SA gesin verloor alles oorsee: ‘Bring net ons hondjies huis toe’

Lana Roos Nel (44) Foto: Verskaf

ʼn Suid-Afrikaanse gesin wat ná ʼn slenter in Serwië elke laaste sent verloor en met net drie tasse na Johannesburg teruggekeer het, doen nou ʼn beroep op mense om hul drie “Yorkie-kinders” terug na Suid-Afrika te help bring.

Lana Roos Nel (44) en haar man, Enslin (48), het aan Maroela Media vertel hulle is rasend van kommer nadat hulle alles in Serwië moes oppak en met slegs hul bagasie van voor af ʼn lewe moet bou.

Nel meen egter hoewel die gesin geen heenkome het nie en met talle bekommernisse oor die toekoms wroeg, is dit hul hondekinders – Lilly, Peanut en Bubbles – wat nie saam met hulle kon terugkeer nie, wat die gesin die meeste kwel.

Die egpaar het saam met hul seun in April verlede jaar Serwië toe verhuis om naby Lana se ma te wees.

“Ons het ons woonstel, ons motor en al ons besittings verkoop om te trek. Daarbenewens het ons ook al ons erfgeld gebruik om ʼn plaas in Serwië te koop omdat jy grond moet besit as jy eindelik burgerskap wil kry. Ons het om dieselfde rede vir ons seun ook ʼn lappie grond gekoop,” vertel sy.

“Ons het ʼn eenvoudige plan gehad: Ons het begin boer met tamaties, paprika en suurkool, en wou van die verkope ʼn inkomste maak en daarvan leef. Dit was egter moeilik omdat ons nie die taal verstaan nie, daarom het ʼn man ons gehelp om daar met die mense by die markte te kommunikeer en ons boerdery aan die gang te kry.”

Nel meen dié man het hulle in ʼn strik gevang en mettertyd al hul geld gesteel. “Ons het hom nodig gehad omdat ons nie andersins met mense kon kommunikeer nie. Voor ons kon agterkom dat hy ons ʼn rat voor die oë draai, was dit te laat.”

Lilly, Peanut en Bubbles (Foto: Verskaf)

Sy sê die gesin het ná ʼn geruime tyd nie genoeg geld gehad om hul visums te hernu nie, en is deur moontlike tronkstraf in die gesig gestaar. “Die Serwiese wette is baie streng – as ons nie ons visums hernu het nie, sou ons tronk toe moes gaan tot ons gedeporteer word. In daardie geval sal hulle ons hondjies ook uitgesit het. Die ergste van alles is dat my ma talle belangrike papiere moes onderteken toe ons die land binnekom, en sy sou verantwoordelik gehou word vir ons deportasiekoste.”

Die gesin het hul seun ʼn maand vroeër terug Suid-Afrika toe gestuur voor hulle vandeesweek in Johannesburg geland het. Hulle het nie geld gehad om hul hondekinders terselfdertyd Suid-Afrika toe te vlieg nie.

“Ons wil my ma ook terugbring Suid-Afrika toe, maar ons het nie die geld om ons honde terug te bring nie. Ons kon nie die honde vir Trypanosoma evansi in Serwië laat toets nie, omdat die siekte glo nie in die land voorkom nie. Suid-Afrika vereis egter dat die toetse gedoen word voordat ons honde terug in die land mag kom. Hulle sal ons honde bloot in Serwië uitsit as ons dit nie kan betaal nie,” het sy gesê.

Intussen het Yorkie Rescue South Africa by die projek betrokke geraak en ʼn skarefinansierings-webwerf begin om geld vir die gesin in te samel.

Die gesin benodig nagenoeg R35 000 om hul hondekinders terug te bring. Die organisasie kon tot dusver daarin slaag om byna ʼn derde van die geld in te samel.

Vir meer inligting oor die gesin en hul projek, besoek Yorkie Rescue South Africa se Facebook-blad.

Nader ook vir Avril Culverwell, stigter van die groep Yorkie Rescue South Africa, deur ʼn e-pos te stuur na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Neels Nel ·

Sjoe..dis erg. Jammer so-iets gebeur orals. Sterkte. Tong in die kies opmerking: Dis hoekom ek maar bly in SA…ten minste kan ek die mense wat my besteel verstaán!!!

