SA gee R350 m. vir Kuba; ooreenkoms erg gekritiseer

Minister Rob Davies en Carlos Fernandez de Cossio, Kuba se ambassadeur in Suid-Afrika, tydens die ondertekening van die ooreenkoms. Foto: GCIS

Minister Rob Davies en Carlos Fernandez de Cossio, Kuba se ambassadeur in Suid-Afrika, tydens die ondertekening van die ooreenkoms. Foto: GCIS

Suid-Afrika het ʼn ooreenkoms onderteken om R350 miljoen se ekonomiese bystand aan Kuba te verskaf.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het gesê president Jacob Zuma het die aanbod in Desember 2010 tydens ʼn staatsbesoek aan Kuba gemaak. Die ooreenkoms is oorspronklik in Februarie 2012 onderteken maar die implementering daarvan is uitgestel en wysigings is aan die ooreenkoms aangebring.

Die geld sal onder meer gebruik word vir landbouontwikkeling en die heropbou van infrastruktuur. “Daar word voorsien dat die pakket bilaterale handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Kuba sal stimuleer,” het Davies gesê.

Die ooreenkoms sluit onder meer ʼn toelaag van R40 miljoen in om saad van Suid-Afrika af en elders in die wêreld te koop, ʼn toelaag van R100 miljoen om goedere van Suid-Afrika af te koop en ʼn kredietlimiet van R210 miljoen.

Die DA het intussen die ooreenkoms gekritiseer. “Hierdie geskenk van R350 miljoen aan Kuba is ʼn misbruik van openbare fondse,” het Geordin Hill-Lewis, DA-LP, in ʼn verklaring gesê. “Die kontantkrisis in Suid-Afrika se begroting is welbekend. Ons kan nie bekostig om geld aan Kuba te gee vir geen ander doel as om politieke bande te handhaaf nie.”

Volgens Hill-Lewis sal Suid-Afrika nie voordeel trek uit die ooreenkoms nie. “Ons moet nie bande versterk met lande wat nie basiese grondwetlike en demokratiese beginsels respekteer nie. Dis ʼn tragiese ironie dat Suid-Afrika help om ʼn regime te befonds wat sy eie mense dieselfde demokratiese vryhede weier as wat ons so hard voor geveg het in ons land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ockie ·

Die man maak seker hy kan daar gaan wegkruip as hy hier moet vlug na al sy skandale en diefstal.

Gerhard Bezuidenhout ·

Hierdie imbesiel se plundering van die Staatskas kry nie einde nie. Zuma jy gee ons swaarverdiende geld weg soos soetkoek en jy neem geen verantwoordelikheid nie . Wanneer die stoel vir jou warm word vlug jy vir n rukkie uit die land uit totdat die stof gaan le. Ek hoop dat jou dag wat jy verantwoording moet doen vinnig vir jou oppad is .

Jasper ·

Mag sy dag van afrekening spoedig aanbreek. Mog hy soos Egipte se Mubarak vir dae in n aaphok al die aanklagte teen hom aanhoor.

HEVW ·

Mens het nie woorde nie. Dit is magsmisbruik in die ergste vorm. Al kom sy wandade soos immorele eskapades, regsskending, roof, korubsie,ens,ens aan die lig sal daar steeds anc gestem word. Dit gaan my verstand te bowe dat selfs een van ons vroere groot leiers in die openbaar sy opinie gelig het en gese het:” Ek dink aan Jakob moet n kans gegee word.” Dit bleik duidelik aan welke voorsienendheid ons vroeer bloodgestel was. Dit le maar op dieselfde vlak as “Jakob” se politieke ondersteuners.

Sarie ·

Dis maar net om dankie te se vir Kuba se ondersteuning tydens die sogenaamde struggle wat ook deur baie van die huidige DA leiers gesteun is. Deel van die Nasionale Revolusie waarvan al hierdie muishond lande deel was. Hulle vriende van weleer soos Rusland en China deel ook in die buit gewiliglik in goedertrou deur die ou NP aan hulle oorhandig

Francois ·

En dan wil hulle he ons moet E-TOL betaal??? Mis ek iets? Die geld kon mos daarvoor aangewend word.

Linda ·

Mense in Suid Afrika het nie water nie – daar is nie onderwys in moedertale nie – daar is nie huise nie – studente wil graag studeer ,maar het nie geld nie. Ons mense het nie almal werk nie & dus nie genoeg kos nie. As daar oortollige geld is kan dit mos aangewend word daarvoor. EK verstaan dit nie dat ons geld gee buite SA nie.

Linda ·

Ek verstaan dit nie _ Suid Afrika kan die geld baie goed aanwend vir opheffing op sosiale vlak en infra strukture wat gebreke lei!

Linda ·

Ek verstaan dit nie. Suid Afrika kan die geld baie goed aanwend vir opheffing op sosiale vlak en infra strukture wat gebreke lei!

Dan ·

Hierdie bedrag aan Kuba is ‘n druppel in die emmer. Wat van die meer as R30 biljoen wat jaarliks onverklaarbaar uit die Staatskas verdwyn? Die R100 miljoen wat vir studente van Afrika gegee word om gratis hier te studeer? Die “lenings” van die Staat aan individue, soos Kyani Dhlomo-Mkhize wat R34 miljoen ontvang het om ‘n boetiek te open. Die biljoene der biljoene wat aan Afrika-state geskenk of by wyse van gratis dienste of goedere gelewer word? So kan mens sonder ophou aangaan – die blanke belastingbetalers het nie die vaagste benul hoeveel geld in bodemlose putte verdwyn nie en al wat van daardie belastingbetalers verwag word, is om meer en meer belasting aan die Staat te betaal. Terwyl daar honderde duisende armblankes in plakkerskampe sit wie nie ‘n sent van die Regering ontvang nie, want dit sal mos “diskriminasie” wees om die blankes te help. Maar nou ja, as ek reg onthou het 67% van die blankes gestem vir hierdie bedeling

Didi ·

Dan jou doring…jy slaan die spyker reg op sy kop!!! En ons blankes laat dit toe!! Ons is tog so bang om te stirrrr en wil tog so polities-korrek wees…
Soos ‘n vorige leser genoem het….ons het ruggraatloos geword!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.