SA grondkwessie maak opslae in Australië

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die parlement van die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis het gister in Sydney eenparig ’n mosie aanvaar wat onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika teenstaan.

Die mosie lui dat die deelstaat se parlement “enige en alle oproepe vir moord op, marginalisering van, vervolging van of teikening van enige rassegroep in die Republiek van Suid-Afrika veroordeel deur enige amptenaar van die Suid-Afrikaanse regering, en dat die parlement ook enige wet veroordeel wat enige grond op ongeregverdige wyse van enige individu onteien sonder regverdige, regmatige en redelike vergoeding.”

Die mosie is die eerste amptelike standpuntinname deur ’n buitelandse regering teen onteiening sonder vergoeding.

Die mosie stel nie in hierdie stadium enige aksiestappe voor nie, maar dit is belangrik, want dis sover bekend die eerste keer sedert die afskaffing van apartheid dat ’n buitelandse moondheid ’n amptelike besluit teen ’n Suid-Afrikaanse regeringsbeleid neem.

Die mosie was aanvanklik veel langer en het spesifiek beweer dat wit Suid-Afrikaners deur die regering geteiken word omdat hulle wit is. Die oorspronklike mosie het ook vir mnr. Julius Malema, leier van die EFF, veroordeel en verskeie van sy aggresiewer anti-wit-uitlatings in soveel woorde aangehaal.

Die oorspronklike langer mosie is voorgestel deur mnr. Fred Nile, ’n lid van die klein en uiters konserwatiewe Christen-Demokratiese Party. Die verkorte mosie, wat aanvaar is en fokus op alle rassediskriminasie, nie net anti-wit-rassediskriminasie nie, is voorgestel deur mnr. Don Harwin, die deelstaat se minister van hulpbronne, energie en die kunste. Hy is ’n lid van die Liberale Party, wat saam met die meer behoudende Nasionale Party in ’n koalisieregering aan bewind is in Nieu-Suid-Wallis.

Een van die grootste verskille tussen die mosie wat uiteindelik aanvaar is en die een wat uitgestem is, is dat die langer mosie spesifiek die Suid-Afrikaanse regering en die EFF veroordeel as sou hulle reeds verkeerd wees, terwyl die aanvaarde mosie dit nie doen nie.

Die oorspronklike mosie het dit as ’n feit gestel dat Suid-Afrika ’n politieke kultuur van rassistiese geweld het, en het baie spesifieke klem op die verskriklikheid van plaasmoorde geplaas. Dit wou die regerings van Nieu-Suid-Wallis en van Australië verplig om die kwessie met die Suid-Afrikaanse regering op te neem, en om hulle oor wit Suid-Afrikaanse plaasboere te ontferm. Sulke aspekte het weggeval in die mosie wat uiteindelik aanvaar is.

Die belangrike in albei mosies is egter dat sterk stelling ingeneem word teen onteiening sonder vergoeding – en dit van ’n belangrike Suid-Afrikaanse handelsvennoot, ’n ekonomies sterk moondheid en ’n leidende medelid van die Britse Statebond.

AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het die mosie verwelkom.

“Dit is ’n besliste waarskuwing aan die regering van pres. Cyril Ramaphosa dat die buiteland bewus is daarvan dat die regering uit twee monde praat – in internasionale forums belowe die president ’n goeie en ekonomies sinvolle proses, maar in die binneland word gedreig om grond net af te neem.

“Hoewel AfriForum niks met hierdie mosie te doen gehad het nie, verwelkom ons dit as ’n teken dat Suid-Afrikaners wat oorsee woon, die kwessie moet opper en sorg dat hul politieke verteenwoordigers daar in die buiteland druk plaas op die Suid-Afrikaanse regering om nie te onteien sonder vergoeding nie.”

“Dat hierdie mosie aanvaar is, wys dat Suid-Afrikaanse kiesers in Nieu-Suid-Wallis genoegsame druk op plaaslike politieke leiers geplaas het om standpunt in te neem teen ’n ander land (Suid-Afrika) se binnelandse beleid. Dit is ’n ongewoon sterk stap,” het Kriel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Die Stem ·

Klein ligstraal in n baie donker tonnel.
Goeie nuus!
Baie dankbaar!

Celtis Africana ·

Ek het nie in my wildste drome kon dink so iets is haalbaar nie!
Wys jou net, die buitelandse aktivisme lewer gewis resultate, beter as wat ooit plaaslik behaal kon word.
Mag die aktivisme verskerp tot n wêreldwye aanslag op die tirannie wat ons beleef.

PJC ·

As jy kinders en kleinkinders het wat in Australie woon is dit goed om te te sien wat die mense se siening van die gemors in ons land is.

