Piehl het Saterdag omstreeks 06:36 saam met ʼn vriend, Jean du Preez, op die R512 in Lanseria, Gauteng, fietsgery toe ʼn luukse Porsche-sportnutsmotor hulle na bewering getref het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê Piehl het ernstige beserings opgedoen nadat hy ongeveer 400 m ver onder die voertuig saamgesleep is. Hy is op die toneel dood verklaar.
“Die tweede fietsryer [Du Preez] het kritieke beserings opgedoen nadat hy deur die voertuig se voorruit is. Paramedici het hom op die toneel behandel voor hy per helikopter na ʼn spesialishospitaal vir verdere behandeling geneem is,” sê Herbst.Luidens ʼn inskrywing op die Facebookblad South African triathlon fans, veg Du Preez vir sy lewe in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg.
Die polisie ondersoek die voorval, maar het nog nie terugvoer op Maroela Media se navraag daaroor gegee nie.Luidens inskrywings op Facebook was driekamp Piehl se passie.
Paul Ingpen skryf dat Piehl hardwerkend was en vir driekamp geleef het. Hy vertel ook hoewel Piehl uiters mededingend was, het hy altyd ʼn glimlag op sy gesig gehad.
“Hy het oor die jare ʼn paar ernstige beserings opgedoen, maar hy het altyd opgestaan en aangegaan,” skryf Ingpen.
Piehl word oorleef deur sy vrou en twee kinders.
Ek het 11 Argus toere gedoen, en een Port Elizabeth Herald in die 80’s en 90’s. Deesdae ry ek fiets in die gym. Sal maar in Engels se……just to many close close calls on the road. Motoriste sien jou partymaal nie eers raak nie. Dit is asof jy onsigbaar is. En dan is daar die haaters wat PROBEER om soe na as moontlik aan jou te kom.
Dit is absoluut waar.
Voor 7 in die oggend en hy is nog onder die invloed……. Ek hoop Afriforum en Solidariteit neem kennis en maak seker die persoon word vervolg en saak raak nie ook verlore tussen die miljoene dossiere nie. Sterkte aan die familie, innige simpatie.
Ai hoe hartseer. Sterkte vir die gesin, familie en vriende
Hoeveel fietsryers moet nog doodgaan voor hierdie slagting stopgesit word. Intussen het ons nvervoerminister wat niks beteken en nie eens bestuurslisensies reg kan bestuur nie. Skop die man uit en sit iemand wat gesonde verstand het in sy plek
Innige simpatie met mnr. Piehl se naasbestaandes. Mag die skuldige swaar gestraf word.
Motorfietsryers & fietsryers. Die algemene breinkapasiteit van 80% motorbestuurders, om afstand en spoed te skat, is nie teenwoordig nie. En dan nog onder die invloed!!!?
Is die man ooit in hegtenis geneem?