SA doen streng stappe teen Israel

Lindiwe Sisulu (Foto: Departement van kommunikasie)

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdagoggend die parlementêre perskorps toegespreek oor die regering se besluit om die Suid-Afrikaanse ambassadeur uit Israel te herroep.

Maroela Media het vroeër berig die regering het Maandag sy ambassadeur in Israel met onmiddellike inwerkingtreding onttrek tydens ’n dag van gevegte tussen die Israeliese magte en Palestyne wat tot die dood van minstens 58 mense in die Gasa-strook gelei het. Ongeveer 2 700 mense is tydens die geweld beseer.

Sisulu het Dinsdag gesê behalwe vir die Suid-Afrikaanse ambassadeur wat onbepaald uit Tel Aviv teruggeroep is, is die toekoms van die Israelse ambassade in Pretoria ook onseker, met die afgradering daarvan wat al meer na ’n uitgemaakte saak lyk.

Sy het gesê die Suid-Afrikaanse regering sal met die Suid-Afrikaanse Joodse gemeenskap en die plaaslike Joodse Raad van Afgevaardigdes in gesprek tree sodat die Suid-Afrikaanse Jodedom druk op Israel kan toepas om meer vreedsaam op te tree.

Palestynse betogers tydens ʼn betoging in die Gasa-strook op die grens met Israel (14 Mei 2018). Foto: Khalil Hamra/AP

Sisulu het die skuld vir die Palestynse sterftes vierkantig voor die deur van die Israelse sekerheidsmagte en die Amerikaanse president, Donald Trump, gelê. Trump se besluit om die Amerikaanse ambassade in Israel te verskuif van Tel Aviv na die ooste van Jerusalem, wat nie deel is van die gebied wat in 1948 aan die Jode gegee is nie, was die katalisator vir die huidige protesoptrede.

Sisulu het gisteraand regstreeks met die nuwe Amerikaanse minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, geskakel en hom gevra om die opening van die nuwe Amerikaanse ambassade in Jerusalem uit te stel, maar hy het aangevoer Trump se besluit moet deurgevoer word.

Volgens Sisulu is die uitbou van Suid-Afrikaanse ekonomiese groei tans die voorste doelwit van Suid-Afrikaanse buitelandse beleid. Sy het die moontlikheid van vrede op die Koreaanse skiereiland verwelkom, maar haar skok uitgespreek oor Trump se besluit om die kernkragooreenkoms met Iran eensydig op te sê.

Sisulu het gesê Iran is ’n strategiese vennoot  van Suid-Afrika. Suid-Afrika het volgens haar en haar adjunk, Llewellyn Landers, al dikwels daarin geslaag om Iran van skadelike gedrag te laat afsien danksy die verbintenis.

Die minister het gesê Suid-Afrika is ’n brugbouer tussen Iran en sy aartsvyand, Saoedi-Arabië.

Suid-Afrika se voorste prioriteit bly die stabilisering van Suider-Afrika sodat die land se ekonomie kan groei. Daarom bly Suid-Afrikaanse weermaglede aktief in Lesotho en die Demokratiese Republiek van die Kongo, en is goeie betrekkinge met Namibië, Botswana, Angola en Zimbabwe reeds deur staatsbesoeke van pres. Cyril Ramaphosa versterk, het Sisulu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Loon ·

Die dag as sy wakker skrik uit haar dtoomwêreld van n lewe gaan sy nie weet wat haar tref nie…..
Sy maak uitlatings wat haar nog gaan byt waar dit nie lekker gaan voel nie….

LR ·

Verstaan nie. Dis mos die VSA wat sy ambassade geskuif het. Dan moet SA mos stappe teen die VSA neem en nie Israel nie.
Vir een of ander rede is SA baie goeie vriende met lande in die midde ooste wat verbind kan word met terrorime. Ek dink dis n geval van soort soek soort.
Al hierdie lande het n swak rekord as dit kom by menseregte, iets waarvoor ons regering tog so sensitief is.