Siekensat ·

Dit is tyd dat die lande wat regtig omgee vir SA ‘n slag sanksies instel totdat hierdie malligheid van grondondeiening sonder vergoeding iets van die verlede is.

Gooi wal! ·

Australië is net bang hy gaan met ‘n paar miljoen (meestal bejaarde) vlugtelinge op sy stoep en welsyn opgeskeep sit. Almal hardloop mos daarheen.

Amelita ·

Toe nie, as jy ouer as 45 is kan jy nie inkom in Australia al het jy n paar miljoen.

lerato ·

Sal die buitelandse mening druk op die ANC uitoefen. Ek glo nie
Sal die buiteland militêr infgryp. Ek glo nie.
Wat sal dan help?
As Afriforum se goed bedoelde uitreiking daartoe bydra dat boere finansieel gehelp word om hulleself te beskerm, glo ek dit sal help. Bv die aankoop van koeëlvaste baadjies, fondse vir omheining, drones ens.

Corne ·

Komaan nou, sien dit vir wat dit is, jou pessimisme staan niemand aan nie.

Lana ·

Ou Bert, jy gaan nog jou woorde sluk, want hierdie is nog net die begin.

Gerhard ·

Ek dink hulle verwag so iets en is besig om daarvoor voorbereiding te maak.

jaco ·

let op: die mosie is onder andere te danke aan SA kiesers in New South Wales wat druk op hulle parlementslede uitgeoefen het.
Kom daar egter n verkiesing in SA, dan kry die Vryheidsfront maar net elke keer minder en minder stemme: 1 miljoen nee stemme in 1992 af na 425 000 vir die vryheidsfront in 1994 en 20 jaar later staan die stemme maar op 170 000.
Dis mos lekker om net te kla oor alles wat so verval, te kla oor plaasmoorde, te kla oor onteiening sonder vergoeding, maar kom dit by stem dan skitter ons eie mense in hulle afwesigheid. Ek WEIER om te glo dat die VF-Plus se aantal stemme daal omdat mense wat soos hulle dink, almal dood is of almal in die buiteland is of almal nou vir die DA stem.

ZAR ·

Toemaar Jaco ek dink die Afrikaners se oë is oop, en nou sien almal regdeur DA.

What a joke! ·

Stank vir dank met jou ne…
Baie Suid Afrikaners hier in Australia het familie daar in korrup Suid Afrika en wil help en wat se jy??? Ondankbare wese jy…Miskien verdien jy maar swaar kry daar!

Kalahari Kind ·

Die VF moet baie dringend ‘n nuwe, dinamiese leier kry wat mense kan aantrek na die VF. Die huidige leier is glad nie dinamies genoeg nie en skep self die indruk dat hy maar net aanvaar en Gods water oor Gods akker laat loop. Mens hoor net van hom so in die aanloop tot ‘n verkiesing. Met ‘n jong, sterk uitgesproke leier en goeie bemarking wat Afrikaners weer bewus kan maak van waarvoor die VF staan (soos selfbeskikking) kan hul BAIE stemme werf in ‘n paar maande. Die huidige leier boesem nie vertroue in nie.

LB S ·

Jaco, dit is so jammer dat jy en baie ander in ‘n droomwêreld leef om te dink, al stem AL wat ‘n blanke is vir VF+ ons steeds nie genoeg is teen die massas om ‘n verskil te maak nie. Daarom moet ons saam met die DA beweeg om die GROOTSTE OPPOSISIE ten minste te kan bly en nie die EFF daardie kans gee nie. Almal wat so gal braak oor die DA – kom by!!!
Dit is ‘n party vir ALLE Suid-Afrikaners! En hulle erken hul foute en maak dit reg! Onthou tog asb dat julle in AFRIKA woon en dat die dae van alles wat goed is net vir die blankes vir altyd verby is. Gun ELKEEN ‘n plekkie in die son! Werk SAAM aan ‘n nuwe SA.

Zirk ·

LB S
Jy leef in n waan as jy dink die DA voel iets vir die Afrikaner.

Los die DA en stem vir n regte party wat die Afrikaner se belange op die hart dra.

Kobie ·

Interessant dat dit dieselfde lande is wat destyds sanksies teen SA ingestel het om die ANC aan bewind te kry, hoe praat hulle nou so?

Rupert Ashford ·

Dit was Bob Hawke se Arbeidersparty regering wat die sanksies en regeringsverandering gedryf het. Hulle is vandag ook, soos hulle Britse, NZ en Kanadese Liberals (en moenie die Amerikaanse Demokrate weggooi nie) ‘n perd van ‘n ander kleur.

PW ·

Die huidige regerings is nie noodwendig dieselfde regering wat destyds sanksies uitgevoer het nie.