AL ·

Ek stem!
Die gras lyk altyd groener aan die ander kant omdat die moeilikheid so baie is.
Nietemin sterkte aan die gesin en welkom in SA.
Mag jul hondjies gou aansluit by julle.

Stem saam ·

Stem saam julle, mens kannie net oppak en trek nie, eers huiswerk doen, dit is ongelukkig die situasie van vandag – trek is soms beter. Die enigste wat my van die storie pla is die feit dat jul nie agtergekom het jul word verneuk nie…. Ek voel jammer vir jul diertjies, ek is baie lief vir myne en ek sal eerder uitsit as agter los. Ek dink ook dit is bietjie arrogant om vir hulp te vra en op ander se gevoel te speel, dade het gevolge en mens moet dit dra. Die ander sy is dit nie ‘n bedekte bedel sessie nie, die hondjies voor, want hul weet almal gee vir diere en dan kan hul sommer ‘n goeie restart kry uit dit uit. Verder soke hul ook geld vir die Ma……… Iets klink net nie reg nie en ek is nie ‘n nat broek nie!!!!

Vienna ·

Ek kan skaars glo wat ek lees.
Niks te doen met die gras lyk groener aan die ander kant nie. Want dit hang af waar, en glo my, die gras
is baie groener in baie ander lande.
Maar baie belangrik om alles omtrent ‘n land, sy wette, mense te weet voordat jy net op pak……
Die belangrikster, leer die taal.

Ferreira ·

Stem saam met Vienna. Doen jou huiswerk en vat jou goed en trek Ferreira!!

Apie ·

Dis baie hartseer. Hoop geld word sommer gou gevind om hulle terug te bring. Sterkte Lana.

Paternoster ·

Nood is groot, ek kan nie nou nog honde ook help nie. My hulpgeld is min en ek sal eerder kinders of mense in nood help.

Yorkie Rescue South Africa ·

You are unfortunately not looking at the correct facebook page is is Yorkie Rescue South Africa!!! SA Yorkie rescue is a breeder and has nothing to do with Yorkie Rescue South Africa. Have a look again you will find all my post there.

Thanks for looking

Yorkie Rescue South Africa ·

Bless you for that, I am thrilled that you are able to help where you can.

Tom ·

Want in jou hart het jy net plek vir die dier. Hoop nie jy kom in die possisie waar jy hulp van mense moet bedel nie en dan agterkom die wêreld is ‘n plek stampvol mense met genadelose diere harte nie. Sterkte daar pellie!

Martin ·

Eerder diere in nood help as mense???? Is Julle vetraag of wat? Presies wat fout is met SA is mense soos julle wat so redineer. Help mense….. Daai mense kan diere help. Save the boer and the boer will save the rhinos

w ·

Vir wat na n land gaan waar jy ni eers die taal verstaan nie. Ek net baie jammer vi die hondjies

Ange ·

Ja nee ek stem. Ek is baie lief vir my klein wolhaar monster maar mens trek nie net sak en pak na n land wat jy glad nie ken en nie eers die taal praat nie.

Wraggies ·

Dis jammer dat jul ingedoen is. Maar regtig? Julle is besorg oor drie honde? Laat hulle uitgesit word – en laat al daai geld eerder kos vir honger kinders koop.

Astertjie ·

Stem heeltemal saam. Klink asof die mense nie baie geldwys is nie en ons moet nou in hierdie tye so geldwys moontlik wees.

Karma ·

@Wraggies & Astertjie – regtig??? Het julle kinders? As julle het, en ‘n tragedie soos hierdie tref julle, sal julle jul kinders sommer net so los of sal jul alles probeer om met hul herenig te word? Net omdat dit honde is, beteken nie die honde moet nou sommer maar net uitgesit word nie. Hierdie honde is dalk dié mense se ‘kinders’. En regtig, as ‘n spesifieke siekte nie binne ‘n land voorkom waar mense met hul honde gebly het nie, hoekom hulle toets daarvoor, as dit nie ‘n kwarantyn-risiko is nie? Ons regering moet darem wragtagwaar sy prioriteite regkry!

