SA brandbestryders staak glo in Kanada

Argieffoto

Argieffoto

Die organisasie Working on Fire (WOF) het Donderdag mediaberigte ontken dat die 301 brandbestryders en bestuurslede, wat na Kanada gestuur is om te help met die verwoestende brande in dié land, nie die betaling en daaglikse toelae ontvang soos met hulle ooreengekom is nie.

Volgens mediaberigte het die brandbestryders in die groep hul ontevredenheid uitgespreek omdat hulle slegs $15 per dag kry en nie $50 soos hulle glo belowe is nie. Die brandbestryders het nou glo begin staak en nie Woensdag gewerk nie.

Linton Rensburg, WOF se nasionale woordvoerder, het hierdie berigte ontken en gesê die hele WOF-span in Kanada word betaal soos voor hul vertrek ooreengekom. Hy het gesê volgens die ooreenkoms ontvang die WOF-brandbestryders hul normale loon soos deur die Suid-Afrikaanse regering se uitgebreide openbarewerkeprogram bepaal word.

Gedurende hul tyd in Kanada sal die brandbestryders se verblyf en etes deur die Kanadese regering gedek word en elke brandbestryder kry daagliks ʼn toelaag van $15 om te gebruik soos hulle wil, het Rensburg gesê. “Met hul terugkeer na Suid-Afrika sal elke brandbestryder ook ʼn ‘buite landsgrense-toelaag’ ontvang tot die randwaarde van $35 per dag. Hierdie reëling is met die brandbestryders bespreek voordat hulle na Kanada vertrek het en almal het die ooreenkoms onderteken.”

Rensburg het beklemtoon dit is ʼn unieke geleentheid vir hierdie jong Suid-Afrikaners om in Kanada te gaan werk. Hy het gesê ʼn senior bestuurspan van WOF sal vanaand na Kanada vertrek om die brandbestryders se ontevredenheid te bespreek en ʼn oplossing vir die situasie te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Fransie ·

sal nie verbaas wees as dit regtig so is nie, en Kanada wees versigtig hulle stig dalk net die brande!

Kaspaas ·

Ha ha kon dit gese het. Proudly South African. Dit is die land se kultuur het hulle regtig gedink dit sou nie gebeur. Stuur hulle almal 1ste vlug terug.

Niel ·

Nee-wat, laat hulle liefs daar bly. Hoe minder, hoe minder moeilikheid. Haha, sterkte Kanada!!!!

tw ·

Ja nee, het gewag dat ons weer gaan naam weggooi. Skaars twee weke gehou, nadat hulle soos stout kinders op en af van al die opgewondenheid voor die wereld se tv kameras rondgespring het. Wonder wat dink die Kanadese nou.

Maria van Dieweeck ·

Swak karakters en bedorwe! Maar so wys hul vir die wereld hul ware kleure. Spul sussies!

Illa ·

Die probleem is dat die wêreld dink dat dit Suid-Afrika as ‘n geheel se ware kleure is.

Kaspaas ·

Dit is n unieke geleentheid om ondervinding op te tel en hulle gooi dit in hulle gasheer se gesigte. Regte brand bestryders sou enig iets doen om die geleentheid te kry. In SA is hulle onbetaalde vrywilligers maar Suid Afrika kultuur gee bietjie en eis baie

christine ·

Ja nee mens kan hulle regtig nerens heen vat nie. Ongeskikte bedorwe brokkies. Bring die kamaras dan almal daar om aandag by die fotograaf te trek. Patetiese spul

humor ·

Nee hulle kan maar net bly daar waar hulle is, maar ongelukkig sal Kannada dit nie dult nie. Verklaar sommer die ooreenkoms tot niet , want hulle het nie hul deel daarvan nagekom nie. n Postiewe punt is dat Kannada nou eerste hands bleef het wat ons in SA dag na dag mee worstel. Goed dat die wereld die korrekte beeld kry.

Emile ·

Los hulle daar!

Die Kanadese is baie lief vir immigrante en absorpsie van hiedie 300 sal maklik wees.

Nog ‘n voordeel is dat 300 werksgeleenthede plaaslik oopgaan.

En, dalk die belangrikste, ons brandbestryders se imigrasie daar sal ‘n onmiddelike styging in die gemiddelde IK in beide Kanda en Suid-Afrika tot gevolg he^.

