel…en dan gekla het oor die loon verskil….Gelukkig begin die buite wereld ook nou sien wat hier aangaan…

snoefie ·

die minister is reg, moenie die brandbestryders veroordeel nie. veroordeel die regering wat hulle streke aanmoedigen toelaat sodat hulle alles wat wit belasting tot stand gebring het kan verwoes. verder verlekker ek my in die bubble wat kanadagehap het. hulle het ook SA geboycott om MAJORITY RULE af te dwing. laat hulle die sirkussie geniet. VIVA!!!

Johann ·

En so sien en hoor die hele wereld die ANC se geslag van PREVIOUSLY disadvantaged na CURRENTLY taking advantage ontwikkel het. Ek skaam my GAT krom vir hierdie barbaarse wanvoorstelling van wat n ware Suud Afrikaner is!!!! Maar dan is dit verkiesingstyd so ALS sal geloof word deur die ANC!

Ilse ·

Wens ek kon in ‘n ander land gaan bly want Suid Afrika is besig om sy gat te sien. Ek skaam my vir my eie land. En ons word almal met hulle vergelyk. Nee genade.

Johann ·

Dis maklik. Hulle is beslis onregverdig behandel. In ag genome dat die maters gewoonlik die brandwerk doen…hoe dan nou van hulle verwag om iemand anders se handewerk te blus? Hulle wou SELF die brandwerk doen!

neelsie ·

Wat n patetiese spul “ambassadeurs”
Van die skandelike gedrag word nou helde gemaak!!
Dit is hoekom ons land is waar dit is.
Wil altyd in die “show light” wees, maar werk ,dis n groot uitdaging.!

snoefie ·

andrea, nes hulle voorvaders bare gelede met grondwat hulle aan blanked verkoop of geruil het, het hulle n loon met WOF ooreengekom. hulle moes hulle ooreenkoms nagekom het. bo en behalwe die $15 was hulle van kos en slaapplek gratis voorsien sowel as hulle daaglikse WOF loon.

TTh ·

… nog ‘n Suid-Afrikaanse grap en skande … hulle het hulself veroordeel !!!
Die land van skandes, onvermoe en redeloosheid en ‘n vuil stukkende reenboog !!!

Mielie ·

Die mentaliteit om te verwag ons moet hulle nie oor deel nie en dat hulle helde is, spreek boekdele. Dis hoekom die land is waar hy is, geen trots, geen respek vir reels en medemens, geen dissipline, onbedagsaamheid, entitlement, geen nagevolge…..en so gaan die lysie aan. Kyk net na die nuusopskrifte. Dis alles net geweldig. Daar is nie keer nie, dit word daagliks erger.

Arie ·

Les vir Kanada hulle is onbetroubaar en sal altyd wees, los hulle in Afrika

Superman ·

Wat koop jy in Canada vir $15! En as jy dit wil spaar om huis toe te bring…is dit maar net R178!

Duidelik het iemand soos sy gat geluister en $15 as $50 gehoor… of… WOF kry $50 en gee elkeen net $15 en so kry die baas sy cut en Klaas moet suffer.

JP ·

As jy die vorige berigte ook gelees het, sal jy sien dat hulle nie net $15 per dag kry nie. Hulle kry $15 per dag terwyl hulle daar is en dan die ander $35 per dag as hulle terug kom, wat dan ‘n totaal van $50 per dag is. Buiten dit, kry hulle nog hulle normale maand se salaris ook.

CB ·

Wat sou WoF verdien? n Geldmaakstorie, korrup, maar om te staak in n anderland wat nood ondervind? n SKANDE!!!

Baainooi ·

Liewe land, maar julle is vining om te oordeel. Dis harde werk dié vir $15 per dag – malligheid!

Therese ·

Baainooi

$15 onmiddellik en die res later in SA omdat allerande belastingwette in ag geneem moet word. Meer noukeurig lees, minder “oordeel” en die “malligheid” sal duideliker word.

Sarie ·

Dankie vir die “hoogs gekwalifiseerde” werklose stakende brand “bestryders” wat hul aksies duidelik oorgedra het aan die wêreld om te sien hoe hulle in Suid Afrika hul “regte” uit druk om te kry waarop hulle geregtig is. Mooi gedoen! Ons is trots op julle – wanneer gaan die volgende batch? (hehehehe) Julle wys mooi hoe geletterd en opgevoed is julle – net soos ons land se wonderlike leier/s.

