SA byna 70 000 werkgeleenthede kwyt

Sowat 1 000 werkgeleenthede is in die tweede kwartaal in die boubedryf geskep. Foto: Morné van Rooyen

Suid-Afrika het in die tweede kwartaal amper 70 000 werkgeleenthede kwartaal verloor, het Statistieke Suid-Afrika Woensdag in sy kwartaallikse verslag oor indiensnemingstatistieke bekendgemaak.

Dit bring die totale getal mense wat werk in die formele sektor, landbou uitgesluit, op sowat 9,75 miljoen te staan, vergeleke met 9,82 miljoen in die vorige kwartaal.

“Werkverliese is aangemeld in die gemeenskapsdienstesektor, waar 67 000 werkgeleenthede verloor is,” het Stats SA in ʼn verklaring gesê. “Dit was veral geleentheidswerk … van mense wat in diens geneem is met die oog op veldtogte vir volgende jaar se nasionale verkiesing.”

Die mynbou het vir die vierde kwartaal agtereenvolgens werkgeleenthede verloor met 2 000 minder mense wat nou in dié sektor werk, terwyl die vervaardigingsektor 13 000 werkgeleenthede kwyt is.

Die goeie nuus is dat die handel- en sakedienstesektor 7 000 werkgeleenthede elk geskep het en die boubedryf ʼn geringe toename van 1 000 werkgeleenthede ervaar het. In die elektrisiteitsektor het die getal onveranderd gebly.

Die amper 10 miljoen mense wat in die formele sektor werk, se totale bruto inkomste het met R5 miljard afgeneem tot R627 miljard.

Die grootste enkele afname was in die sakedienstesektor, waarin die salarisrekening in die tweede kwartaal R12 miljard minder as in die eerste kwartaal was. Die naasgrootste afname was in die mynbousektor met R699 miljoen minder wat aan vergoeding bestee is.

Die gemeenskapsdienstesektor het, ten spyte van die afname in werkgeleenthede, R3,5 miljard meer aan salarisse betaal. Die vervoerwese se toename was R2,3 miljard en die boubedryf R1,1 miljoen.

Stats SA sê die gemiddelde maandelikse bruto inkomste in die formele sektor, die landbou uitgesluit, was in Mei vanjaar R20 176, ʼn toename van 3,7% vergeleke met R19 444 ʼn jaar vantevore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

honourable member ·

Met so patetiese regering gaan dit net erger word. Wie wil in so wettelose land bele.

Paul ·

Moenie komkommer nie, Cyril is besig om by die VN die wêreld ‘n lesing oor goeie buurmanskap te gee, die VN moet transformeer. En dan moet ons net geduldig wees, hy het mos nou die dag gesê die swaarkry is van verbygaande aard, die Chinese is op pad.

Doom ·

Ek dog RAMAPHOSA het nou hierdie WERKSKEPPINGSPROJEK waaraan hy werk? Genade ons .. al skep hy hoeveel nuwe poste (wat hulle nog nie gedoen het in 24 jaar nie) gaan hulle nog 70 000 meer moet skep om vir hierdie arme mense voorsiening te maak .. SA is gedoom.

Salamander ·

Daar word nie sommerso werk geskep nie. Rykdom skep werk. Produktiwiteit skep rykdom. Rykdom lok beleggings. Dan kan ons begin ontwikkel en werk skep. Ons weet almal hoe val die wereld tans oor hulle voete om hier beleggings te maak.

tone ·

laat die unies nog stakings afdwing. laat die rent a crowd nog geboue en besighede tot op die grond afbrand. laat die sapd bystaan en monitor. doe zo voort. die buiteland hoor hoe daar gelieg word. hulle sien gelukkig ook wat werklik gebeur.

MissDemeanor ·

Gebruik jou breinkrag om n entrepetneur te wees wat werk skep…of trek uit die land uit.

H ·

Met die nuwe dagga wet,gaan daar meer werkloosheid wees. Ek gaan nie iemand werk gee as hy/sy met daggesig kom werk nie. Nee dankie

Arie ·

Hy wil net stemme lok hy voel vere vir die ekonomie, dis ook net die dum e dummer wat vir hom stem

christo ·

CR paddaman dink hys vreeslik slim met sy London Engels ,die trein wat in afgrond in tuimel Kan Hy Nie Stop !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.