Iemand ·

Moenie naief wees nie…Amerika kan nie hul ambasade in Israel skuif sonder die goedkeuring van Israel nie. Israel is net so skuldig. En gaan kyk hoeveel van die VSA se senaat het dubbele burgerskap in Israel.

Sjoe ·

groot probleme vir die land as ons teen Israel opstaan. Die land gaan vernietig word deur die Vader. Mense ken nie hul bybels nie.

Gelowige ·

Ons weet nie wat God se plan is nie. Maar ons weet hoe God wil he ons moet leef. Met Jesus se koms het ons geleer van vrede en vergifnis. Ons moet in vrede leef met mense van ander nasies en hul sal so leer van God se genade en liefde. Jesus het ons geleer om te deel. Soos wat hy die vis en brood gedeel het. Hoe meer mens deel hoe meer is daar vir almal. Die beloofde land moet met almal gedeel word. Israel sal moet leer hoe om te deel maar die Jode glo nie in Jesus se boodskap nie. As hul sou leef soos wat Jesus wil he ons moet leef, dan sal daar dalk vrede kom. Ons Christene moet die Jode leer van liefde vergifnis en mededeelsaamheid.

Gelowige ·

Onthou. Die Jode het hul rug op God gedraai. Hul wou nie die bloed offer van Jesus Christus aanvaar nie.Die Jode is nie meer God se verkose volk nie, die Christene is nou God se volk. Ons moet die Jode oortuig van God se boodskap van vrede

Kaufman ·

Israel weet dat nie alle suid afrikaanse gemeenskappe teen Israel is nie, party is sterk pro-Israel. Hul besef hoe verdeeld hierdie land is.

rollie ·

Gelowige, ek dink jy is verkeerd dat die Jode hul rug op God gedraai het. Hulle aanbid dan nog God. Volgens hulle is Jesus nie die Messiah soos deur die Bybel voorspel nie omdat daar nie aan al die “vereistes” vir Sy koms voldoen is soos in die Bybel weergegee nie. Hulle glo in elk geval nie dat Jesus gelykstaande aan God is nie. Is jy bewus dat diegene wat die drie-enigheid lering voorstaan eintlik ‘n wegbreekfaksie van die “oorspronklike” Christene was?

leon ·

Jy is verkeerd! God het Israel se grense bepaal. Israel gaan aanspreeklik gehou word deur God omdat hulle reeds gedeelte/s van die beloofde land weggegee het. Daar staan ook geskeywe: “Ek(God) sal hulle seën wat jou(Israel) seën en hulle vervloek wat jou(Israel) vervloek”. Dus, Suid-Afrika word reeds vervloek…

Marts ·

This has been the worst decision EVER made by SA – Lord have mercy on us!

Iemand ·

What is so bad about it? We told an opresive regime to stop using violence against vulnerable stateless people. The Zionists will have peace when they learn how to live in peace with others.

Lena ·

Sal Israel hulle tog daaraan steur… Dié wat teen Israel opstaan, skiet hulleself in die voet.

Ad ·

Het sy nou heeltemal die plot verloor. Sy plaas ons land in VERDERE gevaar of….. geniet sy dit om kommetaar te lewer wat haar nog tot n einde sal bring. Wreed….

anton ·

Heng maar die Sisulu is darm arrogant om te dink sy kan Amerika bevele gee en Israel ook probeer hiet en gebied!!!
As ek daardie lande was, sou ek nie eers met haar gepraat het nie!!!
Los eers die gemors in dié land op voor julle n 1ste wêreld land wil bevele gee.
S.A is lankal nie meer eers op die map nie. Van 1994 af al nie.

Chris ·

Dink die moontlikheid dat die VSA sy invoerheffing van 25% op yster en 15% op aluminium gaan laat vaar het nou ‘n finale nekslag gekry. Jy byt nie die hand wat jou voer nie!

