SA egpaar se wittebrood ontaard in nagmerrie

Francois en Monique Palm in Phuket. Foto: Facebook.

Francois en Monique Palm in Phuket. Foto: Facebook.

ʼn Pasgetroude Suid-Afrikaanse egpaar se wittebrood het in ʼn nagmerrie ontaard nadat hulle op pad huis toe op die lughawe voorgekeer is.

Monique en Francois Palm, albei 24 jaar oud, is op 24 September deur Francois se pa, past. Willem Palm, op hul familieplaas getrou. Francois het Monique die volgende dag op die lughawe verras met kaartjies na Phuket in Thailand en nie na Kaapstad soos hy haar laat glo het nie.

Hulle het via Abu Dhabi teruggevlieg van Thailand af. Op 3 Oktober op die lughawe in Abu Dhabi is daar twee .22-patrone in Monique se beursie gevind. “Omdat Francois weet hulle ag vroue nie baie hoog in daardie lande nie, het hy gesê dis syne. Hulle gebruik .22-patrone in daardie lande om sluipmoorde mee uit te voer, ons jag gereeld hiermee op die plaas en sy het net vergeet dat dit in haar beursie was,” het Willem Palm gesê.

“Hulle het Monique en Francois 15 uur lank op die lughawe laat wag. Hulle kon nie badkamer toe gaan of kos gaan koop of niks nie. Hulle het toe vir Francois kom haal om ‘net ʼn verklaring af te lê’. Toe Monique sewe uur later nog vir Francois wag, het sy my per WhatsApp laat weet ‘pa, hier is moeilikheid’”.

Hulle het dadelik begin rondbel en ʼn familievriend van Gift of the Givers het toe verneem dat Francois by die Khalifa-polisiestasie sowat 10 km van die lughawe af aangehou word. Palm het gesê hulle het toe besef dat Francois nie dadelik gaan terugkom nie en het onmiddellik begin om vir Monique ʼn kaartjie terug te reël.

“Hulle het al hulle bagasie gevat, sy het net selfone en beursies by haar gehad toe sy hier aangekom het,” het Palm gesê.

Francois en Monique Palm. Foto: Facebook.

Francois en Monique Palm. Foto: Facebook.

Francois is intussen in die sorg van ander Suid-Afrikaners wat bekend is aan die familie daar vrygelaat. Hy mag nie hulle toesig of die land verlaat nie. “Hulle het hom Sondag na die internasionale kerk daar geneem waar mense vir hom geld vir toiletware en drie stelle klere gegee het”.

“Ons het regshulp ingewin, maar omdat alles in dollar is, is dit regtig ongelooflik duur. Net die prokureur vir die voorverhoor kos R65 000. Hulle het reisversekering gehad, maar toe ons die bank nader, het hulle ons ingelig dat die fynskrif dit duidelik stel indien persone in enige onwettige drama betrokke is, kan hulle nie die regskoste dek nie.”

Die familievriend van Gift of the Givers het seker gemaak dat ʼn paramedikus hom gaan ondersoek en hy het die familie verseker dat Francois fisiek ongedeerd is. “Die konsul-generaal het ons Vrydagaand ook gebel en laat weet dat hy by Francois was en dat hy oukei is.” Die konsul-generaal het hulle ingelig dat hulle egter nie betrokke kan raak by die regsproses nie.

“Ons hoop nou ons hoor Maandag iets. Ons is ingelig dat, selfs al word hy onskuldig bevind, die staat nog 15 dae het om te appelleer en ons nie moet hoop om hom te sien voor dan nie.” Volgens Palm is daar nog nie formele klagtes teen Francois gelê nie.

“Dit gaan oukei met ons, ons het darem ʼn ondersteuningsnetwerk van vriende en die kerk. Die onsekerheid vang ons. Dit gaan oukei met Monique ook. Sy is baie bekommerd oor Francois. Ek het vanoggend die beeste gedip en sy het my kom help daarmee. Ek het vir Francois ʼn video’tjie gemaak,” het Palm gesê.

