SA gimnastiekheldin in motorongeluk

Mandy en Bianca Zoonekynd. Foto: Facebook.

Bianca Zoonekynd, een van Suid-Afrika se top-tuimel-en-trampoliengimnaste, was Maandag in ʼn motorongeluk in Port Elizabeth betrokke.

Die ongeluk het 15 km van die gesin se huis in Theescombe plaasgevind. Zoonekynd (25) het slegs ʼn paar dae gelede nog aan die Wêreldspele in Pole deelgeneem.

Sy het Suid-Afrika goed verteenwoordig en onder meer vyfde en sewende in haar items geëindig. Zoonekynd het in 2015 ʼn silwermedalje tydens die Wêreldspele gewen. Dit was dieselfde jaar dat haar ouerhuis afgebrand en sy ʼn rugbesering opgedoen het.

Zoonekynd was glo Maandag op pad na ʼn vriend wat slegte nuus ontvang het.

Mandy Zoonekynd, Bianca se ma, het gesê haar dogter het glo vir ʼn bok uitgeswaai en beheer oor die motor verloor. “Die motor het omtrent vier keer gerol en sy is uit die motor geslinger.”

Sy sterk tans aan in die hospitaal. Twee van haar ribbes is gebreek en sy het ʼn gat in een van haar longe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Annette Stander ·

Baie jammer. Vertrou sy sal spoedig en volkome herstel

Liza ·

Sterkte en word gou gesond, bid vir volkome geneesing vir jou……..

My mening ·

Weereens ‘n bewys hoe daar in SA voorkeur gegee word aan sekere sportsoorte. Dit skyn asof Maroela ook nie vorige prestasies van haar oor berig het? Ironies dat dit haar ‘n tuimel uit ‘n voertuig gekos het om die leser se aandag te trek en ek is nie sarkasties hieroor. Meisie, mag jy ten volle herstel om jou sport/gimnastiek verder te mag geniet.

J ·

Glo en sien die sukses in jou toekoms geen en niks kan jou terughou met jou geliefdes se liefde en ondersteuning en JESUS se KRAG is ALLES moontlik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.