Reinhardt ·

Mense is die slimste diere op aarde, daai kinders kan vir hulself sorg, as hulle nie kan nie… wel dan noem ons dit maar natural selection. Diere aan die ander kant is onderdanig aan mense, hulle het ons hulp nodig, veral honde.

Andrea ·

Nonsens! Daai honde beteken vir die eienaars meer as al die honger kinders. My diere is my kinders en my familie.

Yorkie Rescue South Africa ·

It is not an option to destroy valuable life

Claire ·

It is because of attitudes like yours that I would rather help animals. So easy to say “kill the animals”, they didn’t ask to be here, and they get NO assistance from any government organization, these are all private rescue groups who still believe in the sanctity of life, ALL life. I have to worry about a person like you, who can solve a problem by just killing a sentient being.

Leon ·

Wraggies, jy is een van die redes hoekom ek partykeer meer van my diete as van mense hou! Diere is deel van ‘n familie, en verdien dieselfde bystand! Baie bly jy is nie ‘n vriend van my nie.

Henru ·

Wraggies, wens ek kan vir jou se wat ek dink van mense soos jy. “A nation can be judged on the way they treat their animals”, hoop jy ken die stelling, maar jou tipe maak my verstaan hoekom ons land is waar hy is.

jaco ·

Een ding val my op: “Die serwiese wette is baie streng – as ons nie ons visums hernu het nie, sou ons trunk toe moes gaan.” In SA egter kan ‘n buitelander bloot oor die grens stap SONDER ‘n paspoort en dan net bly en bly en bly en bly…

Johann ·

Jaco. Dit gaan oor AL die wetgewing in n plek soos Serwië wat toegepas word…veral die wat moet omsien na n land se resources wat primer voorsiening moet maak vir n land se eie burgers. Maar in ons liewe SA…als en almal welkom om te kom brand en breek en steel en aanteel en verwoes…en tronk .toe te gaan op jou en my rekening!!!!! Leka man!

Ange ·

Kan die honde maar nie net vir tyd en wyl by haar ma bly tot hulle hier op hulle voete is nie? Die berig is eintlik baie vaag oor hoekom die honde nou dringend moet terugkom. Hulle se hulle het hier nie eers n heenkome nie so mens se prioriteit moet mos nou eers wees om werk en blyplek te kry of hoe?

erna oliphant ·

Sorry some off us must stick to the job, shows grass not always greener on the other side no money for mahala. YOU not the first to start over and your mother is their let her look after the dogs.

Yorkie Rescue South Africa ·

She will be taking care of the dogs in the meantime but she too is relocating to SA so the dogs will be coming home

Sham ·

Hierdie klink na n slenter wat op ons seer harte vir diere probeer speel. Moet nie hiervoor val nie en help eerder kinders in jou eie omgewing.

Yorkie Rescue South Africa ·

our web address is http://www.yorkierescuesouthafrica.co.za this is not posted on our web as yet but it is on facebook under Yorkie Rescue South Africa, come and look for us there and you will see all the posts and all the research that has been done. This will enable you to make an informed assessment.

Sê maar net ·

Wraggies – net vir oulaas lees bietjie die artikel oor die hond wat saam met die stoet na sy ounooi se begrafnis gegaan het.

Yorkie Rescue South Africa ·

You are unfortunately not looking at the correct facebook page is is Yorkie Rescue South Africa!!! SA Yorkie rescue is a breeder and has nothing to do with Yorkie Rescue South Africa. Have a look again you will find all my post there.

Thanks for looking

Tannie ·

Dis hartverskeurend om nie genoeg geld te hê om almal te help wat nood het nie. Dus moet elkeen maar noodgedwonge prioriteite vasstel volgens eie gewete. Ek help eerder ‘n kind wat ‘n nieroorplanting nodig het om te kan bly lewe (haar mamma is bereid om ‘n nier te skenk), as om te help om die hondjies huistoe te bring.

