SA egpaar dood gevind in VSA

Dalene en Hardus Scheepers. Foto: Facebook

Dalene en Hardus Scheepers. Foto: Facebook

ʼn Suid-Afrikaanse egpaar is dood aangetref in hul huis in Houston in die Amerikaanse deelstaat Texas.

Familie van Hardus en Dalene Scheepers is Vrydag van hul dood ingelig. Volgens Frans Scheepers, ʼn woordvoerder vir die familie, is dit nog nie duidelik presies wanneer die egpaar se liggame gevind is en wat gebeur het nie. “Ons kan nie in dié stadium sê dit is moord nie. Die besonderhede is nog baie vaag en ons weet nie veel nie.”

Hardus was ʼn chemiese ingenieur. “Hardus werk al jare vir Sasol. Hulle het nou vir so jaar daar in Houston gewoon en Hardus het al oor die wêreld heen werk gedoen,” het Scheepers gesê.

Die egpaar het twee kinders. Hul seun studeer in Washington in die VSA terwyl hul dogter en haar man in Suid-Afrika woon.

“Dit is ʼn geweldige skok vir die familie. Hardus was een van die saggeaardste mense,” het Scheepers gesê.

Maroela Media het met die polisie in Houston probeer kontak maak en wag vir terugvoer. Sasol se woordvoerder kon ook nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

koos ·

Dis regtig tragies, veral as dit wel moord was. Hoe ironies: jy verlaat ‘n land waar dit amper mode is om wit mense te vermoor en gaan bly in ‘n baie veiliger land; net om daar vermoor te word. Aan die ander kant weer: as dit moord was is dit seker een van 12 moorde per jaar in Houston; nie 12 moorde per uur soos in SA nie.

PC ·

Ai Koos. Dit is tragies punt. Hoekom ras inbring? Almal in die land kry swaar onder moorde en misdaad. Ek werk gereeld met misdaad statistiek. As jy dink moorde en misdaad onder blankes is erg. Dit is per kapita baie erger onder swartes.

Piet ·

PC jy is dalk reg as jy se mens moet nie ras in alles inbring nie maar tewyl jy nou so fundi is in statistieke. Wil jy vir ons vertel hoeveel plaasaanvallers die afgelope paar jaar was balankes? Hoeveel transito rowers is blankes? Hoeveel swartmense is deur witmense verkrag? Watter rou tipe geweld, soos wat jy in plaasaanvalle sien, is hoegenaamd deur blankes gepleeg. Jack the Ripper kan in Afrika kom leer van geweld. Jy hoef eintlik nie te antwoord nie want ek het n idee jy nonsense praat. Dis regtig net jammer dat dinge in hierdie land is wat dit is anders was hierdie goeie mense in die eerste plek nie in die buiteland nie.

PC ·

Nee Piet ek praat nie nonsensnie. My stelling is korrek jy kan maar self die statistiek navors. Ek het verwys na die slagoffers nie die oortreders nie. ALMAL in die land trek swaar onder misdaad.

lenie ·

Plaaslike Houston nuus rapporteer dat moordstatistiek vir 2016 op ‘n 5jaar ‘high’ is. Daar was 302 moordgevalle in 2016 in Houston. Hierdie spesifieke geval is nie bevestig as ‘n moord nie. Feite…

koos ·

306 moored PER JAAR en dis hulle hoogste “rate” nog. In SA is dit seker 306 moorde PER DAG. Enige moord is een moord te veel en dis tragies en ‘n skande, maar met so n lae moordsyfer moet Houston BAIE veiliger as enige stad in SA wees. As ek gevaarlike goed moet doen met iemand wat reeds sterwend is aan Aids in ruil vir residence, n green card en burgerskap in die VSA, dan sal ek dit doen. Enigiets om weg te kom uit ons vrot land vol misdaad, regstellende aksie, beurtkrag, waterbeperkings omdat droogtes swak bestuur word, paleis vir die president met staatsgeld gebou. ens ens ens. My lys klagtes oor SA is eintlik BAIE lank.

Dawid Momberg ·

Houston het van die hoogste moord gevalle in VSA gehad in 2016 volgens internet

JanKarsten ·

Ek wens die media wil seker maak van hul feite voor berigte uitgesaai of geplaas word. Hierdie berig se dat moord nie bevestig kan word nie. RSG 12H00 uur se nuus; “‘n Suid Afrikaanse egpaar is in Texas vermoor”. Familie in SA het dit bevestig. ????????????

