‘SA Express skuld gʼn miljarde’ – bestuur

SA Express (Foto: SA Express/Facebook)

Die streekslugdiens SA Express ontken ten sterkste dat hulle miljarde rande aan krediteure skuld.

Verskeie publikasies het Sondag berig dat SA Express ongeveer R2,7 miljard aan krediteure skuld en dat dié bedrag eskaleer.

“Die raad werk die afgelope 18 maande onverpoos om die skuld te delg en dit is tans ver onder R1 miljard,” sê Mpho Majatladi, afdelingshoof by SA Express. Hy sê die lugdiens het R1,2 miljard ontvang wat afgebaken is om banklenings af te betaal en ʼn verdere R300 miljoen as bedryfskapitaal. Sowat 60% van dié geld is reeds gebruik om lank bestaande skuld af te betaal.

Die lugdiens is vroeër vanjaar in sakeredding geplaas.

Majatladi sê dit is ook nie nuus dat van die kontrakte wat in die verlede met diensverskaffers aangegaan is, onregmatig was nie. “Van hierdie kontrakte word reeds deur die Zondo-kommissie ondersoek. Dié onregmatige kontrakte is strydig met die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies aangegaan en SA Express steek nie dié feite weg nie,” sê Majatladi.

Hy sê die raad is bekommerd dat sommige van hul mees aggressiewe krediteure, dié is wat kontrakte onregmatig bekom het.

“Die huidige raad en uitvoerende bestuur is aangestel om die nagevolge van korrupsie reg te stel en SA Express se afgetakelde bedryf- en bestuurstrukture te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

En wat gebeur met die individue wat die onreelmatige kontrakte toegeken het? Seker maar niks soos gewoonlik.

Tjom

Ok so jy skuld n miljard en kry nog 1.2 en R300 ploeg jy in bedryfskapitaal maar jy is nie naby 2.7 nie? Uhm…