SA egpaar se baba in NZ ontvoer

Coenraad en Elsje Pretorius saam met hul twee ander kinders. Foto: Facebook

Coenraad en Elsje Pretorius saam met hul twee ander kinders. Foto: Facebook

ʼn Suid-Afrikaanse egpaar wat in Nieu-Seeland bly se vyf dae oue baba is uit die Middlemore-hospitaal ontvoer.

Die New Zealand Herald berig dat Coenraad en Elsje Pretorius se babadogtertjie, Nadine, op 25 September uit die hospitaal ontvoer is. Elsje het enkele meters van die wiegie waar Nadine gelê het in die badkamer gestort.

Volgens die berig het Elsje aanvanklik gedink een van die susters het die baba verwyder. Sy het egter vinnig besef dat Nadine ontvoer is. Die polisie het Nadine sowat agt ure later gevind.

ʼn 31-jarige man en ʼn 26-jarige vrou is in verband met die ontvoering van Nadine in hegtenis geneem. Die man is op borg vrygelaat terwyl die vrou in aanhouding bly.

Volgens die berig is Nadine die twee baba wat onlangs uit die Middlemore-hospitaal ontvoer is. In 2012 is ʼn pasgebore baba ook uit die hospitaal ontvoer.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Christo ·

Baie bly dat hul Nadine gevind het. En dit binne 8 uur. Nie seker SAPD sal ao goed vaar nie.

EMK ·

Martin – nog NOOIT, heelwat langer!! Onlangs hier buite Krugersdorp was daar ‘n storie met ‘n minibus taxi aan die gang en is die polisie in die area geskakel; terwyl mens nog praat is die foon summier neergegooi. Paar keer agtermekaar! Hulle was nie lus vir reageer nie! Uiteindelik het iemand hulle aan die brand gekry en by die tyd wat hul op die toneel verskyn het was dinge baie erger. Maar wat dit maak ons net “tough” – ons skrik nie meer sommer vir koue pampoen nie, ons leer uit elke ding en raak net meer paraat – dis al wat ek kan sê!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.