SA groep toegang in Zimbabwe geweier

Freshly Ground

Freshly Ground

Die Suid-Afrikaanse musiekgroep Freshly Gound is Sondag toegang na Zimbabwe geweier waar hulle tydens die afsluitingseremonie van die Harare Internasionale Kunstefees sou optree.

Die land se Southern Eye-koerant het Maandag berig die groep is by die Harare Internasionale Lughawe toegang geweier nadat hulle van Johannesburg daar geland het. Volgens die koerant is daar nie ʼn rede verskaf waarom die groep toegang geweier is nie.

Die groep se hoofsanger, Zolani Mahola, het tydens die 2010 Sokker-wêreldbekertoernooi internasionale roem verwerf toe sy die wêreldbekertemaliedtjie, Waka Waka (This Time for Africa), saam met die popster Shakira opgeneem het. Die liedjie volg onderaan die berig.

Freshly ground is in 2010 ook verbied om in Harare op te tree nadat hulle ʼn liedjie, Chicken to Change, vrygestel het wat die gek skeer met die land se president, Robert Mugabe. Die liedjie versoek Mugabe om die “held te wees wat hy was” deur uit te tree as president. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.