SA Express-vlugte opgeskort ‘weens wanbestuur, onbevoegdheid’

SA Express (Foto: Facebook)

Die VF Plus het Donderdag gesê wanbestuur, onbevoegdheid en korrupsie is die hoofredes waarom SA Express se vlerke Donderdag sonder seremonie geknip is.

Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) het Donderdag met onmiddellike inwerkingtreding alle vlugte van SA Express opgeskort.

Dié owerheid het in ʼn verklaring gesê dit volg nadat daar “oorweldigende bewyse” aan die lig gekom het dat die lugdiens nie aan veiligheidsmaatreëls voldoen nie. Die BLO het SA Express se operateursertifikaat en onderhoudpermitte teruggetrek, asook die lugwaardigheidspermitte van nege van die lugdiens se 21 vliegtuie.

Volgens die BLO volg dié ingrypende besluit nadat die owerheid die afgelope paar dae ʼn oudit by die lugredery en sy instandhoudingsorganisasie gedoen het. Die owerheid sê erge gevalle van nienakoming van regulasies wat ernstige veiligheidsrisiko’s inhou, het aan die lig gekom. Die BLO het gesê as beskermheer van lugvaartveiligheid in die land kan die owerheid nie ʼn blinde oog draai wanneer daar “oorweldigende bewyse” is dat daar nie aan veiligheidsmaatreëls voldoen word nie.

Wouter Wessels, die VF Plus se parlementêre woordvoerder vir die tesourie, het gesê die vraag moet gevra word hoe lank die bestuur van die lugdiens bewus was van gebrekkige onderhoud aan die vliegtuie, maar steeds toegelaat het dat die vliegtuie bedryf word met groot risiko vir sy passasiers.

“Die finansiële krisis van SA Express wat direk tot die swak toestand van hul vliegtuie gelei het, is veroorsaak deur jarelange swak bestuur. SA Express en SAL is tans geensins finansieel volhoubaar nie en is slegs ʼn geweldige las vir die belastingbetaler,” het hy gesê.

“Die regering moet gereeld vir albei staatsentiteite se skuld borg staan en miljarde rande se belastinggeld bestee aan reddingspogings. Hierdie ondernemings het geen winsmotief nie, aangesien hulle altyd deur die staat gered word.”

Wessels sê die VF Plus is van mening dat dié staatsentiteite geprivatiseer moet word.

Volgens hom gaan die beoogde samesmelting van die SAL, SA Express en Mango nie die entiteite red nie.

“Dié samesmelting gaan eerder tot groter agteruitgang lei, veral tot nadeel van Mango wat tans die suksesvolste van die drie is,” het hy gesê.

SA Express se opskorting beteken in effek dat die lugredery van Donderdag af nie meer as ʼn lugdiens mag dienste lewer nie. Indien SA Express weer sy vlerke wil sprei, sal die lugredery van voor af moet aansoek doen vir die betrokke goedkeuring, insluitend ʼn bedryfsertifikaat, goedkeuring vir vliegtuiginstandhouding en lugwaardigheidspermitte vir die vliegtuie waarvan die permitte teruggetrek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Rugga007 ·

Ek vlieg ten minste twee keer n maand tussen Bloemfontein en Johannesburg, glo my die diens is absoluut pateties, moet gereeld sit met vertragings of kanselasies,moes twee maande terug oorslaap oor vlug wat gekanselleer is,sonder verduideliking hoekom.

Hendrik vd Westhuizen ·

Nee wat, ek is glad nie verbaas nie
Ek dink ons moet in elk geval al wat ‘n ” SAL verwante redery” boikot want jy dink jy betaal ‘n goeie prys vir n vliegtuigkaartjie maar waar kom die R5 000 000 000 (5 miljard rand) vandaan wat elke jaar ge-eis van die belastingbetalers af om SAL in die lug te hou.
Ons het in effek al betaal vir die volgende 10 vlugte.

Boeta ·

Hulle het al hulle vlerke lankal self geknip. Gaan sit op OR Tambo en kyk hoe min van hulle vlugte is betyds, omtrent niks!!!

Ronelle Mulke ·

Ek het Saterdag vanaf Johannesburg na Kimberley gevlieg met SA express en was hoogs onsteld toe ek gaan navrae doen oor die inboek van ń ekstra tas en daar vir my aangesê is om teen ń “spesiale prys” R200 in my paspoort te sit en vir hom aan te gee. Ek het geen bewys ontvang nie en kan net dink waarheen daardie geld gegaan het.

Johan ·

Jy het omkoopgeld betaal. Jy is net so skuldig en net so korrup soos hy. Moenie hier kom kla nie. Jy is deel van die probleem.

Bul ·

So sukkel SAA en sy affiliate voor. Die syfer van 70 is regtig ‘n probleem wat baie baie lank in die toekoms nie gaan verander nie.

Anoniem ·

Ek het nie geweet jy het ‘n paspoort nodig om in jou eie land rond te reis nie. En nogal na Kimberley van alle plekke!

NEderlander ·

AI SUID AFRIKANERS moet julle altyd almal skuld gee behalwe die skuldiges? DIE VROU IS DALK VAN ‘n ANDER LAND EN HET bv ‘n NEDERLANDSE paspoort, sy mag daarmee in SA vlieg — selfs KIMBERLEY toe. Moet julle altyd ander mense tot LEUENAARS Maak en verneder? Lyk my dit is JULLE wat geen kennis het van paspoorte nie, so julle slaan julle naam met ‘n PLANK!!! Johan, ek is bly jy is sonder sonde, so gooi jy gerus dan maar die eerste klip. Die vrou het ‘n PASPOORT en is tien teen een ‘n burger van ‘n ander land.