“Ons bid net vir die guns van die Here, ons vertrou op die vers wat sê dat die Here alles ten goede sal laat meewerk vir dié wat Hom liefhet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Gerhardt O ·

Nie baie slim nie maar ons vetroue alles gaan reg uitwerk.

Wollie ·

kriesis Gerhardt. duidelik het jy nog nooit vergeet van iets nie!!!

Marlene ·

Gerherdt,
Onthou!!! Hulle was volgens die bruid, net oppad Kaapstad toe. Ek is seker as sy geweet het sy gaan land uit sou sy beter gereel het.

Kaspaas ·

Gerhard ek het vir 2 jaar elke tweede week gevlieg voor ek besef het my sleutelhouer is eintlik n knipmes. Sulke goed gebeur en n .22 patroon is vrek klein.

Stormrider ·

Elke keer as ek oorsee reis word ek amper tot ek naak is gestrip en my handbagasie word orals ge x-ray. Hoe op aarde kry hierdie bruidspaar dit reg om deur veskeie lande se sekuriteit te kom met skerp-punt ammunisie in hulle handbagasie? Moes die Suid-Afrikaanse airport security nie al die probleem opgetel het nie? Eienaardige storie…..

Aletta ·

Liewe land dis vreeslik!! Ek glo en vertrou saam met julle dat jou man veilig en vinnig sal terugkom! Ai siestog, dat so iets nou moet gebeur na n wittebrood! Sterkte mens!!!

Leonie ·

Sjoe maar hulle is erg. Dis dan net patrone nie die geweer self nie. Shame ek hoop als verloop goed en dat hy gou kan huistoe kom. Sterkte aan die familie!

Ekke ·

Jis, dis aaklig, siestog! Ons almal vergeet maar soms van sulke goed – ek moes ‘n duur fietsry-gereedskapstelletjie van my man een keer by sekuriteit op ‘n lughawe agterlaat omdat dit as ‘n wapen beskou kan word. Dit was in my handsak gewees en ek het heeltemal daarvan vergeet. Gelukkig was dit in Suid-Afrika. Sterkte vir sy familie, ek hoop hy word net weer vrygelaat, hopelik sien die mense in dit was ‘n onskuldige fout.

Ruby ·

Gerhardt O….REGTIG!!

Monique, jou man het sommer vroeg in julle huwelik gewys hy is ‘n man om op staat te maak.

Hy het op sy voete gedink en die blaam op hom gevat, wat ‘n yster. Jy, sy ouers en skoonouers kan met reg trots wees op hom.

Hoop daar is ‘n opvolg berig met die goeie nuus.

Baie sterkte en ‘n geseënde huwelik vir julle vorentoe.

Anthonie Van Bosch ·

Ek stem saam. Haar man het die regte ding gedoen en ek glo alles sal goed uitwerk. Hou moed.

Monique Palm ·

Dit is regtig in my beursie onder al die kleingeld vergeet.

Julle kan maar wat sê. My man sal my beskerm tot hy nie meer kan nie. Hy is n ware man wat in my plek alles vat.

En dit gaan n goeie storie wees vir ons klein kinders.

Van die uwe ” Bruid van Francois Palm”

phillip van Dyk ·

dit is baie erg. mense maak asb seker dat julle niks in julle tasse het nie. maaks eker julle sakke is leeg. die rede hoekom hulle so erg is nou is omdat julle oppad terug was… dit maak vir hulle nie sin nie want die ander sekeriteit moes dit gevind het. asb voor jy tasse pak maaks eker jou tas is skoon en daar is niks verdags in nie. hoop om spoedig nuus te hoor. bells vir n man wat dadelik sy vrou beskerm het…

Sam ·

Kan Maroela dalk uitvind of daar iets soos ‘n bank rekening is waar mense kan bydrae aan sy regskostes?

