Die Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet, Wayde van Niekerk (24), is verloof.
Van Niekerk het Donderdag ʼn kort video op sosiale media gedeel waarin hy sê: “Sy het ja gesê”.
Die meisie van sy drome, Chesney Campbell, wys dan vlugtig haar hand, met die ring aan haar linkerringvinger. Hulle verklap nog nie veel van waar en hoe hy die ja-woord gevra het nie.
Gelukwensings vir die paartjie stroom uit alle oorde in.
Van Niekerk het in Augustus geskiedenis gemaak toe hy die 400 m in ʼn nuwe wêreldrekord by die Olimpiese Spele in Rio gewen het.
Hy is as Sportster van die Jaar vir 2016 bekroon danksy sy gouemedalje-vertoning by die Olimpiese Spele. Hy is ook as Sportman van die Jaar aangewys, ʼn eer wat hom verlede jaar ook te beurt geval het.
Verlede week het nog ʼn Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioen, Cameron van der Burgh, sy verlowing aan Nefeli Valakelis aangekondig.
— Wayde van Niekerk (@WaydeDreamer) December 29, 2016
Baie geluk. Mag jul toekoms saam geseend wees en die beste nog wag vir julle. Geniet dit.
Bid julle Godsrykste Seën toe op julle pad vorentoe. Baie geluk.
Pragtige paartjie! Hartlik geluk!
My oupa-grootjie was ook ‘n 440 tree atleet. In 1936 het hy by Bothaville die boeresport 100m vir mans gewen………..en my ouma die koekroller gooi!!!
Baie geluk! Wat ‘n heerlike manier om 2016 af te sluit en 2017 te begin – alles van die beste!!
Baie geluk met julle verlowing
Baie geluk jul 2 God rykste seen op jul. Pas mekaar goed op. Wees net lief vir mekaar, en beskerm mekaar. Wayne ons is baie trots op jou. Hou jou voet plat op die aard, bly nederig.