SA ekonomie: Groeikoers laer as verwag

ekonomiese krisis

(Argieffoto)

Statistiek Suid-Afrika het die land se verwagte ekonomie-groeikoers van 1,6% na 1% aangepas – die jongste in ʼn vlaag slegte nuus oor die ekonomie wat Suid-Afrika tref.

Die aankondiging is vanoggend by ʼn mediakonferensie in Pretoria gedoen.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het met 3,2% gekrimp in die eerste kwartaal van die jaar vergeleke met verlede jaar, met vervaardiging en mynbou die sektore wat die ergste getref is. Voedsel- en alkoholvervaardiging het die sterkste groei getoon.

Prof. Raymond Parsons van die Sakeskool aan die Noordwes-Universiteit het beurtkrag en beleidsonsekerheid die grootste skuld vir die drastiese afname in groeiverwagting gegee.

Hy het uitgewys dat beurtkrag veral negatief inwerk op kapitaalvorming omdat ondernemings moeilik langtermyn-onkoste sal aangaan as daar nie betroubare elektrisiteitsvoorsiening is nie. Om dieselfde rede sal regstreekse buitelandse beleggings moeilik plaasvind, sodat dit onrealisties is om te verwag dat beleggersvertroue sal toeneem.

Parsons het gewaarsku dat die impak van soveel laer as verwagte groei op belastinginkomste omvangryk kan wees en dat die fiskale verwagtings in die mediumtermyn-begrotingsraamwerk dienooreenkomstig aangepas sal moet word ten einde realisties te wees.

Volgens hom sal die kabinet ʼn aksieplan moet daarstel om die ekonomiekurwe om te swaai en beleggersvertroue te herwin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willem Grobler ·

Waar is daardie nar wat ons probeer wysmaak het alles gaan goed met “WE HAVE A GOOD STORY TO TELL!” ??

ne ·

He=he=he…. Vra die Zuptas om die geld terug te betaal! Dan is ons groei 100%

Oom Koos ·

Maak julle solank reg vir nog ‘n sogenaamde ekonomiese beraad wat helaas op ‘n ronde nul sal uitloop. Die regering het nie so lank gelede ekonomiese groei beloof maar daar het dadels van gekom.

Comrade X ·

WAt het die omies met die dik brille dan verwag? Met staatskaping, kaderontplooiing, plaasmoorde, grondgrype, trokke wat brand op die paaie, vandalisme, onproduktiwiteit, kabeldiefstal, beurtkrag, geen dienslewering, riool in ons strate en riviere, treine wat brand, veediefstal, korrupsie, misdaad, bankrot SAL en Eskom ens. ens. Zimbabwe, hier kom ons!

Andreas ·

En daar is vandag voor die Zondo komissie getuig waarom die Guptas net hul eie mense by ANN7 aangestel het.

marous ·

Gooi net water op die mishoop … dan kan elke een sy eie “Jan Se Boontjie Rank” kry .

Staan vir selfregering ·

Ons moet saamstaan met die VF PLUS om onsself te regeer want die ANC gaan ons almal saam vernietig.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.