EvW ·

Familie sal moet self sorg v hulp want as net van SA Gov. afhang gaan hulle nie veel doen nie…

Jan ·

Ai, dat hulle so bohaai kan maak oor 2 .22 patroontjies. Ek glo darem dat alles mooi sal uitwerk.

Mens moet die veiligheidspersoneel van Abu Dhabi wel krediet gee. Soos ek die ding lees het sy al die pad Phuket toe gevlieg met die goed en is eers oppad terug opgemerk.

MissDemeanor ·

Sjoe ja dit klink soos ‘n nagmerrie. Ek wonder net oor een ding. Hierdie jong man het besef sy vrou gaan groot moeilikheid kry en toe jok hy en maak asof die patrone syne was. Nou erken sy vrou dit in die koerant, nog voor haar man se regsproses afgehandel is. Miskien was dit stupid, want die regter kan dit teen hom hou. Miskien vir hul eie veilighrid moet daardie wit leun maar eerder verbloem bly. Wat dink julle Maroela Media?

Bielie ·

Op die O.R Tambo lughawe is daar groot borde wat sê wat nie in jou bagasie mag wees nie. .22 Patrone is ook op daai lys.

Piet ·

Ou Francois hakkel ook nogal, so blykbaar het hulle gedink hy steek iets weg toe hy nie wil praat nie. Ek stem met Miss Demeanor, as hy valse verklarings afle kan dit hom belemmer. Hy moet maar by sy storie hou en hopelik sit hy nie lank nie.

Maryna Palm ·

Wel ek is die Mamma en weet ons dien n Lewende God wat weet ons is net mense met Foute ek se dankie vir almal wat bid en ons het n rekening wat enige vrywillige geld inbetaal kan in betaak kan word bsaie dankie Maroela vir mooi berig! Bly bid en glo saam ons !!!x

Elzanne Nel ·

Ons liefde en gebede is met julle, tannie Maryna. Ons dien inderdaad ‘n Lewende God wat elke storm kan stil maak.

Roma ·

Hello Tannie, ons het laas week donderdag vir Francois ontmoet en ons het lekker gelag, gesels en geeet en hom bietjie moed ingepraat! Hy sal ok wees hier tussen ons almal wat na hom sal kyk ook! Baie jammer vir als wat nou so moes uitdraai vir hom en Monique! God is faithful en Hy sal hom uit hierdie situasie uitkry! Blessings en liefde x

Piet ·

My Tannie, ek is bly julle geloof is reg. Francois is n tawwe seun wat reg groot gemaak is. Dalk hou hulle hom bietjie lank daar maar hy sal dit oorleef en dis tog al wat belangrik is. Ek hoop maar dat die lesers help julle bietjie met die finansies. Sterkte, Piet.

Jeanine Serfontein ·

My swaer het dieselfde oorgekom. Behalwe dit was ‘n gebruikte koeel wat hy nie in die veld wou los nie – hyt dit in sy badsakkie gesit en daarvan vergeet. Groot moeilikheid op die Lughawe opgetel.

Vra manet ·

As hulle nou hier lees hy het gejok en dat dit by haar was dan kla hulle hom nog aan daarvoor ook.

Gavin ·

Jammer om te hoor ….hoop alles werk goed uit gou …. hulle sal agterkom daar was nie kwaade bedoelens duer die paartjie bedoel nie
Net een ding “Hulle gebruik .22 patrone in daardie lande om sluipmoorde mee uit te voer” …..
Dis n totalle ongegronde stelling …..daar is so min moorde hier in die UAE per jaar dat mens hulle op een hand kan tel …sluip moorde … miskien 2 of 3 die laaste 17 jaar….vergelyk dit met SA ….
Daar is baie min misdaad hier ! En die polisie is skerp ….
Ps. Hoe is hierdie mense deur al die sekuriteit by JHB op pad Thailand toe

Deon ·

Nou wil ek net van ons wonderlike lughawe sekuriteit en doeane personeel weet: hoe het sy hier deur sekuriteit gekom daarmee? ‘n Tragiese voorval kon voorkom gewees het as die plaaslike sekuriteit hulle werk behoorlik gedoen het.