Gert ·

Sterkte daarmee. Mense gee nie eers om vir mekaar nie, wat nog die weerlose dierekinders. Toe my dinge skeefgeloop het, het hulle van my geskinder dat ek ‘n eetversteuring gehad het omdat ek so brandmaer geword het. Die waargeid was dat ek nie kos gehad het in die huis nie. My foxie is dood. Sy laaste ete was my laaste bietjie droë rys. Toe ek gehuil het en mense gesmeek het vir bietjie kos vir my hondjie, het hulle die deure in my gesig toegeklap. Toe skinder hulle weer ek drink dis hoekom ek so huil. Enigiets om nie te help nie. Vandag nog sit hulle voor in die kerkbanke. Glo my die veiligste plek om te wees is in die kern van God se wil. Kom ons bid en vertrou op God dat die ander sowat R22400 spoedig ingesamel word en dat die babies spoedig by die huis sal wees.

Ange ·

Jinne Gert, jou storie klink baie hartseer maar wil jy vir my se die mense in die kerk wou jou nie help nie?! Het jy met die dominee van jou kerk gepraat? As dit die geval is moet jy mens laat weet presies watter kerk dit was.

Het jy darem nou reg gekom?

Dirk ·

Daarmee stem ek saam. Lekker om ‘n ander ou af te knou en te beskuldig in die week, maar sit Sondae vroom in die voorste kerk banke. Klink tipies soos meeste kerk mense daardie Gert. Nee wat, los die kerk uit. Daai duiwels gaan goeie mense net nog pyn veroorsaak. Ek aanbid die drie enige God sonder die inmenging van sogenaamde “Christene” met hulle agterbakse, rug steek maniere. Ek het nog altyd die meeste liefde, hulp en ondersteuning ervaar van mense wat nog nooit in ‘n kerk was nie. Die tipe mense wat Christene sommer 123 sal oordeel mos.

Hannes ·

Nou ja as jy dink god gaan alles vir jou doen dan sal jy sonder kos sit.

Ano ·

Ange, jy het duidelik nog nie probeer hulp kry by kerke nie. Glo my, hulle voel vere vir mense

Gert ·

Ek het weer reggekom dankie Ange. Nee die kerk het my nie gehelp nie, inteendeel, hulle het my van hulle sms inligtinggroep en whatsapp groep vir lidmate delete. Ek het maar aanhou gaan want daar was darem ‘n koppie koffie aan die einde van die diens, my enigste koppie koffie vir die week en daarvoor was ek dankbaar, al het hulle my soos ‘n melaatse behandel.

Gert ·

Mag dit nooit met jou gebeur nie Hannes, maar ek het so idee dit gaan en dan dink jy aan my Hannes en my foxi wat in my arms dood is. Ek wens jou net genade toe.

Marthie Spamer ·

Kom mense houop kritiseer asb dis nie n scam ni elke een van ons kan net n R100 afstaan selfs R50

what? ·

jinne vir daardie prys- koop nuwe honde… maar ek sal liewers geld gee vir honger kinders as vir honde om te vlieg! good luck with that!

Daan M ·

Ag nee liewe mense! Die Vader het mens mos darem gesonde verstand ook gegee? Dit moet BAIE sleg gaan in ons dierbare SA voordat ek Kanada se ysige sneeu, Australië se plat Engels of Nieu Seeland se modderige tuine vir son en vlaktes en bos en berge en vrolike, vriendelike mense verruil. Vanoggend het ek juis weer lekker gelag saam met ‘n rakpakker in Checkers oor sommer net ‘n ding wat in die winkel gebeur het. RSA bo! Zuma en al.

Bollie ·

Daan, jy’s reg. Suid-Afrikaners is oor die algemeen baie vriendelik en lag maklik. Hoe gaan daai liedjie: A stranger is just a friend you do not know. Ons moet net ‘n bietjie meer moeite maak om te kommunikeer. Ek knoop maklik geselsies aan met mense terwyl ek in ‘n ry staan in die supermark of waar ookal.

Bokkie ·

My plan : Miskien moet ma vir eers in Serwië bly en hondjies oppas. Wanneer daar R35000.00 vir hondjies se vliegtuigkaartjies en n kaartjie vir ouma terug Suid Afrika toe is, doen dit dan …… oh schucks – dan sit ons nog met die hondjies se inspuiting probleem ….. Sterkte met die fondsinsameling.

