SA gaan lidmaatskap van Strafhof hersien

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Die regering het aangekondig dat hy amptelik met die Internasionale Strafhof in gesprek gaan tree en sy lidmaatskap van die tribunaal gaan hersien.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdag aan joernaliste gesê Suid-Afrika se versuim om Omar al-Basjir in hegtenis te neem toe hy die Afrika-unie se beraad in Johannesburg bygewoon het, het gespruit uit ʼn balansering tussen sy verpligtinge aan die Strafhof en sy verpligtinge aan die Afrika-unie en die kwessie van diplomatieke immuniteit.

Volgens Radebe het Suid-Afrika voor die Afrika-unie se beraad ʼn uitnodiging aanvaar om met die Strafhof te vergader oor artikel 97 van die Roomse Statuut. Hy het gesê daar was ook ʼn vergadering geskeduleer in die tyd wat die AU se beraad plaasgevind het en dat die Strafhof ʼn kennisgewing uitgereik het waarvolgens die vergaderings afgehandel is en dat Al-Basjir in hegtenis geneem moet word.

Radebe het gesê Suid-Afrika is van voorneme om ʼn dispuut by die Strafhof te verklaar. “Suid-Afrika sal in amptelike onderhandelinge met die Strafhof betrokke raak ten einde die Strafhof se uitgangspunt oor hoe artikel 97 geïnterpreteer moet word, te probeer verstaan. Suid-Afrika wil ook weet wat sy verpligtinge is, in terme van artikel 98 (2), teenoor ʼn versoekte staat wat nie in skending van ʼn internasionale verpligting ʼn lasbrief kan uitvoer nie.”

Volgens Radebe sal die regering ʼn span ministers aanstel om die amptelike gesprekvoeringe met die Strafhof te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hansie Brits ·

Julle sal enige storie opmaak om julself te verontskuldig

Grassie ·

Daar is iets omtrent die regering se partydigheid vir Basjir wat ek nie verstaan nie. Hy is tog duidelik ‘n Arabier met so ‘n bietjie Afrika-bloed. Die 300,000+ mense wat hy laat uitroei het was heeltemaal Afrika-burgers, die “brothas and sistas of Afrika” waarna die regering dikwels verwys. ‘n Mens sou dink dat Zuma & Kie hom juis sou laat arresteer en aankla het. Afrika se weë is vir my duister.

Manie ·

Dit is reg Jeff Radebe dit is soos politiek werk “Ons siening is nie reg geintripiteer nie” Die skuiergat werk elke keer. Ek wens net iemand in die Parlement wil opstaan en verantwoordelikheid vat! Maar almal is lafhartig en speel met woorde!

Winston ·

Soos alles wat n land florerend maak, en die regering nie verstaan wat nie, verstaan hulle weereens nie mooi nie. Dis n verskoning vir nou en om in die toekoms heeltemal los te wees van n volksmoord wat reeds besig is om te gebeur. Dan is dit mos die einste gespuis en sy volgelinge wat uitgelewer moet word. Hierdie is net brandpad maak vir wat kom.

Volksmoord van blankes ·

Die ANC is van Volksmoord aangekla by die Internasionale strafhof. Dit is nou baie gerieflik om die Omar al-Basjir saak te gebruik om te bedank uit lidmaatskap van die strafhof. Die ANC se programme van Regstellende Aksie, Swart Bemagtiging, Aanvalle op Afrikaans, ens vorm alles deel van die ANC se volksmoord projek teen blankes in Suid-Afrika. Gaan lees weer die definisies en stappe betrokke by volksmoord. Hieruit is dit baie duidelik dat die ANC tans ‘n volksmoord program het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.