SA gaan dalk 6 miljoen ton mielies moet invoer

Argieffoto Foto: earthtimes.org

Argieffoto Foto: earthtimes.org

Graan SA het Vrydag gesê Suid-Afrika sal moontlik weens die droogte tussen vyf en ses miljoen ton mielies moet invoer, maar gewaarsku dat die land moontlik nie sulke hoeveelhede sal kan hanteer nie.

ʼn Spesiale mielieforumvergadering wat op die droogte fokus het Vrydag plaasgevind en betrokke belanghebbendes het dit bygewoon, het Graan SA gesê.

Die departement van landbou, bosbou en visserye, deur die departement van samewerkende regering, het reeds ʼn versoek vir bykomende fondse by die nasionale tesourie ingedien om boere te help wat deur die droogte geteister word.

“Van ʼn voedselsekerheidsperspektief het verslae aangedui dat die land se infrastruktuur dalk nie die volume mielie-invoere kan hanteer wat vereis gaan word indien die droogte, wat deur die El Niño-weerspatroon vererger word, die plaaslike oes verder verwoes nie,” het Graan SA gesê.

Indien Suid-Afrika se geraamde tekortkoming met die verwagte streeksbehoeftes van Zimbabwe, Lesotho, Namibië, Botswana en Swaziland gekombineer word, sal die invoerbehoefte, insluitend ander grane soos soja en koring, nagenoeg 10.9 miljoen ton wees.

Graan SA het gesê die regering en die bedryf het kennis geneem van die besware oor die invoere en sal aangespreek word. Die organisasie het bygevoeg die bedryf en die regering het hulself daartoe verbind om saam te werk om beter en doeltreffende droogteverligting te bied.

Video: Dringende ingryping nodig, sê DA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

John ·

Ek hoop Graan SA sien nou dat Monsanto nie die boer se beste vriend is nie. GM-produkte is nie net sleg vir mense se gesondheid nie, maar ook vir die bye wat moet bestuif. Ons kan miskien graan uit Rusland invoer want die’ mense sien die voordele in van organiese boerdery en Amerika en Europa gaan later bakhand staan vir gesonde kos as al die rooiligte aan gaan…. te laat

GES ·

Maroela daar is fout met die berig se opskrif. Maak asb ‘n regstelling. Dit moet seker 6000000 ton wees. Dit is nogal ‘n aardige hoeveelheid geld. Sal ons president dit kan uitspreek?

Sune van Heerden ·

Dagsê GES

Ons vra om verskoning vir die flater in die opskrif. Dit moes “6 miljoen ton” wees. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

BIELIE ·

Dis nie eers ‘k kwart mielie per persoon nie. Iewers moet daar ‘n TON in die opskrif wees.

Sune van Heerden ·

Dagsê Bielie

Ons vra om verskoning vir die flater!
Dis inderdaad “6 miljoen ton”.
Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peet Schabort ·

Seer sekerlik moes daar graanoorskotte gewees het van vorige jare indien ‘n simpel ding soos BEPLANNING gedoen is vir die maer jare? Natuurlik is daar nie verder gedink en gekyk as neuslengte en sit ons waar ons nou is. Dalk weet onse vriend Mugabe waar is die graan heen?

Chris W ·

Net so!En dit laat my weer dink aan die brandstof voorraad wat opgeberg was en deur die anc regering verkoop is – nou kan ons binne ‘n paar dae sonder brandstof sit in die mooi landjie as daar ‘n probleem met ru olie invoere kom!Alles te danke aan die slim anc narre in die regering.

John ·

Vrystaatse boere hou op met die speletjies en begin plant, dit reen, en nie GM-saad nie, anders hou dit weer op. Die seisoen is dalk laat en daar kan dan later geoes word. Hou op luister na die lui buurman se voorspooksels wanneer jul by die poskantoor ontmoet. Die ou wat vanjaar ‘n oes gaan inbring, se kop is deur en hy hoef nie bakhand se soebat van aalmoese nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.