Jakoba ·

Die storie kling te dik vir ‘n daalder:
1. Is haar ma ‘n Serwier en hoe het sy daar gekom as sy nie een is nie.
2. As haar ma ‘n Serwier is hoekom verstaan haar dogter nie die taal nie.
3. Iets maak net nie vir my sin nie. Waar het hulle die geld gekry om terug te kom as al hulle geld gesteel was.

Jean ·

Sies julle mense kan vieslik wees. Julle verwag simpatie vir aanvalle in SA maar gee niks om vir mense se hondekinders wat nie gevra het om te trek nie en nou gestrand sit? Is dit regverdig om die doodstraf te kry oor ander se besluite? Is die mishandeling en verwaarlosing en dood van ‘n onskuldigde hondjie vir julle reg? Geen wonder die misdadigers regeer in SA nie. Dis mense se harteloosheid. Ek hoop beter mense as wat hier kommentaar lewer, skenk genoeg om hulle met julle te herenig. En ja ek is betrokke by animal rescue en sien wrede goed wat julle nie eers in nagmerries beleef nie. Beste is dat ouma na woefies omsien totdat hulle terug kan kom. Sy het tog permanent daar gebly dan nie?

Jean ·

Dis geen slenter nie. Webtuiste is real so ook hulle blad op FB. Werk al lank met hulle. Niks is n scam nie. As jy nie wil skenk nie moenie ander weerhou nie. Elke bietjie help.

PositieweHouding ·

Dit is nie ‘n scam nie. Die hele storie is op die Yorkie Rescue Facebook blad saam met die oorspronklike korrekte storie. Die ouma (nie die ma nie) is nog oorsee om na die honde te kyk, maar sy moet ook nou terug SA toe kom.

Verstaan nie hoekom mense kommentaar lewer oor “liewers die honger kinders voer” nie? Glad nie van toepassing hier nie. Klink soos daai mense wat trek na ‘n nuwe plek en dan sommer hul honde by die SPCA gaan aflaai. Ek sou ook enige iets gedoen het om my hond terug in die land te kry.

Snuf in die neus ·

Nee, ek weet nie. Hoe pas die ma in die prentjie? Iewers is daar ‘n slang in die gras.

Ken2 ·

Maroela, moet asseblief nie hierdie omskep in n platvorm waar enigiemand hulp vra vir iets wat nie ons eie mense se nood verlig nie. Gebruik aanroep vir hulpverlening spaarsamig.

Helene ·

Ek sou ook enigiets vir my hondekinders gedoen het. Mense kan so harteloos wees. Ek hoop die hondekinders word met hulle verenig. Sterkte!!

Petra ·

Ek voel jammer vir julle maar ek bring eerder my ma so gou moontlik terug as wat ek oor die honde sal bekommerd wees, net my gevoel

Paul ·

Daar is baie honger mense in SA samel eerder vir hulle geld in!!!!!!!!!!!

Engela de Klerk ·

Ag nee, regtigwaar, hoe kán mense so oningelig na ‘n ander land verhuis! Ons het destyds ‘n Immigrasie-prokureur gekontak om Kanada toe te verhuis en om nie deur slenters gevang te word nie. Jou hardverdiende SA-Rande is nikswerd oorsee. Moet nie dit en jou eie toekoms op die spel plaas vir kriminele nie. Jammer vir die mense, maar hulle moes beter geweet het.

Annatjie Kruger ·

Hoe immigreer ‘n mens na ‘n land as jy nie met die mense kan kommunikeer nie. En wat van die ma, sekerlik kon sy hulle hulp om met die mense te kommunikeer. Hoe lank is sy al in Serwië?

Erick ·

Om RSA vir Serwië te verruil is dieselfde as om Lesotho vir Transkei te wissel :O

Annatjie Kruger ·

Hoe immigreer ‘n mens na ‘n land waar jy die mense nie kan verstaan nie. Kon die ma nie hulp om die kommunikasie nie, hoe lank is sy al in Serwië?

