SA-dokter in Australië vermoor

Dr. Leonie Geldenhuys Foto: The Daily Telegraph

Dr. Leonie Geldenhuys Foto: The Daily Telegraph

Dr. Leonie Geldenhuys, wat vyf jaar gelede saam met haar gesin na Australië emigreer het, se twee tienerseuns het Dinsdagoggend op haar liggaam afgekom in hul huis in Lithgow, New South Wales.

Die polisie vermoed Geldenhuys (46) se man Jacobus (54), het haar met ʼn mes aangeval en doodgesteek. Sy liggaam is later by die gesin se tweede woning in Wolgan Valley opgespoor. Die polisie hanteer die saak as ʼn moord/selfmoord.

Jacobus, ook ʼn mediese dokter, was werkloos. Bure het aan die Sydney Morning Herald gesê hy was ʼn stil, teruggetrokke persoon en het selde met bure gesels. Dr. Leonie, soos sy bekend gestaan het, was baie gewild en haar pasiënte en kollegas het haar as ʼn gawe vrou en vriendin beskryf. Talle van Leonie se pasiënte het hul medelye op haar Facebook-blad betoon.

Die twee seuns, onderskeidelik 13 en 18 jaar oud is glo baie getraumatiseer deur die voorval. Hul ouer suster, Janie (21), studeer in Sydney.

Inspekteur Luke Rankin van die polisie het aan die Sydney Morning Herald gesê geen sake van huishoudelike geweld is vroeër aangemeld nie.

Leonie Geldenhuys, née Coetzee, het in Rustenburg, Noordwes grootgeword en het uit die Hoërskool Rustenburg gematrikuleer.

Bron: Sydney Morning Herald, The Daily Telegraph, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Dis erg. My hart gaan uit na die familie en veral die kinders wat nou wees is.

Hulle gaan baie hulp en gebed nodig hê, want hulle gaan ‘erg ontwortel word’, waar ookal hulle nou gaan woon.

Joana Ruthven ·

Ons harte gaan uit na die familie se kinders. Dink aan hulle en bid vir hulle in hierdie hartseer tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.