Nico Strydom ·

Dagsê JanKarsten
Ons het ook met die familie gesels en daar is aan ons gesê hulle verstaan nie hoekom dit deur ander media as ‘n moord berig is nie aangesien die familie self nog nie weet wat gebeur het nie.
Vriendelike groete

WILLIE DU PLESSIS ·

Daar is ook onbesvestigde berigte dat daar moontlik ‘n gaslek in hulle huis was en dat dit hulle dood kon veroorsaak het. Kom ons wag maar liewer vir ‘n aankondiging oor die presiese oorsaak van hulle dood. In elk geval, my innige simpatie. Ons het hulle ook goed geken toe ons nog in Secunda gewoon het en ek saam met Hardus by Sastech gewerk het.

Gerhard ·

Dankie PC,ek hou daarvan as iemand iets se wat hy van weet.

Pietser ·

Dit is nie rasgemotiveerd nie en statistieke bewys dit. ‘n Swart persoon is persentasie gewys veel meer die teiken van geweld. Ek het ook voorheen verduidelik dat wit plaasboere die veiligste witmense in die land is persentasiegewys. Gemiddeld word baie meer witmense wat nie op plase woon nie vermoor, in vergelyking met witmense wat wel op plase woon. Dis net omdat witmense op plase ‘n klein getal van witmense in die land verteenwoordig EN die feit dat elke plaasmoord die koerante haal dat die skewe beeld geskep word dat plaasboere spesifiek geteiken word. Dis twak.

Frans C ·

Dit gaan oor ‘n spesifieke groep mense, nl die boere ,wat van 1994 tot vandag van 128000 to ongeveer 30 000 verminder het.Dit het niks te doen met dat meer wit mense elders vermoor word,maar het dit het wel te doen met die feit dat jy as boer ‘n groter teiken van ‘n spesifieke is en daarom word persentasiegewys meer boere vermoor uitgedruk as ‘n % van die groep as witmense elders.

Dit is dus gevaarliker om ‘n boer te wees as bv ‘n onderwyser ens.

Pietser ·

Frans C – so dit is nou nie meer ‘n kleurkwessie nie maar per beroep. Hoe belaglik. Ek sal nie so seker wees oor die vergelyking met onderwysers nie, jy sal dalk verbaas wees. Daar word ook baie meer polisiemanne bv. vermoor.

Frans C ·

Dit gaan oor waarskynlikheid,dws hoe waarskynlik is dit dat jy as boer eerder die slagoffer sal word van misdaad as bv onderwysers.Dit moet mos duidelik wees dat as alle rasse ewe
geneig tot misdaad is dan sal daar mos meer misdadigers van kleur opgelewer word na gelang van die grootte van die groep.

Dus as voorbeeld: Alle rasse het ‘n 0.1% neiging tot misdaad,dan sal. volgens bevolkingsstatistieke die swart bevolking 80.7 % ( 2016) 45110) potensiële misdadigers oplewer,kleurlinge en blankes ongeveer eweveel nl 4800, en Indiërs 1385.

Ek is seker dat as die tronkbevolking ontleed word jy statistieke sal aantref wat dit gaan weerspieël. So wat is die waarskynlikheid dat jy eerder deur ‘n swart misdadiger as ‘n Indiërmisdadiger beroof gaan word?

En wat is die waarskynlikheid dat swart misdadigers eerder boere as onderwysers sal teiken? Onthou nou hoemeer daar van een groep misdadigers is hoe groter is die kans dat jy ‘n slagoffer van een gaan word want hoe groter die groep, hoe groter die gepgrafiese gebied wat hul kan dek. Dit maak mos nie die een ras meer misdadig as die ander nie,maar wel die waarskynlikheid groter.

Piet ·

Peester, dit is verseker so dat swartmense ook die teiken is van geweld. Dit is misdaad wat hoofsaaklik gepleeg word deur ander swartmense. As jy hierdie feit kan erken is daar nog hoop vir jou. N Feit is ook dat blankes afgemaai word in die stede, dalk selfs meer as op die plase. Kan jy erken dat die blankes wat gedurende huisinbrake en motorkapings vermoor word, hoofsaaklik deur swart aanvallers aangeval word? Die haat, geweld en marteling wat gedurende ‘n plaasaanval die norm is is ongewenaar die wereld deur. Gedurende aanvalle word boere met rassisme gepeper. Die feit dat mense soos jy oogklappe aan het teen hierdie geweld blaas dit net verder aan en sal moontik nog eendag van jouself ook n slagoffer maak. Ek hoop regtig nie so nie, want niemand verdien dit nie.

Pietser ·

Natuurlik word die meeste misdade deur swartes gepleeg, genade hulle maak omtrent 90% van die bevolking uit. Verder staaf die statistieke alles wat ek gese het.

anton ·

Piet….ek dink nie jy moet jou asem mors om iets aan Pietser te probeer verduidelik nie.
Party mense sal net nooit die ”lig” sien nie.
Maar dit wat jy sê is 100% in die kol.

Ashlee ·

Wys maar weereens hoe swaar trek Suid Afrikaners aan misdaad. Eerste gedagte hier was moord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.