LB S ·

Sover ek weet is dit R200 ekstra vir bagasie wat jy nie vooraf ingeboek het nie. Verskil is hy het dit vir homself geneem. Korrupsie waarvan jy nou deel was.

Oom Kalahari ·

@ Ronelle Mulke, dit wat jy moes doen is die norm by Staats instellings. So word elke Staats instansie se vlerke kort geknip met goeie goue handdrukke en die nuwe aanstellings knip die vlerkies net beter en meer ge-organiseerd.

Bul ·

Ronel jammer om te hoor. Jy is uitgevang deur sluheid wat jy nie verwag het nie. Ignoreer wav groot tier Johan. Jy het nie gevra vir wat met jou gebeur het nie. Dis maar die land van 70 waarin ons woon.

Bul ·

Die syfer in my vorige boodskap verwys na die gemiddelde intelligensie kwosient vir sub Sahara Afrika. En dis hoog in vergelyking met met sentraal Afrika…….

Skyspy007 ·

Dis te danke and Ronelle en duisende ander “Ronelle ‘e” soos sy wat veroorsaak dat alles maar alles in hierdie land ten gronde gaan….lettelik “vlerke geknip” word. Dis net hardverskeurend dat die loodse wat hierdie vliegtuie moes vlieg en hoogs gewalifiseerd is en jare moes hard werk om so ‘n pos te kon kry om ‘n loods te kan wees, NOU OOK SONDER werk sit. Ek vlieg self al 38 jaar lank en is bewus van wat gebeur. My vlerke is ook “geknip” weens sulke gebeure. Net nog ‘n wan bestuur van onbekwame, onbevoegde, self gesentreerde mense wat na hulle eie sakke kyk. Nou moet hierdie….wel….regering wat ons gewone mense “melk” maar self sien-kom-klaar

Whatever Skyspy ·

Ag hou op NONSENS praat, sy is ‘n burger van’ n ander land daarom reis sy met ‘n PASPOORT, sy weet nie waarvoor was die R200 nie .. by baie lughawens (terwyl jy dan nou so ‘n gereelde vlugkandidaat/vlieenier is) kan jy vir EKSTRA bagasie net ‘n fooi betaal .. EN NEE sy het nie SAL bankrot gemaak nie, hulle VROT bestuur het. Ek is bly jou vlerkies is ook geknip, smaak my jy het te hoog gevlieg.

LB S ·

Whatever, ENIGE mens met ‘n stukkie verstand weet hoe lyk ‘n “bribe”. Buitelander of te nie.

Daan ·

SA Express besef nie hoeveel ander besighede geraak word indien hulle nie mag vlieg nie. Ek weet van ‘n paar mense wat huidiglik baie bekommerd is oor hul toekoms en of hulle nog ‘n werk gaan he. Daar is te veel werknemers by SAL wat astronomiese salarisse verdien en te min vliegtuie wat besigheid genereer. Ek het ‘n wyle gelede op die ondergenoemde syfers afgekom maar kan nie die geloofwaardigheid daarvan bevestig nie. Dit maak egter baie sin. Tesame met die plundering van fondse, korrupsie, onbevoegdheid, swak dienslewering en werkseteiek, is dit duidelik hoekom hulle alewig met fondse uitgehelp word.
1) QANTAS (Australian): 32,500 employees with a total of 252 aircraft = 129 employees per aircraft
2) American Airlines: 87, 897 employees with a total of 618 aircraft = 142 employees per aircraft
3) Delta Airlines: 106,216 employees with a total of 722 aircraft = 147 employees per aircraft
4) British Airways: 36,832 employees with a total of 238 aircraft = 154 employees per aircraft
5) United Airlines: 115,149 employees with a total of 710 aircraft = 162 employees per aircraft
6) South African Airways: 55,500 employees with a total of 58 aircraft = 957 employees per aircraft

Ja wohl ·

Janee dit was weer ‘n lekker manier van WERKSVERSKAFFING veral om kwotas reg te kry . soos gewoonlik geen beplanning . net ‘n klomp aanstellings .. en WHALLA nou gaan almal sonder werk sit .. MAAR daar is ‘n ligpuntjie . hulle almal kwalifiseer nou vir wildsplase.

NOT ·

Haai nee kan nie wees nie. Die nuwe regering maak dan so ‘n goeie werk van al die instansies, parastatals en alles waarby hulle betrokke is: ESKOM, SAL, Denel, SAL, SAUK. Mense om op TROTS te wees. Ek glo julle maak net’n berekeningsfoutjie en dat al die mense bekwaam genoeg is om SAL lag lag weer van die grond af te kry .. GELUK MANNE!

Casper Labuschagne ·

Kan hulle nie maar die spaarbande van sestiensitplek minibusse gebruik en ‘township mechanics’ om maar weer die vliegtuie in die lug te kry nie? Want nou is daar 0% inkomste en 100% aanspraak op die belastingbetaler om SA Express te red.

Bul ·

Privaatsektor in SA het wereldklas banke, telekommunikasie, effektebeurs, en ander infrastrukture geskep vergelykbaar met beste internasionaal. Wat het die Staat vermag ? Onderwys, gesondheidsorg, SAL, SANW, POLISIE, DENEL, ESKOM, PETROSA, SABS, MUNISIPALITEITE, WATERWESE, verval in pokputte van diefstal, korrupsie en onbevoegdheid. En dit sal so aangaan Ramaphosa is magteloos RSA gly stadig maar seker na die ware Afrika staat van bankrotskap, siekte, en hongersnood die einde is en geweld, misdaad en brutaliteit heers. Wat gaan verander ??? My pension klaar in USD uit SA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.