Sarah ·

Is dit moontlik dat niemand vir hulle verduidelik het dat hulle die $35 verskil eers later gaan kry nie?

Piet Pompies ·

As besoeker aan enige ander land verteenwoordig jy jou geboorteland, hierdie gedrag is waarskynlik ‘n openbaring vir die Kanadese aangesien hulle maar net van sulke optrede geoor het en nog nooit ervaar het. Daar was seker een uit die groep wat gedink het, hier is ‘n geleentheid om geld te maak en die ander beinvloed het.

MissDemeanor ·

Noem my maar ‘n bedorwe brokkie, maar selfs 50 per dag is nie baie nie, veral as jy in ag neem hoe gevaarlik hul werk is. Dis nie charity nie.

Renier ·

$50= R723.00

Vir ‘n werk as vrywilliger is dit nie sleg nie.

Verblyf en etes word vir hulle betaal.

Illa ·

MissDemeanor, as hul dit eers uitgevind het toe hul daar aanland, was dit verstaanbaar. Maar dit is tog duidelik gestel dat hul dit geweet het voor hul hier weg is. In alle waarskynlikheid het hul nie besef wat die koopkrag van $15 in Kanada is nie en is die lewe daar nou nie heeltemal so gemaklik soos hul hul dit voorgestel het nie. As hul bietjie verder dink, die koopkrag van $35/dag oor sê nou maar 60 dae (wat hul dan met hul terugkeer ontvang) in Suid-Afrika kan maklik ‘n goeie karretjie betaal! Nie sleg vir 60 dae se werk nie. En as hul dan voel dit is te min, hoekom het hul gegaan?

Russell Kimmins ·

Stadig maar seker laat hulle die wereld sien hoe dit hier gaan Ek is baie bly daaroor

My bydrae ·

TIPIES…..Eersteklas bewyse in ‘n eerste wêreld ontwikkelde land hoe ons élke dag deur stakings en vandalisme geraak word. Nou sal dit hopelik mense se oogklappe laat afval. Geen wonder ons is feitlik rommelstatus nie. Somme maak is duidelik nie die outjies se sterk punt nie. $15+$35=$50. Dit is waartoe hul ingestem het.

MM ·

Mmmmm ……….. en toe ek op ‘n vorige keer gese het hulle moet net nie dink hulle kan stike nie toe word ek oor die vingers getik deur ‘n ander leser. Wonder wat se sy nou!!!!!
Kanada moet hulle sumier wegjaag!

Gideon ·

Arme drommels!! Ek sou wat wou gee om teen betaling te gaan brandslaan, en dit nog op vreemde bodem!! Hier by ons word soveel brande gestig, en gewoonlik op naweke wanneer die meeste werkers nie eens weet of hulle sit of staan nie, dan moet ons boere vure slaan.

Suid Afrikaner/Kanadees ·

Ek gebore Suid Afrikaner woonagtig in Kanada nou, kan nie glo wat nou weer gebeur het nie. Wat gaan aan met hierdie mense, hulle is ‘n geleentheid gebied wat hulle nie sommer weer sal ervaar en daar slaan hulle hulle naam met ‘n plank. Stuur so gou as moontlik hierdie mense terug na SA, Kanada duld nie hierdie gedrag nie.

FMM ·

Hier is genoeg mense sonder werk agv die lae oliepryse wat graag die geleentheid wou aangryp waarvoor hulle hulle neuse optrek. So maak hulle almal slimmer en sal hulle nie weer gou weer hier kopuit steek nie.

MissDemeanor ·

Suid Afrikaner/Kanadees. Jy woon in Kanada…hoeveel word jy betaal per dag? Ek wed jou dis baie meer as 50 dollar. En FMM, net omdat daar baie werklose mense is beteken nie dat werkgewers dit kan uitbuit en hul werkers belaglik min betaal nie.

Illa ·

Haai MissDemeaner, het jy nie die berig mooi gelees nie, of is jy sommer net halstarrig? Hulle het GEWEET hoeveel hul gaan kry. Is jy dan ook die tipe wat in ‘n ‘n werksonderhoud die son, maan en sterre belowe, wetende wat van jou verwag gaan word en wat die aangebiede salaris is en dan kort na ontvangs van eerste salaristjek met ‘n houding rondloop omdat jy agtergekom het die geld kan nie alles koop waaroor jy gedroom het nie en dus voel jy word te min betaal vir wat jy doen?

