SA gereed om vierde vlaag te beveg

(Argieffoto: Facebook)

Dr. Joe Phaahla, die minister van gesondheid, en talle ander kenners sê Suid-Afrikaners hoef nie angstig oor die nuwe Omikron-variant, óf ʼn moontlike vierde vlaag van die pandemie te wees nie.

Die kenners meen die land het die afgelope 20 maande reeds drie golwe agter die rug en meen Suid-Afrikaners gaan hulle nie deur ʼn vierde vlaag laat onderkry nie. Hulle het die versekering gegee dat die land se gesondheidstelsel voorbereid is op ʼn volgende vlaag en het ʼn beroep op mense gedoen om hulself te beskerm deur die nodige veiligheidsmaatreëls, soos gebruiklik, na te kom.

Die kenners het Maandag ook benadruk dat hulle nié van mening is dat die instel van reisbeperkings nodig is nie.

Wetenskaplikes het Donderdag die voorkoms van die nuwe B.1.1.529-variant – Omikron – in Botswana en Suid-Afrika bevestig. Hulle het gewaarsku dat die variant minstens 32 mutasies bevat wat in stekelproteïen geleë is. Dit is die gedeelte van die virus wat die meeste entstowwe gebruik om die immuunstelsel teen Covid-19 te versterk.

Volgens Phaahla werk wetenskaplikes onverpoos om inligting oor die nuwe variant te versamel. Dit sluit in hoe oordraagbaar dit is, of dit sekere ouderdomsgroepe meer raak asook hoe doeltreffend die entstof teen die variant is.

Prof. Salim Abdool Karim, voormalige voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, sê hoewel hulle nog nie genoeg inligting oor die nuwe variant het nie, kan voorlopige inligting uit die variant se mutasies verkry word. Hy sê sommige van die mutasies van die nuwe variant is bekend via die vorige variante – Beta, Delta en Gamma – en wetenskaplikes sal naastenby weet waarmee hulle te doen het.

“Daar sal noukeurig dopgehou word of die nuwe variant mense sieker maak en of dit immuun-ontduiking toon,” het Karim bevestig.

Dr. Unben Pillay, ʼn algemene praktisyn in Gauteng, sê volgens voorlopige inligting is die nuwe variant se sogenaamde griepsimptome soortgelyk aan dié van vorige variante, maar dit is nog te vroeg om dit met sekerheid te bevestig.

Kundiges sê die feit dat nuwe gevalle baie vinnig toeneem kan ʼn aanduiding wees dat dit meer aansteeklik is. Die variant het in ʼn kort tydperk reeds oor die hele Suid-Afrika versprei en is ook al in verskeie ander lande aangemeld.

Volgens Karim word die vierde vlaag nou wêreldwyd waargeneem en neem die aantal Covid-19-gevalle regoor die wêreld toe.

Teen Maandag is altesame 2 858 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangemeld. Dit is ʼn beduidende toename van die minder as 300 nuwe gevalle wat twee weke gelede aangemeld is. Die positiwiteitskoers het ook van 1% na byna 10% binne twee weke gestyg.

Meeste gevalle in Gauteng, onder jonger mense

Altesame 81% van die nuwe infeksies is in Gauteng aangemeld. Volgens Michelle Groome, verbonde aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios), is die meeste van dié infeksies onder mense jonger as 25.

Groome sê dit kan wees omdat jong mense in dié ouderdomsgroep geneig is om meer te sosialiseer.

Daar was die afgelope tien dae ’n beduidende toename in hospitaliserings in Gauteng, met die meeste wat in Tshwane aangemeld is. Altesame 455 hospitaalopnames is tussen 11 en 28 November in die Jakarandastad aangemeld.

Volgens dr. Waasila Jassat, ook verbonde aan Nios, was daar ʼn toename in hospitaalopnames in Tshwane onder babas en kleuters tussen nul en twee jaar. Dié ouderdomsgroep maak sowat 70% van alle hospitaliserings in die stad uit, gevolg deur diegene bo 80 jaar oud.

“Dit is onduidelik of die babas en kleuters as voorsorgmaatreël gehospitaliseer word, of werklik ernstig siek is. Daar moet nogtans as voorsorgmaatreël meer pediatriese beddens beskikbaar gemaak word,” waarsku Jassat.

Volgens Jassat is nog geen sterftes weens die nuwe variant aangeteken nie.

Pillay sê op grondvlak is daar ’n toename in die aantal Covid-19-gevalle onder ongeënte asook ingeënte mense.

“Die ingeënte mense vaar egter beter as diegene wat nie ingeënt is nie.”

Reisbeperkings ‘nutteloos’

Volgens Karim baat niemand by die instel van reisbeperkings nie omdat 11 lande reeds die voorkoms van die nuwe variant aangemeld het.

“Om lande in Suider-Afrika te isoleer is nutteloos en ongevraagd,” sê Karim.