Wouter ·

Watse stappe Sal tog iets werd wees Isreal het van niks n goeie staat gemaak. ANC het van n goeie staat n totale gemors gemaak So Los Isreal uit hulle Kan sonder ons

Jack Klok ·

In die eerste plek, Seffrica staan nie baie hoof op die VSA se lys van prioriteite nie want daar is niks wat ons aan die VSA kan bied wat hulle nie erens anders kan kry nie.

Tweedens, Israel is baie belangriker vir die VSA as wat ons is.

Derdens, net onlangs het Trump gewaarsku dat lande wat gedurig teen die VSA kant kies mote nie verwag dat die VSA vir altyd kersvader sal speel nie. Seffrica ontvang 300miljoen USD per jaar vir Vigs voorkoming ens. Dit kan in ‘n oogwink opdroog

Vierdens, AGOA, die vir Afrika voordelige toegangs ooreenkoms tot die VSA mark verval binnekort. Seffrica moet maar solank klaarmaak dat dit nie in sy huidige vorm hernu gaan word nie. Ons het klaar slae gekry met staal en aluminium uitvoere na die VSA.

Vyfdens, niemand in Israel gee ‘n flenter om wat die ANC oor hulle optrede dink nie.

Dit sal baie beter gewees het as die ANC Suid-Afrika se belange bo die vn die Filistyne stel. Laasgenoemde is nie engeltjies nie en probeer al baie lank om met geweld en dreiging hulle wil op ander af te dwing. Die Israelse eerste Minister het gesê dat as die Palestyne hulle agressie staak (wapens neerlê) sal daar onmiddelik vrede kom, maar as Israel hulle wapens neerlê sal daar geen Israel meer wees nie. Dis so eenvoudig as dit.

Roelien ·

Briljant gestel, Israel het hulle al jare terug
gewaarsku oor Hamas wat al die terreur dade uitvoer in Palestine en nou is SA onderteuners van die klomp. Wys jou net ou Lindiwe ken al weer net die deel wat sy verkies om te weet

Wouter ·

Wat sal dit help Isreal het van niks n goeie staat gemaak Die ANC het van n goeie staat n totale gemors gemaak So Los Isreal uit hulle Kan sonder ons

theo ·

Gelukig weet die israeliese bevolking dat dit die anc is wat teen hulle is. Ek sal steeds die israelies ondersteun. Hulle weet hoe korup die anc is en dat die anc se hande vol bloed is.

willie ·

Jy word geken aan jou vriende, meng met die semels en die varke vreet jou op! Israel kan verseker vir homself sorg en is verseker nie afhanklik van die ANC regering nie!

Maakniesaak ·

Dit maak nie saak wat jy dink, wat julle doen, hoe julle julleself wil aanmatig nie. Dit maak ook nie saak watter wêreldse magte het in 1948 Jerusalem uitgesluit van die land wat ‘aan Israel gegee is’ nie. Wat wel saakmaak is die sogenaamde ‘christene’ in ons regering wat nie hulle Bybels lees nie. Ek bid dat die Here sal sien en hoor ons verafsku hulle onkunde en optrede. Ware Christene neem die Here op Sy woord: vervloek is dié wat vir Israel vervloek…

Jannie van Niekerk ·

Ag hene Me Sisulu… Of ‘n Olifant hom nou aan ‘n vlooi sal steur..
Israel lag vir ons. Dink die SA regering nou dat die ontrekking van ons ambasade enigsens enige skade aan Israel sal aanrig? Siestog…. Die skade sal wees wanner die SA Joodse besighede in Suid Afrika hulle geld uit ons ekonomie ontrek. Grootskaalse werkloosheid. Hoeveel Palestynse beleggers is in Suid Afrika?

Johann ·

Ja Sisulu. Wie ook al vir jou gese het dat JOU dink en doen enigsins in die Wereld van belang geag word is net so verwyders van realiteit soos jy.