Jef ·

Nou word daar n senior bestuursspan na Kanada toe gestuur weereens n klomp geld vir vliegtickets en akomodasie en eet en alles wat by so tussen vakansie hoort.
Hoekom Skype hulle nie mos vele duisende goedkoper.

Lizl ·

Ja, en daar loop maak hulle ons land se nasm en reputasie nog g@tter as wat dit is!

Flintstone ·

Net soos in SA,maak hulle seker dat iemand met verstand hulle nie ‘n volgende werksgeleentheid gaan gee nie.Kanadese vriend van my reken dat die sentiment onder die Kanadese een van ontevredenheid is.Self het hulle min werksgeleenthede en nou word dit aan ‘n klomp buitelanders toegedeel.Die ironie is dat geen diensverskaffing op plaaslike grond bestaan nie,en nou wil dieselfde groep hulp in ‘n verafgeleë land gaan uitgee as behulpsaam?

FMM ·

Die ANC regering het hulle net gestuur om welwillendheid te probeer koop sodat hulle weer in die toekoms hier in Kanada kan kom bakhand staan.

foxi ·

Ha ha ha heee heee, grap van die jaar. Jis, maar nou het ek heerlik ontspan na hierdie lekker laggie.

skaam ·

Stem saam Jef uitgewerkteplan.
Ai hoe lank nog ?geduld, teleurstelling en ontnugtering. Skenk U HERE ons uitkoms redding en verlossing en genade asb. Danki

Anoniem ·

Swak! Die Kanadese government het uitbetaal presies wat ooreen gekom is voor hulle op die vligtuig geklim het. Hierdie klomp het twee weke op die Kanadese se sak opleiding, kos, en verblyf gekry. Toe dit kom by werk waarvoor hulle betaal was, het dit nie eers n week gehou nie. Gelukkig is almal nou sommer oppad terug na die land wat hulle self afbreek.
Die brande in FMM is nie n grap nie – talle gesinne het hulle huise en besittings verloor, en dit na baie hulle werk verloor het met die val van die olie prys. In Alberta het mense hulle huise en beursies oop gemaak om die mense te help – daar was meer as $30 mil aan die Red Cross geskenk vir die mense van FMM deur die Kanadese in die eerste paar weke alleen. Baie van die firefighters hier werk nie eers vir geld nie. Hulle volunteer. Dit is harde werk en baie van die firefighters het aanhou werk sonder om eers te slaap of eet. Volgende keer, gee eerder die geld aan talle van die mense wat sonder werk, en nou sonder huis sit – hulle is heel waarskynlik beter opgelei ook. Maar hulle moet nou mooi verstaan dat die geleentheid vir SA brandbestryders om in ander lande te gaan werk nou toe gestop is.

Ander Koos ·

Nou moet Kanadese net sterk genoeg wees en hulle summier deporteer.

Alberta ·

Die Kanadese government het uitbetaal presies wat ooreen gekom is voor hulle op die vligtuig geklim het. Hierdie klomp het twee weke op die Kanadese se sak opleiding, kos, en verblyf gekry. Toe dit kom by werk waarvoor hulle betaal was, het dit nie eers n week gehou nie. Gelukkig is almal nou sommer oppad terug na die land wat hulle self afbreek.
Die brande in FMM is nie n grap nie – talle gesinne het hulle huise en besittings verloor, en dit na baie hulle werk verloor het met die val van die olie prys. In Alberta het mense hulle huise en beursies oop gemaak om die mense te help – daar was meer as $30 mil aan die Red Cross geskenk vir die mense van FMM deur die Kanadese in die eerste paar weke alleen. Baie van die firefighters hier werk nie eers vir geld nie. Hulle volunteer. Dit is harde werk en baie van die firefighters het aanhou werk sonder om eers te slaap of eet. Volgende keer, gee eerder die geld aan talle van die mense wat sonder werk, en nou sonder huis sit – hulle is heel waarskynlik beter opgelei ook. Maar hulle moet nou mooi verstaan dat die geleentheid vir SA brandbestryders om in ander lande te gaan werk nou toe gestop is.

