SA eindelik van Britse rooilys verwyder

Argieffoto: Twitter via @UKParliament

Dit is amptelik, Suid-Afrika word van Brittanje se reisrooilys verwyder.

Grant Shapps, Britse minister van vervoer, het ’n rukkie gelede op Twitter aangekondig dat 47 lande, waaronder Suid-Afrika, Maandag van Brittanje se rooilys verwyder sal word.

Slegs sewe lande en gebiede sal vir eers op die lys bly. Dié lande is Panama, Colombia, Peru, Ecuador, Haiti, die Dominikaanse Republiek en Venezuela.

Die Britse minister het  gesê reisigers wat Engeland besoek, sal voortaan ook aan minder toegangsvereistes hoef te voldoen en erkenning sal gegee word aan die inentingstatus van reisigers van 37 lande, waaronder Indië, Turkye en Ghana.

Volgens Shapps sal besoekers van hierdie lande se inentingstatus voortaan deur Brittanje erken word en hulle sal dieselfde behandel word as Britse passasiers wat ten volle ingeënt is.

“Die maatreëls wat vandag aangekondig is, is deel van die proses terwyl ons voortgaan om reis oop te stel en stabiliteit vir reisigers en die bedryf te bied.”

Die Suid-Afrikaanse regering en toerismebedryf pleit al ’n geruime tyd dat Suid-Afrika van die rooilys verwyder word weens die land se lae infeksiekoers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Filistyn ·

En as jy kan bewys lewer van antibodies? Daar is mense wie se antibodies hoër is as die vaxinated mense. Het dit self ervaar.

piet ·

Gaan maar vir die inentings en kry jou sertifikaatjie, dis nou die norm of word uitgesluit. Tough luck. Daar kan nie uitsonderings gemaak word vir halstarriges nie.

Filistyn ·

Dit gàan nie oor halstarrigheid nie Piet, as my Elisa toets wys ek het meer antibodies as baie mense wat gevax is, is dit nie sinvol om te gaan nie. Om kruisbande by jou broek met belt te dra is so half dom. . .

piet ·

Die punt is dis die norm wat daar gestel is om toegang te verkry. So as hulle die beleid verander dat jou geval ook geakkommodeer word (dit gaan elke keer ‘n duur toets verg) dan’s dit reg maar tot dan moet jy maar inval……..of uitgesluit wees reg of verkeerd. Jou ander probleem is dat daar geen wetenskaplike data bestaan vir hoe lank jou immuniteit effektief gaan wees nie maar daar is reeds voldoende bewyse dat die entstof vir ten minste 6 maande hoogs effektief is.

JohanR ·

SjN – amper al die ANC s van die laaste 27 jaar is op die riool lys, en soe hele paar EFF’s!

Blomme ·

O wel sê dan maar welkom aan die Britte in die Wilde Wilde Weste! Ek hoop hulle dra koeėlvaste baadjies!

Hardekwas ·

Britte bly liewers weg uit ramabanana republic. Dit gaan te woes hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.