SHAME ON YOU

Christiaan ·

Wat ‘n skynheiligheid van die Suid-Afrikaanse regering. Maak eers seker dat Suid-Afrika ‘n veilige land word en dan net met ander lande inmeng.

Msp ·

Al wat ek kan sê is dat Lindewe Sisulu eerder aandag moet gee aan die gemors wat in Suid Afrika aangaan en ander lande met rus laat. Ek ondersteun die besluit van die VSA en Israel.

Oom Kalahari ·

Lindiwe Sisulu is besig om die leeus se maanhare deurmekaar te krap. Om teen Israel en VSA op te staan is nie gesond en Israel is God’s Volk. Sy is besig om ware brue te vernietig om Marxisme, kommunisme, liberalisme en ter…..sme te wil bevorder. Moenie SA in die voet skiet nie.

Wayne ·

Ek dink die ANC is waarskynlik ontevrede oor daar te min mense dood is. As terroriste organisasie haat hulle vrede.

ChrisE ·

Die optrede van die regering en die dame dui op algehele onkunde. Dit regverdig nie eers ‘n debat of om oor opgewonde te raak nie. Wanneer die persone in mag eendag gaan wakker skrik sal dit te laat wees. Onkunde is baie gevaarlik en kan tot groot skade lei. Hoe gouer die mense in die land tot die besef kom dat die “honeymoon” lankal oor is, hoe beter. Ons is nie meer die “flavour of the month” nie. Die wêreld lag ons af oor ons onsinnighede en dom astrandheid. As jy nie saam met die groot honde kan hardloop nie, sit jy op die stoep en jy blaf nie eers nie.

Daan ·

Lindiwe Lindiwe … ai ai ai ai jy weet, net met mooi alles, sit jy nie die pot mis nie … Jy sit toe is da nie eers ‘n pot nie. Is jy wat die land se naam deur die modder sleep. Nou wip jy jou vi Israel, en jy gooi jou steun agter palestines … Nooit? … Hoekom? Nou het jy eweskierlik die reg om jou mondjie te rek in die guns van die palestines WOW!?!? MA WANNEER DIE AUSSIES HULLE MONDJIES REK INNIE GUNS VAN DIE BOERE DAN IS HULLE IN JOU OE VERKEERD! … MA JY PAK SOMME JOU TASSIE EN LOOP UIT ISRAEL WEG, as jy so bekommerd is oor die palestines dan moet jy mos daar bly en help werk aan die probleme daar … HE? Jy maak mens nie baie lekke voel oor jou nie man. In elke geval dink ek dat jy moontlik vi die wereld lieg, daai Israeliete het moontlik vi jou gese dat jy jou tassie moet pak en waai, ek dink hulle is nou moeg vi julle. Almal wat hulle self wil verdedig is vi jou ‘n probleem. Moet Israel net staan dat hulle verniel moet word soos wat hie by ons met ons gebeur.

pieter ·

Goed so israel moet hulle land verdedig teen die terreur aanvalle en almal weet wat dink Presedent Trump van Sisulu en haar land.

Theresa ·

Snaaks dat ons regering skreeu oor die palestyne wat klip- en bomgooiers is. Bepaal julle eerder by sake van eie belang.
Ek sou ‘n paar dink voor ek teen Israel draai.

Iemand ·

Wag net tot die dag kom dat jy nie stemreg het in die land waar jou voorouers gebore is nie, enige iemand met n ruggraat en ‘n hunkering na geregtigheid sal dan ook ‘n klipgooier word.

Pieter ·

Iemand,
Ons wit bevolking het hier ook nie stemerg wat iets werd is nie. Ons het geen kans om ons omstandighede te kan verbeter deur kastig te gaan stem nie. Nieteenstaande ons vrot stemerg is ons nie besig om te betoog en af te brand en te vernietig nie, inteendeel word die betogings en vandalisme gebruik deur die wat regtig stemerg het en telkens vir die verkeerde party stem en dan brand en vernietig as hul party hulle in die steek laat.

