SA glo binnekort van Britse rooilys

Satsa het ʼn hernieude beroep op Brittanje gedoen om Suid-Afrika van die land se reisrooilys te laat verwyder. (Argieffoto: Satsa)

Suid-Afrika sal na bewering binne die volgende paar dae van Brittanje se reisrooilys verwyder word.

’n Regeringsbron het aan die Britse publikasie The Telegraph gesê Brittanje se lang rooilys van 54 lande sal na verwagting in die komende week drasties verkort word.

“Ons verwag ’n skerp afname in die rooilys. Daar kan selfs net nege lande op die lys oorbly,” het die bron gesê.

Lande wat volgens die bron van die lys verwyder word, sluit in Suid-Afrika, Meksiko, Brasilië, Kaap Verde en Indonesië.

’n Tweede bron het ook aan The Telegraph bevestig dat die Britte se reisrooilys “aansienlik” verkort gaan word.

Die beweerde veranderinge, wat voorsiening daarvoor maak dat volledig ingeënte reisigers die betrokke lande kan besoek sonder om by hul terugkeer na Brittanje te isoleer, sal na verwagting Donderdag aangekondig word nadat die huidige lys hersien is.

Volgens die regeringsbron wil Britse ministers steeds beperkings handhaaf om Britte teen Covid-19-variante te beskerm hoewel die regering ’n reisbeleid wil vermy wat “onnodig beperk” is.

“Teikenkwarantyn sal bly, maar op minder plekke,” het die bron gesê.

Die verkorting van Brittanje se rooilys sal ongetwyfeld op tuisbodem verwelkom word.

Dít ná beroepe vanuit verskeie oorde om Suid-Afrika van die land se reisrooilys te laat verwyder. Dié lys word gebruik om die risiko van Covid-19 in verskillende lande aan te dui.

Suid-Afrika se voortgesette insluiting op die rooilys is vroeër vandeesweek weens die land se lae infeksiekoers as verregaande bestempel.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrika het ook sy derde vlaag infeksies agter die rug en die somervakansie lê voor – spitstyd vir Britse besoekers. Britte is boonop die grootste groep besoekers aan Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Zara

Hoogtyd!

JohanR

Self was al die poorte oop gegooi kon ek nog nie bekostig om naby Engeland te kom nie. Vandag Rand teen pond is R20.13c vir een pond. As jy nou gou jy R100000 jaarlike vakansie geld vat vir die buiteland en by die Koningin gaan kuier, kry jy maar R4967.70c.

Jaco

Beteken dit dat die ANC nou SA se rassistiese wit mense met hulle wit monopolie kapitaal gaan deporteer? Eks bereid om te gaan, met net die klere aan my lyf. Die Verenigde Koninkryk en die res van Europa is SONDER:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys waar leerders onderwysers mag aanrand
Regstellende aksie
En en en
My lys is eintlik BAIE langer

Johann

Alle sterkte. Maar onthou ons begin nou by die stam gebondenheid kom, wat ook “anderkant ras” is, maar meer te doen het met die “stamme” in verskillende dorpe. Mens sal oplet in meer en meer vergaderings dat groot maatskappye dit nogal ondersteun om nie ‘n werknemer met ‘n adres in Mamelodi stuur om werk te doen in Soweto nie, en ook nie ‘n persoon met adres in Benoni na enige bogenoemde adresse om werk daar te doen nie. Werk en beweging word nou baie kleiner en meer tot die punt verdeel.

Piet

Hou SA op rooilys tot anc tot n val kom!!!!!!!