SA dalk binnekort ʼn oliebron ryker

(Argieffoto)

Suid-Afrika en Suid-Soedan het ʼn ooreenkoms gesluit wat daartoe kan lei dat Suid-Afrika eersdaags mede-eienaar van ʼn oliebron kan wees.

Suid-Soedan is die derde grootste olieprodusent (naas Nigerië en Angola) in Afrika suid van die Sahara. Dit is ʼn onlangse toevoeging tot die wêreldkaart, want die land het eers in 2011 sy onafhanklikheid van Soedan verkry.

Suid-Soedan se kort geskiedenis is tot dusver gekenmerk deur oorlog, politieke verdeeldheid, onstabiliteit en omvattende probleme op haas elke lewensterrein.

ʼn Ander deurlopende kenmerk van Suid-Soedan se geskiedenis is die rol van Suid-Afrika se oudpres. Thabo Mbeki om oorlog te bestry, vrede na groter dele van die land te bring en die welvaartvlakke algemeen te laat toeneem.

Mbeki geniet in Suid-Soedan omvattende respek vir die onverpoosde wyse waarop hy sukses op daardie gebiede nastreef en soms behaal, maar ook dat hy in die allermoeilikste omstandighede volhard en weier om te misluk.

Dit is dan ook in hierdie lig dat Suid-Soedan aan Suid-Afrika die geleentheid gebied het om eksplorasieblokke te bekom.

Oudpres. Thabo Mbeki. (Argieffoto.)

ʼn Eksplorasieblok is ʼn afgebakende gebied waarbinne gesoek word vir olie. Indien olie gevind word, neem die vennote in die eksplorasieblok eienaarskap van die oliehulpbron in dieselfde verhouding as hul belang in die eksplorasieblok.

Amptenare van die departement van minerale hulpbronne en energie het vandag in die parlement gesê die Suid-Afrikaanse besluit om die Suid-Soedannese aanbod te aanvaar is gegrond daarin dat dit deel van die mandaat van Suid-Afrika se staatsbeheerde strategiese brandstoffonds is om nuwe brandstofbronne vir Suid-Afrika te probeer vind.

Suid-Afrika het dus besluit om die kans aan te gryp en die destydse minister van minerale hulpbronne en energie, Jeff Radebe, het die tersaaklike ooreenkoms op 6 Mei in die Suid-Soedannese hoofstad, Juba, onderteken.

Dit beteken Suid-Afrika het nou ʼn belang bekom in ʼn eksplorasieblok genaamd B2. As die oliesoektog suksesvol is, sal dit nie net beteken ʼn deel van die olie is Suid-Afrika s’n nie, maar dit kan ook ʼn nuwe inkomstebron vir die Suid-Afrikaanse staat wees.

Die lede van die portefeuljekomitee is vandag vertel dit raak wêreldwyd ʼn ál meer algemene gebruik vir lande wat ʼn tekort aan ʼn spesifieke strategiese hulpbron het om ʼn belang te bekom waar daardie strategiese hulpbron in ʼn ander land voorkom. So byvoorbeeld gebruik Indië so ʼn stelsel van eienaarskap deur buitelandse belang om in 80% van hul oliebehoeftes te voorsien.

Die eksplorasie in Suid-Soedan gaan eersdaags begin en ʼn Britse maatskappy met bewese vaardighede in olie-eksplorasie is aangestel om die praktiese werk te doen.

Die koste vir die Suid-Afrikaanse belastingbetaler is nie astronomies nie, veral omdat kenners meen die kans op ʼn lewensvatbare olievonds in blok B2 is heel goed.

Die uitgawe vir Suid-Afrika is vasgestel op $48 miljoen (sowat R708 miljoen) oor ʼn tydperk van ses jaar. As die eksplorasiepoging teleurstellende resultate toon, het Suid-Afrika die opsie om homself ná ʼn tydperk van vier jaar en ʼn besteding van $31 miljoen (sowat R457 miljoen) van sy verpligtinge los te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Judge Dredd ·

So die belastingbetaler gaan betaal vir eksplorasie en Dan gaan hy weer belas word by die petrol pomp. En die ANC skep verder……

corne ·

ja ja belasting betaaler gaan deur sy ore betaal hiervoor en net sekers gaan die voordele trek

HPV ·

Hier kom die volgende reddingsboeie vir nog een van die ANC se bankrot suksesse.