Boerseun ·

Nou gaan julle staal aksies 0 beteken. Daar kom nog , Europa gaan hulle ooreenkomste met SA ook begin her oorweeg, wag maar.

Iemand ·

Boerseun jy lees duidelik nie die nuus nie. Die Europese Unie en klomp Europese lande veroordeel Israel se optrede en ook die VSA se keuse om die ambasade te skuif. Israel en doe VSA staan hier teen die res vd wereld wat hul veroordeel.

Gert ·

Lig loop SA regering, julle moet baie ligloop. Versigtig wees dat die sanksies van die VSA en Eurolande op Iran (om daai leiers in die bek te ruk) nie ook op SA van toepassing ook kom nie. Julle moet julle vriende beter kies hoor.
“If you are not with us, you are against us”??

Johan. H. ·

Sisulu jy en jou comrades praat gladnie namens my nie, Arogansie het geen perke nie,, Om enige iets teen Pres. Trump of Israel te se, deur JULLE , gaan my verstand tebowe,, Vee eers voor jul eie deur,,,Ga

Soois ·

Die misplaaste grootheidswaan van hierdie vrot regering gee my sooibrand.

PJC ·

Die arrogansie van die ANC ken geen perke nie. Sisulu tree op asof sy ń groot supermooonheid verteenwoordig. Die wêsterse wêreld kom al meer agter dat hulle ń terroriste organisasie gehelp het om die bewind in SA oor te neem.

Cherokee ·

PJC, jou kommentaar lees lekker. So bek kort jam! ….
(dit was impulsief gesê – wanneer laas het jy daardie uitdrukking gehoor:-)

Lynette ·

58 mense sterf in n skermutseling wat hulle self begin het en ons ou mensies begin skree oor menseregte!!!!!! SHAME!!!! Maar hier in SA word soveel mense ELKE DAG VERMOOR en ons ou mensies (regering en n paar afrikaanse mensies) se nie n woord daaroor nie. Om die waarheid te se, hulle ontken dit glad asof hulle nog nooit daarvan gehoor het nie!!!!! Bly liewer stil dan wys julle nie julle onkunde nie.

Johanna Botha ·

Sy is nou een op te praat ….vee eers voor jou eie deiur en besef vir n slag wat in jou eie land aangaan met 52 moorde n dag ….veroordeel wat hier gebeur en skrik tog net wakker !

Nel ·

Hehehe, Lindiwe onthou tog, “A lion does not loose any sleep over the opinion of sheep”

Chrisjan ·

Goeie kommentaar gelewer mede- SA’ners. Trots op jul insig. Dalk net nog een eiertjie te lê: al hierdie gebeure tans in Israel is maar nog net die begin -nog net ligte “geboortepyne” soos die Groot Boek dit noem. Ek bestudeer Israel en veral die profete boeke in Bybel al sowat 30 jaar. Daar moet eers chaos kom om “vrede” te kan kom. Wag maar net totdat die Vals Vredemaker verskyn. Dán gaan die paw-paw behóórlik die fan tref! As Sisulu al n paar jaar lank in Israel gebly het en wérklik die dinamika verstaan het (ek weet dis moeilik) sou sy heel waarskynlik haar daarvan weerhou het om sommer so sito sito kommentaar te lewer. Israel is God se oogappel. Nie mý woorde nie, die Woord s’n. Ons is Sy bruid.

Pastoor ·

Siestog ANC het geen idee wie Israel is nie. As Israel hulle mediese tegnologiese en elektroniese produkte ontrek en die jode trek hulle geld uit die pip squick land. Dan is dit nag. Oningeligdes

jaco ·

die palestyne wil n eie staat he en die ANC steun hulle daarin. Die ANC gee egter nie vir wit mense in SA n eie staat/tuisland nie.
‘n Ander pel van die ANC is China, wat vir Hong Kong selfregering gee. Dis amper ‘n aparte land op sy eie; selfs met sy eie geldstelsel.
China pas ook behoorlike wet en orde toe. misdaad is baie laer as in SA. Stakings is onwettig. alles werk. die land val nie uitmekaar nie.
Voorwaar n klomp goed wat die ANC by al hulle pelle in die res van die wereld kan leer.

