SA gebore miljardêr wil Covid-19-, kanker-entstowwe hier laat maak

Dr. Patrick Soon-Shiong. (Foto: Alberto E. Rodriguez/Getty Images/AFP)

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr dr. Patrick Soon-Shiong gaan biologiese vervaardigingstegnologie vir Covid-19- en kanker-entstowwe na Suid-Afrika oordra.

Soon-Shiong, wat nou in die VSA woon, en NantAfrica, ʼn afdeling van NantWorks, het einde verlede week ʼn ambisieuse inisiatief aangekondig om kapasiteit vir gevorderde gesondheidsorg in Afrika op te bou.

Dit word gedoen in vennootskap met die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WWNR) en die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR).

Die vennootskap het ten doel om vinnige kliniese ontwikkeling van volgendegenerasie-entstowwe vir aansteeklike siektes en kanker moontlik te maak by sentrums oor die hele land.

“Een van my drome sedert ek as jong dokter die land verlaat het, is om die jongste 21ste-eeuse mediese sorg na Suid-Afrika te bring en die land in staat te stel om as wetenskaplike spilpunt vir die vasteland te dien,” het Soon-Shiong, stigter en uitvoerende hoof van NantWorks, gesê.

“Daar is ʼn onvervulde behoefte om lewensgevaarlike aansteeklike siektes soos vigs, TB en nou Covid-19 te behandel. Net so kommerwekkend is die swak oorlewingsyfer van pasiënte wat aan kanker ly in Suid-Afrika en elders in Afrika. Die verstommende vooruitgang in die wetenskap het nuwe sorgparadigmas moontlik gemaak wat die immuunstelsel aktiveer en die uitkomste van hierdie siektes verander.”

Die vennootskap tussen NantWorks, die WNNR en die SAMNR sal die vervaardiging van biologiese middels, immunoterapie en entstowwe in Suid-Afrika bespoedig en uitbrei deur tegnologie-oordrag en moderne gevorderde vervaardigingsfasiliteite.

Pres. Cyril Ramaphosa het die beduidende belegging en Soon-Shiong se toewyding aan Suid-Afrika verwelkom.

“Ons het ʼn geleentheid gesien om ons wetenskaplike en tegnologiese kapasiteit te versterk; ʼn geleentheid om die uitdagings wat in openbare gesondheid in Suid-Afrika en op die vasteland ondervind word, aan te pak. Hierdie oordrag van tegnologie, waaronder die vervaardiging van biologiese middels, sal broodnodige entstof-billikheid wêreldwyd versterk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Vonkprop

Ek dink nie die ANC is gereed of verstaan 21ste eeuse tegnologie nie. Ek hoop hierdie beland in die regte mense se hande om dit reg te bestuur en aan te wend.

Blomme

Sorg maar net dat jy jou eie mense inbring en jy self met die fondse werk.. Dit alles sal verlore wees sodra dit op die tafels en in die hande van die ANC kaders beland.

casper

As daar kanker inentstowwe was het di 5 groot pharma dit alreeds of die apteek rakke beskikbaar gamaak maar het nie — Hoekom nie ????
Ek dink hy gaan SA vir ‘n hele paar mijoen rit vat !!!

annie

En gaan die kankerentstof op onse mense getoets wôrre? Dié meneer wat ons pledgers so dryf om tog die resepte te bekom van die Pfizer-tips entstof om die mark na die Ooste se swaai? ‘n Antie uit Sjina het hoeka in die VSA gekuier om G5 se inligting te bekom. Dit laat mens wonder of buskruit deur Sjina uitgedink is.

Bertie

As die regte mense nie by hierdie projek betrokke raak nie (tog net nie our people nie), is dit tot mislukking gedoem!