“Ons beskik oor ’n doeltreffende vyfpuntplan om die verspreiding van die virus deur internasionale vlugte te bekamp. Die sluit van grense is drasties.”

Phaahla het vroeër gesê die optrede van lande om reisbeperkings in te stel is drakonies en strydig met die aanbevelings van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO). Die WGO het lande afgeraai om reisbeperkings in te stel terwyl daar nog min wetenskaplike bewyse oor die nuwe variant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Tubac ·

Met ons rekord dink ek nie die res van die wereld is ver verkeerd nie. Kyk maar self om jou en sien hoe die Covid reels toegepas word.

VaalDonkie ·

De:
November 2021…

Population of SA = 60 million
Population of UK = 68 million

Total number of covid cases in SA = 2.9 million
Total number of covid cases in UK = 10 million

Total daily cases in SA 26/11/21 = 2465
Total daily cases in UK 26/11/21 = 50 091

Total number of vaccinations in SA = 8.8 million
Total number of vaccinations in UK = 46 million

ONS moes die hekke eerste gesluit het

Robert ·

Ja nee… elke regerings “ekspert” sing ‘n ander deuntjie… ons is nie dom nie.

Robert ·

Ek glo dat die 4de golf so ou dambrander sal wees… die ding is besig om aan te pas om nog ‘n verkoue virus te word.

Samuel ·

Ons moet leer om met die virus saam te leef soos die plan in Nieu-Seeland is.

Riaan ·

Nuwe variant met 32 mutasies, maar niemand kan die probleem agter load shedding vind nie.

Thom ·

Vir die wat so teen die inentings gekant is ; ek sien dat 87 % van hospitaalopnames oningeente persone is __ hierdie persentasie is goed genoeg vir my om ‘n geldmorsery te verhoed .

Anna-Marie ·

Ek weet nou nie wat die waarheid is nie, maar in n vorige berig op Maroela Media is daar gesê dat net minder as die helfte van gevalle van die nuwe variant ingeëntes is. Met n inentings koers van +- 25% sou n mens verwag dat 25% van die gevalle of minder ingeëntes sou wees as die entstof doen wat dit belowe.

Thom ·

” Dr Wassila Jassat from the National Institute for Communicable Diseases (NICD) said on Monday that their surveillance has revealed that unvaccinated patients fared worse than vaccinated ones, adding that 87% of all admissions in Tshwane are unvaccinated patients.

Mercia ·

Beïndruk dit jou so baie soos die 96% natuurlike herstelsyfer van covid?

Thom ·

Dit is nie ‘n “natuurlike herstelsyfer “nie ___ dit kom teen ‘n prys , beide moneter en in langtermyn gevolge ; ons sien permanente hartskade , smaakverlies , reukverlies en onomkeerbare skade aan die longe by mense wat nie geent was maar darem nogtans dit gemaak het . Ek weet van families wat nie wou ent nie wat nou sit met miljoene Rande se mediese skuld en minus die broodwinner ___ as jy dom wil wees is dit jou voorreg .

Lourens CFG ·

Jammer Thom, ek weet nie waar jy jou informasie kry nie.
Altwee my seuns, hul metgeselle, my kleindogter (19jr), 4 van ons vriende (almal nie ingespuit nie), en dan ‘n vriendin en haar ma wat ingespuit is het covid gehad.
Almal se simptome was verskillend. My jongste seun was die ergste, hy kon net 3 tree gee, dan moes hy rus (was in sy longe), sy vrou was ligter siek, maar kon nie ruik of proe nie wat 4mnde gevat het om terug te kom.
Almal het ten volle herstel.
Permanente skade van covid het ek nog nie van gelees nie, behalwe ‘n paar van newe efekte na die jab.
Net my 10c.

Landras ·

Thom – jy slaan die spyker op sy kop – ek wens almal kan die lees en net VERSTAAN waardeur families gaan – ons self het amper ‘n goeie vriend verloor en GLO my hulle het eerste in die vaccine ry gaan staan … PS : ons ry was propvol vandag , mense begin tog draai – yippi

Papsak ·

Moenie worrie oor mense wat nog nie in geent is nie wees bly julle is geent kyk oor twee jaar waar is julle ons wat nog nie geent is nie is nog flippen gesond dit is elkeen ze eie besluit nie besluit vir my nie behalwe my GOD

piet ·

God het vir my die verstand gegee on in te ent ten einde myself te beskerm.

Eden ·

Na “21 days to curb the tide”, wat toe 500 dae geduur het, moet ons seker dankbaar wees.

Esme ·

Ons is deur soveel variante sonder gedwonge vaksinasie – wat maak die een anders? Ek was vir 25 dae in die hospitaal, verlede jaar, gedurende die Feesgety, ek wil nie ‘n herhaling daarvan he nie, en het reeds die nodige voorsorg maatreels getref. My immuniteitstelling is geneem en beskikbaar – hier is gesigsmaskers, en sanitering en ons glo dat ons Hemelse Vader ons sal beskerm teen die demoniese virus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.