Aitoggie ·

Ja nee, en hulle sal seker betaal moet word vir die reendans ne? Dis net in S.A. waar daar gedans word wanneer mense ongelukkig is, nou het hulle gedans toe daar n vuur was. Tipies!! SWAK!!!! SWAK!!!! SWAK!!!!

Sarie ·

Die $15 per dag is beter as om geen werk te hê. Jy word verniet oorgevlieg, bly verniet in ‘n ander land, kry heel waarskynlik verniet kos. Jy is verniet opgelei om die werk te kan doen en dan kla jy oor die $15 wat jy ontvang? Ondankbare opportunis!

Leon ·

Teen $15/dag, is dit omtrent R7000 per maand, en hulle kry alles daarby ook nog. Teen $50 per dag, oor dertig dae………+/-R23000!

Kaspaas ·

Hi Leon moet nie vergeet dit is net die Kanadese betaling bo en behalwe dit kry hulle nog hulle SA salaris van tussen R300 en R750 per dag afhangende van hulle senoriteit

Berner in Perth ·

Laat my dink aan die definisie vir agtergeblewenes…. die wat vandag op die stasie staan en wag vir die trein wat hulle gister afgebrand het……En dan moet ons nie oordeel, ons net ons kop in skaamte moet sak voor die wereld.

teleurgesteld ·

Altyd n “blame game” hul gedrag is veragterlik. hulle n duidelike eindproduk van die onbevoegdheid van SA se swak bestuur.

Kaspaas ·

Merk my woorde Apartheid en die Blankes gaan die skuld kry vir die gemors. Ek sien klaar op ander media platforms word verwys na vorige benadeeldes en hulle is die ” victims”

Only in SA ·

Guh! Hulle is pateties!!!!!!!
Verdien nie om brand bestryders te wees nie!

Lance ·

Stuur hulle net terug asb die mense maak net skandes en is n groot joke !!

Charles ·

Ek verneem Canada het n partyjie gereel nadat die SA brandslaners vertrek het, blydskap omdat die verleentheidslaners weg is.

Gerrie ·

Wat n groot teleurstelling,sit n paar wittes in daai span dan sou hulle nie gestaak het nie,dit is baie sleg vir SA

Schalk ·

Sien op die foto dis kwotaspan………
Ja nee die res van die wereld is nie te vinde vir die toi toi nie. Eerbaarheid was nog altyd diens aan die mens en noodwerkers moet die verantwoordelikheid aanvaar.

Ou top ·

Kyk ek nou so deur al die kommentare dink onwillekeurig aan die twee jaar wat my seun in VSA gaan boer het. Teen $12.50 vir die eerste, en $15.00 per uur vir die tweede jaar….met van die beste klere, elektriese toerusting en rekenaars teruggekom. Hy kom dit bekostig al moes hy van vroeg tot laatnag werk, party dae te moeg was om sy eie kos te maak….maar hy wou dit doen……en dit maak die verskil…jy moet wil. Hy is ń dubbel gekwalifiseerde motor tegnikus – petrol en diesel.

Nou my punt: Om $50.00 per uur te verdien moet jy ten minste ń doktersgraad in vuurslaan hê. Om met die gedagte van: soek werk…kry werk…staak vir meer geld…na die buiteland te gaan, is nie ń opsie in daardie wêreld nie. Dit is tipies Nuwe SA.

So, simpatie oor te min geld sal hulle nie by my kry nie. Hulle is te lui om die job klaar te maak…!!

Anoniem ·

Ai en hier sit ek. Ek moet maar tevrede wees met dit wat ek per uur kry…Hoekom?…Want dis wat dit is. Loop ek sit ek dalk op straat, bedel op straathoeke…nee wat daardie is nie vir my…..Te dankbaar vir dit wat ek kry…..Ek dink eerder ons mense is te lui te werk….Selfs hier by my werk vra hull n ekstra geld jie as hul iets moet doen as dit nie in hul kontrak staan nie…..

Hennie ·

Wittes kan nie kommentaar lewer nie daar was net swarts, so no comment .

Teleurgesteld ·

Hulle is ‘n “disgrace ” vir ons land . Hulle kan bly wees hulle kry iets. Hier sal hulle nie soveel hier kry nie en nou gaan hulle al die pad oor en gaan staak daar. Daar is baie wat enigiets sal gee om soveel per dag te verdien . Hulle gaan ons mos nou nooit weer daar toelaat nie. Maar nou kan die wereld ook sien hoe dit hier gaan ………. Hier is geen toekoms vir enige jong Suid-Afrikaner nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.