Gideon ·

Ek verstaan nie die berig nie!!! Wie wil nou naby wie wees?? Daardie vrou op foto, wil sy naby haar ma wees wat al jare daar bly of wat?
Wie is nog oor in Serwië? Wat dan van grond wat gekoop is? Waar is daai bewyse en geld??

Suzie Jordan ·

Ek het alle simpatie en ek verstaan dat mens lief raak vir jou troeteldiere, maar ek sou eerstens probeer om my ma terug te kry? Jammer… ek oordeel nie, maar my mening.

Mauzi ·

En nou kom hulle in SA aan met 3 tasse en kom teer verder op belastingbetalers se geld? As woef en kie hier is,is die volgende seker die hartseer storie van hondjies wat nie kos het nie…..

jeannine ·

ja nie gaan nie na die oost europese lande nie niks anders dan bedriegers daar hier bij ons in west Europa kom hulle om te steel en moor en dan is hulle weg en as ook ook kan nog bietjie van ons staats kas geniet waar ons vir gewerk het hier in belgie ook varke daar

san ·

As almal, en soveel kostes bestee is om na n man te kon soek wat weg was en veilig terug is, kan mese wat kan mos help om hondjies terug te kry in SA. Die hondjies mos soos kinders. moet nie so harteloos wees!!

Lee ·

Ai die arme mense. Dis hartverskeurend. Sal bietjie op Yorkie rescue se blad gaan kyk hoe ons kan help. Diere lê baie naby aan my hart

Lyn ·

Van julle mense met jul kommentare is uiters onsensetief. Ek sal ook alles probeer doen om my 4voet kinders met my te herenig. Hul is lojaler as mense en gee net liefde. Ek hoop regtig die diertjies kan huistoe kom na hul mense toe.. Sterke aan julle..

Daniel ·

Dieselfe het met ons gebeur in Amerika, die immigrasie het ‘n fout gemaak met ons visas toe is die skielik ons skuld. Moes terugkom na niks, na 9 jaar terug nog niks want ons is wit, wat ons gehad is van ons gesteel deur familie, vertrou niemand maar jouself nie

Dier ·

Deel van die ondergang van blanke is omdat hulle die dier as kind sien, daarom het ons die laagste bevolkingsgroei van almal, ons raak al minder want ons dink diere is ons kinders.

Tammy ·

Ja, sorg maar vir die arm en hawelose kinders, dis hulle wat jou eendag as jy oud is kom verkrag en vermoor!!! Lees net gereeld koerante om die bewys daarvoor te kry…Ek gee geen geld vir die armes nie en ook nie kos nie. Hulle het my al oor en oor teleurgestel hoe meer jy gee hoe meer suig hulle jou uit. Diere is totaal van ons afhanklik, veral huidiere en geen dier op hierdie aarde het my al ooit teleurgestel nie.

Muis ·

Ek hoop tog net nie diesulkes met hul kommentaar teen diere het diere nie.

Tammy ·

Daniel ek stem saam met jou. Die arm mense wat ek vir jare versorg het, het my later besteel om nog meer uit my te kry. Ek vertrou geen mens nie, maar diere wel.

vicky ·

Ai mense moet darm altyd lelik wees… my honde is my kinders ook. Sterkte Lana en vir jou gesin. Mag God julle ryklik seen in SA

Ria ·

Jou honde is belangriker as jou Ma – skande. ‘n Hond is ‘n hond – daar is nie so iets soos ‘hondekinders’nie. ‘n Hond is ‘n troeldier.

Ig ·

Vroër was Yorkies bekend as pipe cleaners.Mees irriterende honde ras op aarde.

rina hartzer ·

Kyk nadat ek hier gelees het, help ek liewers daardie woefkinders om huis toe te kom, as wat ek n vinger sal veroer om n paar van die mense te help wat hier kommentaar gelewer het. En ek is bly ek is ook nie n paar van hulle se troeteldiere nie. Ek dink nie hulle diere kry die nodige sorg en aandag nie. Sal ook die honde laat le en doodgaan as om veaarts koste te hé.ek help eerder n dier as n mens, want die meeste mense is kansvatters of ondankbaar.

