Video: SA en China se ‘goue era van verhoudinge’ gevier

Chen Xiaodong, China se ambassadeur in Suid-Afrika, tydens die geleentheid (Foto: Pieter Cloete/Maroela Media)

ʼn Verhouding gekenmerk deur broederskap, vriendskap, ʼn gedeelde wêreldvisie en ʼn gedeelde geskiedenis. Dit is hoe die afgelope 25 jaar van amptelike diplomatieke bande tussen China en Suid-Afrika Dinsdag beskryf is tydens die viering van hierdie “goue era van verhoudinge”.

Verskeie hooggeplaastes van die ANC en die SAKP het die geleentheid in China se ambassade in Pretoria bygewoon, insluitend oudpres. Kgalema Motlanthe, Nkosazana Dlamini-Zuma, Pravin Gordhan, dr. Blade Nzimande, Enoch Godongwana, Stella Ndabeni-Abrahams, Lindiwe Zulu, Fikile Mbalula, Nomvula Mokonyane, Joyce Moloi-Moropa en Madala Masuku.

Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering, lewer haar toespraak (Foto: Pieter Cloete/Maroela Media)

Chen Xiaodong, China se ambassadeur in Suid-Afrika, en dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerkende regering, het as gassprekers opgetree.

“Hoewel Suid-Afrika en China geografies ver van mekaar lê, deel ons ʼn lang geskiedenis van vriendskap,” het die ambassadeur gesê.

Hy het verder die politieke vertroue, goeie staatkundige verhoudinge en vriendskap tussen die twee lande se regerende partye uitgelig as sentraal tot dié sterk diplomatieke bande.

Sommige van die eregaste tydens die geleentheid (Foto: Pieter Cloete/Maroela Media)

Groot klem is deur beide sprekers gelê op die suksesse wat in die afgelope kwarteeu gemaak is op die gebied van handel en ekonomie, sosio-maatskaplike ontwikkeling, wetenskap, kultuur, toerisme en opleiding.

Pandor het in haar toespraak verwys na China en Suid-Afrika se “gedeelde visie vir ʼn nuwe wêreldorde wat meer vry en regverdig is en ontwikkelende lande meer in ag neem”. Sy het ook die hoop uitgespreek vir die verdere ontwikkeling van “Suid-Suid-samewerking”.

‘n Tradisionele dans tydens die vieringe (Foto: Pieter Cloete/Maroela Media)

Volgens Pandor wissel die internasionale stelsel tans weens verskeie destabiliserende faktore en is baie verdeeld.

“Daarom moet Suid-Afrika en China dié geleentheid aangryp om die nodige hervorming van die stelsel te help bewerkstellig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anel ·

Kommuniste, natuurlik sal hulle lekker saam werk. Die anc moet so gou as moontlik uit geskop word sodat daar van al hierdie kommunistiese idiologiee ontslae geraak kan word. Die lot is te dom om agter te kom die skrefies oë is besig om hulle ‘n rat voor te oë te draai. As hulle wakker skrik gaan dit te laat wees!

Papsak ·

Ek stem die anc moet vinnig uit geskop word want hulle almal kommuniste en kop in een mis hier skrefies oe goed is besig om SA onder hulle uit te vat want hier hopeloos te veel van hulle in ons land hoekom gaan hulle nie China toe hulle hoort daar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.