Etienne Prinsloo ·

Israel is en bly ‘n soewereine staat. Hamas het, ten spyte van herhaalde Israelse versoeke, die kanonvoer gestuur om die grens te skend. Hulle weet hulle kan op al die ou blanke liberale idiote reken om die moslem saak te ondersteun, al spreek die feite teen hulle. Dit het lankal mode onder blankes in SA geword om die Palestyne te verafgod en te ondersteun, so niks nuut hier nie. Aan die SA blanke, Israel is ‘n trotse, suksesvolle, tegnologiese sukses. Wat het die blanke Suid Afrikaner oor? Geleende tyd soos dit die ANC pas. Tyd wat op ‘ nippertjie met geweld en wetgewing kort geknip kan word. Pro Palestynse virtue signalling gaan daaraan niks doen nie.

John Samuel ·

Al wat in die land ekonomies groei is die brandstof prys….

Hennie Theart ·

Suid Afrika se politisie bly maar dom. Moenie bekommerd wees wat in Israel aangaan nie. Wees bekommerd wat in Suid Afrika gebeur en probeer brue bou tussen awart en wit in plaas daarvan om in Israel en Palestina in te meng, of is die Muslim geloof van meer belang as jou eie land.
Suid Afrika sal nog een oggend opstaan en dan sal dit te laat wees.

Manna ·

Israel is God se oogappel Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. Gen 12. PASOP!

johan ·

eers moet ek lag hahaha …israel sal ver altyd standebly… het al gesien hoe goeie akteurs is die mense ( nes hier) hulle maak as hulle seer kry en dood gaan …..waar is die lyke …en waar is die blood ……geen gesien nie…. liegbekke….

anton ·

Die Palestyne wil nie vrede he nie en hulle wil die hele Israel oorneem.
Hamas is siek terroriste wat gewone burgers, kinders ens. gebruik as ”Human shields” teen Israel se weermag/soldate.
Dink die dag gaan kom dat Israel eenvoudig net gedwing gaan word om hulle heeltemal en finaal te verwoes, want hulle soek daarvoor!!!
Ek’s eintelik verbaas dat Israel so lank op hulle tande kners.
Maar is dit nie net weer n bewys dat ware Christene n baie verdraagsame nasie is nie???

vissie ·

SA bly aan die verkeerde kant van die draad speel. pasop die leeus vang jou net dalk

Kokkie ·

Ag WHATEVER, ISrael is nie bang vir julle nie en het nie SA se gemors nodig in hulle land nie . hulle het julle al die jare gehelp ONDANKS die feit dat julle hulle vir rassiste uitgeskel het … SEE HOW WELL IT WORKS OUT FOR YOU NOW! Hou julle uit Israel se sake uit, julle kan nie eers cash in transit heists stop nie …

Rudolf Herbst ·

Ongelooflik….

Dat sy nou wragties dink Amerika sou hulle aan haar steur.

En dit nogal die aand voor die tyd….

Ek stem wel saam dat dit dwaas was om onnodig te krap waar dit nie jeuk nie, deur Trump en kie… (Mense vergeet soms dat Trump adviseurs het.)

jakes ·

Ongelukkig nie pille vir domgeit nie. Asof enige beskaafde land notisie van SA se narre in die regering sou neem? Sisulu maak weereens haar naam krater wat sal gebeur as jy onbevoeg is om n ministers pos te beklee. N mens kan maar net lag oor die sieklike spul.
Asof SA se gekerm en klaagliedere iets beteken? Pleks dat Sisulu liewer eers haar aandag skenk aan die afskuwelike gemors wat haar regering voortbring. VIVA AFRIFORUM.

Regverdig ·

Israel het seker die reg om hulle grens te beveilig …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.