SA diep bekommerd oor situasie in Eswatini

swaziland-vlag

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse regering sê hy het met “diepe kommer” kennis geneem van die voortgesette politieke en veiligheidsituasie in die Koninkryk van Eswatini (Swaziland).

“Ons is veral bekommerd oor berigte van lewensverlies en die verwoesting van eiendom,” het die departement van internasionale betrekkinge en samewerkende regering Donderdag gesê.

Eswatini onderdruk lankal reeds enige afvalligheid of pro-demokrasie-bewegings en politieke partye in die land word sedert 1973 verbied.

Koning Mswati III, Afrika se laaste absolute monarg, stel alle ministers aan en beheer die parlement.

Betogers eis egter demokratiese hervorming. Daar is ook toenemende woede oor die weelde waarin die koning en sy familie leef, terwyl talle ander Eswatini-burgers in armoede gedompel bly.

Eswatini, wat deur Suid-Afrika omring word, steun swaar op invoere van sy buurland. Maroela Media het vroeër berig talle vragmotors is by die Oshoek-grenspos gestrand weens die betogings en die internet wat glo gevolglik in die land afgeskakel is. Weens ʼn gebrek aan internet kon die vragte nie op die aanlyn stelsel verwerk word nie.

Die Suid-Afrikaanse regering het ʼn beroep op die veiligheidsmagte in Eswatini gedoen om te alle tye selfbeheersing te toon en die lewe en eiendom van die land se mense te beskerm, in ooreenstemming met Eswatini se grondwetlike bepalings en wetgewing.

“Suid-Afrika doen ook ʼn beroep op alle politieke rolspelers en die burgerlike samelewing om deel te neem aan sinvolle dialoog om die huidige politieke uitdagings in die land op te los,” sê Dirco.

Luidens berigte het die koning glo vroeër uit Swaziland gevlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

“Suid-Afrika doen ook ʼn beroep op alle politieke rolspelers en die burgerlike samelewing om deel te neem aan sinvolle dialoog om die huidige politieke uitdagings in die land op te los,” sê Dirco. En julle, ANC, kan dit nie eers self in Suid Afrika doen nie.

Michael ·

waarvan praat hulle. Die ANC verwag van Eswatini dinge wat hulle in Suidafrika self nie doen nie. dit wat hulle se en wat hulle doen pas nie by mekaar nie.

Werner ·

Klink maar net soos dit elke dag in SA gaan.Hulle is seker bang die Swazis doen dit beter as die klomp hier

My siening ·

Hoekom kruip die koning van swasies hier weg. Want hy weet korrup beskerm korrup!

Johannes ·

As hulle hier alles afbrand en verwoes is dit reg want dit is hulle demokratiese reg maar as dit erens anders in Afrika is ons regering baie bekommerd daaroor. Nogal ironies

Pietertjie ·

Die ANC/SAKP is besig om Suid Afrika op dieselfde pad te laat loop as Swaziland. En hierdie is nie ‘n “klein koninkrykie” nie…

Jacobus ·

‘n Meer onmiddellike probleem – eSwatini was ‘n belangrike agterdeur vir Jacob!

Brett ·

Gelukkig het ons geen veiligheids proebleeme nie. Geen politieke onrus, huisbrake of moorde nie. Daars nie plundery van winkels en ander klein sake ondernemings of ander saak beskadiging nie. Hiers mos nie kaping plaasmoorde, verkragting en en en nie. SA is nie ekonomies in sy kanon in nie….
Moet altyd in iemand se slaai loop krap bepaal jou by jou eie……
Charity Starts at home.
Kry eers jou eie huis in orde.
Vader behoed en bewaar ons asb, beskerm ons in die donker uur… Ons vra dit nie omdat ons dit verdien nie maar in U heilige Naam
Amen

groenboer ·

Dalk tyd vir die Black Lives Matter beweging om teen Mswati te begin betoog?

Bernard ·

Julle monde is groot oor ander lande en julle is vinnig om julle te “bekommer” oor die situasies in ander lande maar in julle eie land is gedompel in chaos en daaraan kan of wil julle niks doen nie!!!!!!

Hennie ·

Ag hoe hartroerend melodramaties!!! Vir 27 jaar lank is dit presies wat in ons vaderland gebeur en die dade word gepleeg deur, nie opposisie partylede nie, maar deur die regering en sy getroue lede en ondersteuners!! En tog sprag ďie cANCcer en sy sg leierskap maar géén woord oor massa lewensverliese en eiendoms vernietiging in ons land nie!!! Maar hulle stuur boodskappe die wêreld in oor hulle bekommernis oor die klein, niksseggende Zwaziland! Lòs hulle, dis mos hoe julle wil hê Afrika moét lyk….in eĺk geval hoe Afrika reeds lyk met SA teen ‘n rekordspoed oppad na totale Afrika verval!!!

Baardman ·

Sinvolle dialoog ?? Nie geweet dis in die regering se woordeskat. Hulle verander mos net stadsname sonder om besware in ag te neem, maak wysigingswette sonder om met belanghebbendes te gesels. “Practice what you preach” or “forever hold your peace” !!

Malan ·

Nou waarom bekommerd wees? Eswatini het maar net by hulle bure geleer. Deur brand en vernietiging word daar na jou geluister.

Kobus ·

Vreemd hoe SA lande waar geen menseregte gerespekteer word ondersteun.Ons MRK skree blou moord as iets nie volgens hoofstuk 2 van ons Grondwet gebeur nie.Sal mnre Francois Pienaar,Faf du Plesiss en Lewis Hamilton tog asb na vore tree en julle kniee daar ook gaan buig? Die koning sal dan ook met al sy prag en praal in SA asiel kan kry. Intussen woed die Afrika kultuur voort….brand en verwoes.More is daar nie dan staan hulle bakhand by die kolianiste. Intussen staan SA reg met raad. Lagwekkend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.