Dup du Plessis ·

……..van al die lande oor die wye wereld wat gaan help het…….raai watter een het gestaak?……..

Jené ·

Ai, wat verstaan hierdie mense nie van ń lewensnoodsaaklike diens wat gelewer moet word nie? Wat nog te sê van integriteit, eie trots en medemenslikheid. Waar is hul gewete? ń Mens maak mos nie so nie? Sies! Ek skaam my vir hulle!
Hier is baie Suid Afrikaners wat verniet sou gaan werk het, in die wete dat ons lewens sou kon red en mens, dier en aarde sou kon help. Wie ookal hierdie span gekies het, hoop ek, leer ń duur les!!!

Hendrik ·

Kom ons se dit sommer reguit. Hulle is swart brandslaners.

Pieta ·

As ek reg gelees het kry die SA-manne hulle gewone salaris, hulle etes en akkommodasie (wat billik is as jy nie tuisbly nie). Die toelaag van $50 per dag, waarvan hulle voorlopig net $15 per dag kry, is ‘n bonus – en nie hulle volle vergoeding nie. Ai, hulle verdien om afgedank te word!

Pieta ·

Eintlik moet ek seker sê hulle verdien om ge”fire” te word…

Charmaine ·

Nee mense – dis ons skuld – ons ken ons Mense – hulle stem in en is happy en excited voor almal – maar JY MOET altyd na die GROOT front met hulle een vir een praat en vra ” tell me how you understand this ” – Dan kan jy hoor hoe hulle ogehoor het – hulle kan hard werk – maar JY moet seker MAAK een vir een het verstaan – en as hulle nie reg verstaan het nie – mag hulle maar kop uit trek- maar hier is seker weer vir hulle n rosy picture geteken – ons behandel almal mos dieselfde – die rural mense gegryp nie altyd ons rosy taal nie.

Lance ·

Eintlik weet die mense meer van vure stig as vure blus ….eeuuwww

Dalene ·

Gaan hulle om geld te maak of om ‘n helpende hand uit te steek? Skande op SA se naam…wat nog daarvan oor is

Jan maak n plan ·

Dis nou wargtig pragtig. Hulle maak ons so trots. Hulle moet niu nog net klippe gooi en klomp goed aan die brand steek. Dis mos hoe dit gedoen word. Ek hoop die klomp buitelanders geniet hulleself met ons mense en ek hoop hulle oë en ore gaan nou oop en sien met wat ons elke dag moet saam leef. Briljant.

Elzabé ·

My mond het behoorlik oopgehang toe ek die storie op die nuus hoor…..wat verstaan die mense nie…..hulle is vrywilliges……hulle houdig in Kananda maak my skaam om myself n trotse suid afrikaner te noem…….hulle maak ons die laughing stock reg oor die wereld

Gerda ·

Dis baie hartseer mense raak geldgierig terwyl die natuur in vlamme opgaan en arme diere verswelg word deur die vlamme dis ons wereld ons moet kyk daarna maak nie saak in watter deel van die wereld dit is nie.

treurgrond ·

Aggee nee waragtig – nou staak hulle in Kanada waar hulle moes gaan help het – maar soos Luister gese het ons naam word weer met ‘n plank geslaan – plat geslaan.

Ek mis my Land ·

Ek is bevrees die kultuur van ” staak en brand en verwoes as ek ontevrede is” , het gekom om te bly. Al wat dit gaan stop is wanneer alles verpletter en verwoes is en hondersnood intree. Kyk maar na res van afrika… Hoe gaan ons as boere en kosvoorsieners reg kry om die bevolking in 20 jaar se tyd steeds te kan voorsien van kos? Om nie eens van werksgeleenthede te praat nie.

Dit sal n sterk hand kos om die proses om te draai.

Suid Afrikaner/Kanadees ·

So die probleem le nou by die SA regering. Alberta het SA regering $170 aangebied per dag per persoon. So kom ons doen die math op hierdie. SA regering druk hoeveel in hulle sakke nadat hulle net $50 per persoon wou betaal. Kurrupt se ek vir jou. Die probleem van staking sou nie gebeur het as die SA regering so suinig was nie. What is new with SA government. Strik wakker!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.