Piet ·

“Goeie” nuus met ‘n groot vraagteken. Die olie gaan deur ‘n hele antal “hande” moet gaan voor selfs die kaders hulle vingers in die “pie” kan kry. Olie vondse in voormalige oorlogs gebiede is hoogs tentatief.
Baie troë om te vul!

an ·

SA gaan ineenstort voordat enige olie gevind word.

Moontlik burgeroorlog?

Nico ·

Die regte vraag is:
Hoeveel is die sulksesfooi vir die ondertekening en na wie toe gaan dit.

bokke ·

Dis spotgoedkoop as dit ‘n volhoubare bron is. Definitief ‘n goeie “deal”

Magda ·

Dit klink baie goed – maar die geskiedenis van ANC se korrupsie – nie so seker dat dit wel vir Suid Afrika n goeie ding gaan wees nie – dalk net vir n paar ANC lede – Hoop Mbeki hou kop met die geld wat gaan inkom – HY is een van die ANC lede wat ek glo NIE korrup is nie.

LK ·

O moeder, dis nou korrupsie wat plek soek om te gebeur. Gee my krag.

Daan ·

Belangrikste vraag is, hoe gan dit n impak he op die alledaagse brandstof verbruiker? Of gan ons nou dan ons eie olie teen n duurder prys aankoop as ons nou die korrupsie bytel en dan al die aandele wat elke persoon gan skep bytel en dit dan als belas

Anni ·

Nog “iets” wat die belasting betaler gaan finansier, sodat die ANC weer kan skep en skep en nogmaals skep. Gaan ons goedkoper vir brandstof, betaal soos in Botswana, wat hul brandstof in SA aankoop ????? NEE!!! Pateties!!!

AndrewL ·

R708 miljoen oor ‘n tydperk van ses jaar? Met die regering se betrokkenheid, maak dit eerder per jaar. Met reddingsboeie nie eers bygereken nie, en veiligheidsmagte wat gestuur moet word en, en en…

piper ·

daardie geld is al klaar weg. ons weet reeds aan suid afrika kant met die anc wat gaan gebeur. aan die kant van suid sudan gaan dit nog erger. hulle kry nog minder daar reg met al hulle olie. baie arm , anargie , geen regering, swak of geen infrastruktuur nie. my dogter het daar vir die UN gevlieg. gate is deur die vliegtuig geskiet en moes vlug uganda toe. die UN het hulle mense op n kol ontrek agv. onveiligheid. van hulle personeel was aangeval en verkrag.

John ·

Al die baklei in daardie streek gaan juis oor die beheer oor olie. Ons finansier die spulletjie en die bedrag is groter as wat gesè word. Mbeki wou net sy hand en die van die ANC in die spel versterk. Belastingeld is ANC eiendom. Stokvel ten beste.

Piet parys ·

Die vraag is wie is die aandeelhouers en hoeveel bachands is betrokke . Die sogenaamde kenners sê die kanse is goed dat daar olie is maar nie laat daar wel olie is nie. Ek glo nie die belasting betaler kan dit ook nog bekostig nie . Alles val uitmekaar uit .So watter land gee sy olie bronne op n skinkbord weg .

Arak ·

Ek verstaan duidelik nie die logika nie. Ons gee ons gas velde, (of hulle werklik bestaan is natuurlik ‘n ander vraag) weg vir Frankryk en Rusland. Dit is nou die brulpadda projek, maar dan ontwikkel ons Soedan se olie velde. Moet ons nie eerder net ons eie gas benut nie? Hierdie klink vir my ook net na nog ‘n bog storie.

Mathys ·

Ek verstaan as mense uit ondervinding uit sinies is oor die beloftes van die toekoms, maar dis is die enigste plek waar verandering kan gebeur

Andre ·

Baie goeie nuus vir n verandering, ons land kan doen met n oliebron uit Noord Afrika. Kom ons hoop daar gaan n goeie fonds gevind word saam met die onlangse fonds in die Suid Kaap. Met Omar Al-Bashir wat die jaar verwyder is met n staatsgreep en Zuma wat ook verwyder is saam met die Guptas n jaar gelede is die kanse vir n Staatskaping hier gering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.