Dellaq ·

sjoe…as jy nie iets goeds te se het nie, se dit nie eerder nie(van ander mense). ‘n klomp lelike aanmerkings…ek hou maar my opinies vir myself. Mens is die vieslikste ding op aarde. Besteel, belieg,vermoor,skinder, haatdraend blah blah blah. Familie en kerkmense is van die ergste. Sterkte met julle fondsinsameling

danie ·

Ek het nie yorkies nie maar jack russels, en as ek in die tuin of waenhuis is is die twee reg langs my, geduldig le hulle , altyd bly om jou te sien, nooit kwaad vir jou of lelik nie, elke een het sy eie maniere en dingetjies wat hom uniek maak. Ek weet hulle is nie mense nie maar daar is n gesegte wat se “kyk na hoe n mens vir sy diere omgee dan sien jy wat se mens dit is” sterkte met die terug bring van die yorkies.

Elsa ·

Genees van webnuusblaaie wat nie ook harde kopie uitgee. Feite en taal onder verdenking.

anton ·

Ai ek kan verstaan dat mens geheg raak aan n troeteldier maar die dag as n mens meer omgee vir hulle as vir n mens met n siel, dan het die son onder gegaan vir die mensdom op aarde.
Ek wonder werklik hoe God ons nog kan verdra .

Lassie ·

Kry nuwe honde in SA, dit sal jou ‘n fraksie van die prys kos en jy kan ten minste finansieel bietjie voor kom. Waar is die logika?

Diereliefhebbers ·

Ek ken baie mense wat liewer geld skenk vir diere as vir kinders wat nie kos het om te eet nie. Dis gewoonlik die mense wat vir almal op sosiale media wil wys hoe lief hulle vir diere is en hoeveel passie hulle het vir diere. Ek het net een boodskap vir hulle, wag tot jou kind of n familielid se kind kanker het, of ‘n duur operasie moet kry om sy lewe te red… dan wys ek julle hoe skenk ek geld en hondepille aan al wat n animal welfare is. Julle maak my siek. En dan is dit so dikwels ryk mense wat talle onskuldige kinders se lewens kan verander, wat so afgunstig en suinig is, maar nie skroom om aan animal welfare te skenk. Dit als vir ‘n “dankie sê” post op facebook, bietjie publiekasie…. Ego ego ego

Lynni ·

Party mense is darem wreed. Ek het al amper gedink dit is die plaasaanvallers wat kommentaar lewer. (As dit nie vir die Afrikaans was nie). Hou op die mense beledig. Niemand dwing jou om geld te gee nie. Ek hoop die honde kan terugkom.

Kerkafbrekers ·

Die berig het noual oral n draai loop maak. Van die honde tot die skoonma tot die kerk. Soos ek hier skryf. Sit ek in n kerk se kamer met my vrou en 2 kinders. Ons het ook na n buur land geemmigreer en als verloor(a.g.v. n kamtige werk wat nooit gerealiseer het nie). Kom ek kom op vir ons kerk(NG kerk) in die buurland asook in SA. Ons was nie die grootste kerkgangers gewees nie en moes ons tot hulle wend vir akkommodasie en kos. Nie ek of my vrou het werk gehad nie tot gister. My vrou het na 10 maande werk gekry! Die 2 kerke het ons onvoorwaardelik gehelp met blyplek,kos en klere! Ek is jammer,maar alhoewel ek ook n groot diereliefhebber is,moet daar geprioritiseer word. Die lewe is baie onvoorspelbaar,maar God is my getuie. My familie kom eerste en dan indien moontlik die res as dit by oorlewing kom. Voel jammer vir die diere,maar ek dink nie die mense sit rerig in so groot knyp nie!

ekke ·

hello julle, ek bly oorsee, maar wil graag suid afrika toe om te gaan bly, ek het n man en drie kinders en n ou hondjie, sal julle vir my kan doneer asseblief?
baie dankie vir almal wat gaan help, as ek daar is sal ek vir julle almal nooi vir koeksisters en koffie, baie dankie almal

Liza ·

Ek gaan seker nou gestenig word maar die is belaglik! Kom oor dit! Daar is baie erger dinge in die lewe!