Alicia ·

Ai dit is ‘n nagmerrie. Sterkte julle. Baie mense bid vir julle :-)

Louise ·

AI, hoop alles werk uit vir julle.
Maar een ding is seker, hierdie gaan n goeie storie wees vir die kleinkinders eendag as mens terug kyk.
Sterkte aan die gesin ons hou julle ins ons gebede.

MCS ·

Wonder of hul weet jy het n wapen nodig om die patrone te gebruik! Waar wonder ek dink hulle is die wapen versteek! Weereen moet nie in n land waar Engels nie eerste taal is in die sop beland nie!

Piet ·

Asseblief mense. Die man het duidelik gese dit is sy .22 patrone in die verklaring anders sou die dame nie terug kon vlieg nie. Nou sit julle sy gesig met ‘n storie oor hoe hy in ‘n verklaring gelieg het op ‘n website (met facebook link) wat almal kan sien. Besef julle nie die gevolge nie? Besig om die man se lewe te verwoes!

Dean ·

Piet, daar is nie pille vir onnoselheid nie. Die mense leef in lalaland as hul dink oor ons in Afrikaans skryf, sal n storie nie loop nie. Uiters onverantwoordelik en teleurstellend van Maroela Media.

Bosman ·

Ek is in 1999 per abuis met twee 30.06 rontes deur Heathrow Lughawe
My eerste besoek aan Europa kon soveel anders uitgedraai het
Sterkte aan die familie , ons bid en glo hulle kom veilig tuis

Iram ·

Wat interessant is …..is hulle is uit SA….in Thailand…uit Thailand en daar word eers in Abu Dhabi raakgesien dat sy die patrone het. Het hulle beter toerusting…of beter personeel??? Laat mens dink!!????

Ig ·

Ek is 2 jaar gelede deur Honk Kong lughawe en Jhb internationaal met n sigaretaansteker in my sak en kry nou nog koue rillings oor die idee wat as hulle my gevang het

Belinda ·

So ‘n fout kan mens maklik oorkom. ‘n Paar jaar gelede het ek ‘n handtas vir iemand geleen en nie besef dat ‘n groentemessie le onder in die tas (onder die plastiekbodem). Ons het vanaf Jhb na die VSA gevlieg. Dit het baie mooi-praat gekos toe die messie ontdek is. Ons kon gelukkig op die vliegtuig gaan.

MT ·

Verskoon die Engels. If she was stopped in SA in a roadblock she would Also be in trouble! Unless she had a firearm license to carry that calibre. Really ignorant. But shame..pray all works out soon for them.

Patrys ·

Genade. Kry hulle so jammer! Bloot ‘n menslike fout. Kan mos enige iemand oorkom! Baie sterkte!

jaco ·

en nou is hulle velkleur ook “verkeerd” dat die SA regering kan ingryp en help…

Moulder ·

wat vir my vreemd is, is dat die egpaar vanaf SA ook in Abu Dhabi moes afklim en dan van Bangkok af weer moes oorle. hoe het hulle dit met die eerste stop gemis??en hulle is bitter erg daar. baie streng! scary. maar ons bid dat als ten goede sal meewerk. sterkte

Tanja B ·

Ek wil net graag een regstelling maak wat ek gevoel het is onvanpas. Vrouens word baie hoog geag in die land. Ek is nou al 11 jaar hier en het nog nooit gevoel hulle dink vrouens is niks nie. Dit is juis oor hul skerp en hoog sekuriteit dat ons ‘n rustige lewe hier kan he sonder bang te wees. Ek is baie jammer vir die paartjie en hoop alles word gou uitgesorteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.