SA ekonomie groei met skamele 0,8%

rand-ekonomie-suid-afrika

Argieffoto.

Suid-Afrika se ekonomie het verlede jaar met minder as 0,8% gegroei nadat dit in 2017 met 1,4% gegroei het, het Statistiek Suid-Afrika Dinsdag gesê.

Groei in bruto binnelandse produk (BBP) het ook afgeneem tot 1,4% in die vierde kwartaal van 2018 vergeleke met 2,6% in die derde kwartaal weens ʼn afwaartse neiging in mynbou-, handels- en staatsdienssektore.

Die grootste positiewe bydraers van BBP in die vierde kwartaal was die vervoer-, vervaardigings- en finansieringsbedrywe.

Vervoer, berging en kommunikasie het met 7,7% toegeneem en 0,7 persentasiepunte tot die BBP bygedra. Vervaardiging het met 4,5%  gestyg en 0,6 persentasiepunte bygedra terwyl finansies, eiendoms- en sakedienste met 2,7% geklim het en op hul beurt 0,5 persentasiepunte bygedra het.

Negatiewe bydraes het van mynbou en steengroewe gekom wat met 3,8% gedaal het, asook handel- en algemene staatsdienste.

Die jaarlikse BBP-groei van 0,8% verlede jaar is gedryf deur verhoogde ekonomiese aktiwiteit in die finansies-, eiendoms- en sakedienste wat 0,4 persentasiepunte bygedra het, terwyl die regeringsdienste 0,2 persentasiepunte bygedra het.

Vervaardiging; handel, spyseniering en akkommodasie; vervoer, berging en kommunikasie; en persoonlike dienste het elk 0,1 persentasiepunte bygedra.

Drie bedrywe het in 2018 gekrimp, naamlik landbou, bosbou en visserye wat met 4,8% gedaal het. Mynbou en steengroewe het met 1,7% gedaal en konstruksie met 1,2%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

HPV ·

Die land se groei is afgerem deur die anc, eff en blf. Dit is maar hoe dit lyk as jy geweld predik en niks doen aan betogers wat afbrand en vernietig. Hoekom is ons nie eintlik verbaas nie…..gaaaap…..

Neville Wandrag. ·

Die kluite van ons ekenomiese afgrond word alhoe meer hoorbaar.

Jacques ·

Dit verbaas my geensins nie . Die spoed wat afgebreek en afgebrand word oorskrei die die spoed van opbou in die land . As die meerderheid ongelukkig is met iets dan brand en breek hulle af wat gister begin bou is . Dit is soos iemand wat staan en wag vir die bus wat hy gister gebrand het , en dan wonder hy waar is die bus dan . Geen ekonomie kan groei as die mense meer afbreek en afbrand as wat daarvoor begroot is of as wat daar is nie .

Ja Nee ·

Ek stem nie saam met 0.8% nie. Daars skaars meer besigheid nie als is buitensporig duur. Als gaan op behalwe die koopkrag van die Rand.

IK ·

Die varkies op die lorrie was benoud toe die lorriedrywer woes en onverskillig ry op pad na die slagpale. Naderhand skree een benoud ‘ons is vandag nog vrek voor ons by die slagpale kom!’
So sal dit met ons ook gaan op Cyril se lorrie. Lindiwe stem nie saam.

George in Bloem ·

Dis eintlik ‘n wonder daar is enige groei hoegenaamd as mens in ag neem wie in beheer is in die land.

Johanna Botha ·

Daar is gedeeltes in jhb waar jy ry en dis die een fabriek wat oop is na die ander …besighede is weg

HPV ·

Honderde besighede het hul deure gesluit, ander het personeel verminder, maar die betogings, afbrand, plunder en wanbestuur word net erger en beloftes net meer. Leer sekere mense nie uit hul foute en mislukkings. Ander mense stel voorbeelde van sukses deur harde eerlike werk, sien hulle dit nie? Werkgeleenthede word daagliks minder, baie werkgewers emigreer en open nuwe besighede oorsee. Gaan hulle die mense “demand” om terug te keer na ‘n kaal geplunderde land om weer op te bou en werksgeleendhede te skep? Grootoog “surprise”, die mense gaan nie weer kom opbou nie!

Werner ·

Geen verbetering sedert Cyril oorgevat het nie, want hoekom? Die ANC is nog steeds in die beheer.

Peter Holmes ·

Die ekonomiecsal nooit groei met kommunistiese, sosialistiese, Stalinistiese regering en kommunistiese vakbonde nie. Suid Afrika was die enigste land wat die week in die United Nations Security Council saam met Rusland en China gestem het oor Venezuela.

Chris Ws ·

Als te danke aan die negatiewe arbeids wetgewing wat stakers toelaat om onbetaald te staak,soos die 5 maande lange staking op die platinamyne .Die’ regering het niks tussen die ore nie!Unies /vakbonde se tande moet getrek word en arbeidswetgewing drasties gewysig word dan sal die honderde lee fabriek geboue op die Rand weer beset word en mense weer werk he.Maar Ramaja HET DIT eenvoudig net nie.

Eddy ·

Rwanda het n 6% ekonomiese groei jaarliks, Ja Rwanda ,waar 25 jaar gelede 750 000 mense vermoor was.

Eben ·

Dit is maar wat gebeur wanneer daar meer mense is wat belangstel daarin om gemors op die grond te gooi as wat daar is wat dit optel. Ander staan en kyk hoe die gemors op die grond gegooi word en vind dit amusant maar help of verhoed dit geensins. ‘n Baie goeie metafoor vir wat op alle vlakke in die samelewing plaasvind.

Philip ·

Die ekonomie sal aanhou verswak vir so lank as wat korrupsie toegelaat word en vir so lank as wat die anc aan bewind is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.