Volgens ʼn verklaring van die Corson County-polisie het die botsing op 26 Desember op ʼn grondpad plaasgevind. Twee bakkies het op ʼn blindehoogte teen mekaar gebots.
Die Capital Journal berig dat MC Weldon (33) die een bakkie bestuur het en Johan Weldon (26), sy broer, die ander bakkie. Werner Swart (33), ʼn vriend van die broers, het saam met MC in die bakkie gery.
Volgens die berig is MC uit die bakkie geslinger en het hy ernstige beserings opgedoen. Werner is in die botsing dood. Johan het ook ernstige beserings opgedoen.
Volgens die polisie het die bakkie waarin MC en Werner gery het na die botsing aan die brand geslaan. Niemand het volgens die polisie sitplekgordels aangehad nie. Die Capital Journal berig dat die drie mans as plaasarbeiders gewerk het vir Bryce Lindskov wat ʼn bees-en-saaiboerdery besit.
Tragies…
Sterkte aan die ouers, dit hartseer as mens nie dadelik na jou kind kan ry nie.
Heeltemal onnodige tragedie wat voorkombaar was. Die berig in die Amerikaanse pers is meer volledig. Daarvolgens het die botsing gebeur ‘n halfuur nadat hulle al by die werk moes wees. Hulle werkgewer meen daar was te vinnig gery, iemand was aan die verkeerde kant van die pad en hulle het reeds twee keer verby hulle werkplek gery toe dit plaasgevind het. Die skade aan die voertuie stem ooreen met die beweringe dat die voertuie met hoë spoed bestuur was.