SA Express hervat vlugte

SA Express (Foto: Facebook)

SA Express het Woensdag bevestig dat hy sekere vlugte vroeër in die dag gekanselleer het weens “bedryfsredes” en gesê vlugte het teen 16:00 weer hervat.

Die staatsbeheerde lugdiens het in ʼn kort verklaring gesê alternatiewe reisreëlings is getref met al sy passasiers om na en van hul bestemmings vervoer te word. Die lugdiens het egter nie uitgewei oor die bedryfsprobleme nie.

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het verlede jaar die lugdiens se bedryfspermitte opgeskort en alle vliegtuie is gehok ná ʼn oudit by die lugdiens en sy instandhoudingsorganisasie ernstige gevalle van nienakoming onthul het. Die lugdiens het in Augustus van dieselfde jaar sy vlugte hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Louw

En my vrou moes vanoggend 6:45 uitvind sy kan nie van Bloem na Jhb toe kom nie. Gelukkig moes sy 5 ure wag in Jhb op pad Melbourne toe, so toe moes sy maar per pad soontoe gaan en so in die ryery inboek om haar vlug te haal.

Ander Koos

Wie vlieg nog met SAL of sy filiale? Seker net brawe mense

ExSAL

ALLES waaraan HULLE raak word besmet met korrupsie!

Hendrik van George

“Buyer beware”, is die ou gesegte.. SA Express, ‘n eens trotse maatskappy, is net ‘n leë dop van sy glorieryke dae. Hulle is al lankal op my “no fly” lys.

SjN

Hul het gewag vir n reddingsboei voor hul brandstof kon kry.