Hondjie ·

Dankie julle almal, ek geniet julle opinies vreeslik, julle maak my Vrydag sommer lekker !!
Ek wil graag my drie honde vir ‘n vakansie vat, soek geld asseblief, ek het net genoeg vir my vrou en eie kinders, kort nog so R10 000

Marietjie ·

Ek sit so deur almal se kommentare en lees en kan maar net my kop skud. Mense, julle is ongevoelig en ek is dankbaar julle is nie vriende van my nie. Ek gee bitterlik baie om vir diere EN mense maar om geld in te samel vir honger kinders, jammer!!!!!!! Hulle sit oral en bedel by sentrums vir donasies vir honger kinders en wie dink julle kry die kossies??? Ons nasie se kinders?? Nee dink weer…ek help ook eerder diere dan weet ek tenminste die geld gaan vir diere. Honde is die mees lojaalste en eerlikste spesies wat ooit geskape is. Hulle sal jou nie om elke draai bedrieg, belieg en vermoor op die skelmste en wreedaardigste maniere nie . En dan die wat praat van die slang in die gras…REGTIG???? Die ma is belangriker as honde…. Waar het jy dit gelees? Nie in die berig hierbo nie.. Jou lewe is seker uiters vervelig dat jy net die verkeerd sien in ander se verhale, miskien is jou verhaal na die buite wereld ook met `n paar dosyn slange in die lang gras, die dat jy nie ander vertrou nie, die wat self agter die deur staan van lieg en bedrieg. Ek wens die mense sterkte toe en hoop werklik met my hele hart hulle kry hulle hondjies terug by die huis.

M'Lady ·

Ek skaam my vir die kommentare hierbo. Afrikaners is selfsugtige,, self-gesentreerde mense. Het nooit saamgestaan nie en sal nooit saamstaan nie. Hoop nie die negatiewe kommentators het diere nie, want hulle is seker buite vasgemaak met geen menslike interaksie nie. Honde sal hulle lewe gee vir mense. Ongelukkig kan dieselfde nie van mense gese word nie.

Charmaine ·

Kan iemand asb vir Radio Jakaranda skakel ivm met geld insameling vir hierdie mense se diertjies?? Dis gewoonlik met hulle oggend show tussen 6 en 9 wat hulle met Good morning Angels so geld insamel. Asb hulle het al baie mense gehelp in nood en ek glo hulle sal alles in hulle vermoe doen om te help. Daar kan dalk genoeg ingesamel word op die show om vir ma ook hier te kan kry. Sterkte as ek die geld gehad het sou ek dit sommer betaal het want my diere is my lewe en ek sou ook mal van bekommernis gewees het en van verlange!!

Gerhard ·

So die klomp honde moet agter bly in Serwie, waar is die nood? Kinders wat nie kos het om te eet of plek het om te slaap nie is nood, nie die twak nie.

Andrea ·

Regtig Gerhard? Iemand met so n mooi naam wat so harteloos is. Hoop nie jyt diere nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die een hondjie is ‘n Jack Russeltjie. Sal hy ook deel in die Yorkie hervestiging as daar genoeg geld is? Gerhard ek neem aan jy het as kind nooit ‘n troeteldiertjie gehad nie. So jammer as mense soos jy dalk wel eendag kinders het en jou “tradisie” voortsit. Of het dinge later in jou lewe in ‘n aweregse baan beland?

Teesee ·

Ek sou nie dink daar is iets fout met die instansie wat hirdi mense wil help om hulle honde trug in SA te kry nie,want hirdi instansie is spesifiek om diere te help.Daar is wel ander instansies wat mense help wat in nood verkeer,meer as een.Baie mense spandeer meer as R50 op koeldrank of sjokolade en chips,,kan mens dan nie bietjie van hierdie geld dan afstaan op die hondjies nie – liefde beteken om iemand anders te wil help,al gaan dit oor haar diere.As mense R50 of R150 spandeer op drank,koeldrank ens ,dan dink hulle nie,dat hulle eerder dardie geld vir honger kinders moet gee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.