Msp ·

Uitstekend, dankie vir almal se harde werk in die verband. Ek hoop en bid dat alle blankes en ander minderheidsgroepe sal inval by AfriForm en Solidariteit. Die wêreld het begin om hulle raak te sien en hulle gaan nog ñ groot verskul in die land aanbring. Ook moet Suid Afrikaners wat reeds in ander lande woon aanhou met hulle goeie wêrk. Dankie omdat julle nie weg is en van ons vergeet het nie.

Cherokee ·

Kobie en PW, wat ‘n rol mag speel, miskien moet ek sê beslis ‘n rol speel, is dat tegnologie die wêreld kleiner gemaak het. Hulle is nie meer afhanklik van boodskappe wat deur koeriers aangedra word nie maar sien wat aangaan.

‘n Tong in die kies gedagte –
as dit gaan maak dat Australië aan Suid Afrikaanse boere emigrasie-voordele verskaf, moet ons almal nou grondeise instel!

Adam ·

Cherokee, ek hou van jou argument. Die wereld is inderdaad so groot soos ‘n studeerkamer en die res van die wereld, alhoewel traag om dit te doen, sal nie sommer weer die gemors wat in Zimbabwe plaasgevind het, laat herhaal nie. Net soos destyds toe ‘n golf van sanksies teen apartheid in SA gevolg het, sal die ANC regering deur sy eie golf van sanksies getref word in die volgende dekade: di indien hulle kan slaag om aan bewind te bly. Jou verwysings na “koeriers” is interessant. Dit is meesal onproduktief soos ons weer met die Roets geval gesien het. Boere rapporteer reeds die kansellasie van aanbiedinge op hulle grond na die publikasie van die sg onteieningslys wst hulle groot skade berokken. Die regering het mynbou in SA verwoes en hulle is op die punt om landbou te verwoes, iets wat ‘n katastrofe sal wees. Ek sou graag wil sien dat ons delegasies na die buiteland stuur, maar dat dit nie aan die groot klok gehang word nie. Dit is veel beter om “ondergronds” te werk.

Cherokee ·

Dankie Adam, vir jou ondersteuning. Ek hou op my beurt van wat jy sê wanneer jy praat van ondergronds werk want, as dit aan die groot klok gehang word is dit oop en bloot om afgeskiet te word deur die vyand.

nico lodewyks ·

Dankie Australie. Ek hoop ons verander ons negatiewe houding oor hul rugby en krieket.

Susan ·

Australië se mosie beteken nie veel vir ons wat daagliks die realititeit in die gesig moet staar nie. Almal kan stof wolkies opskop, maar dit verander nie die realiteit waarin ons verkeer nie. Hierdie probleem is baie groter as wat almal dink dit is.
Moet nie te relaxed wees nie, jy gaan met jou broek afgevang word op die enkels. Berei jouself voor vir die onteining sonder vergoeding, aldus nie vandag of môre nie – maar wel in die nabye toekoms.

Callie ·

As die eenvoudige blanke, wat weier om van sy rusbank af op te staan, met sy alewige negatiewe kommentaar net wil wakker word. Hemel, ondersteun iets soos die. Dis klein maar dis positief. Beteken meer as die ruggraatloses se kommentaar. Julle wat nou so negatief is. Wat doen julle. Gee julle oplossings. Enige een met n bietjie verstand weet waar ons is. Die met baie verstand waardeer wat die berig oor gaan.

Thomas ·

Baie dankie Susan, dit is net so. Ons mense moet realiteit in die gisig staar en vir onself voorberei.

Jan ·

Mag daar iets positief voortspruit hieruit en miskien ‘n einde bring aan die dwaasheid wat in hierdie land voortbeur

Die Verlore Skaap ·

Dit is baie goeie nuus !!!
Die gety draai.
Dis iets.

hotti ·

baie dankie vir die goeie berig maroela media….uitstekend….dankie afriforum vir julle goeie werk..dankie australia dat julle begin kennis dra van die genocide ,volksmoord op blankes in suid afrika….aan my volksgenote..hou moed…hoe groter die aanslag van die anc teen die witman..hoe gouer wink vryheid in ons vaderland.ons Boerevolk gaan die wa deur die drif trek

humor ·

Jaco, daling in stemme is maar net tekenend van die moderne Afrikaner sonder die vaste fondamente van volksbesef en Godsbesf. Dit is n diep put waaruit ons gelug moet word.

1+1 ·

“Moet op prinse nie vertrou nie” “Leiers het mag, maar eiebelang en korrupsie maak hulle magteloos. Hierdie waarheid weerklink deur die Ou Testament en is vir ons ook ‘n boodskap, vir vandag. Mense het skynbaar nog nie geleer nie. Politici is nie verlossers of instrumente wat heil kan bring nie”

Buda ·

En hierdie slim Jan sleep sowaar die ou testament by n stukkie goeie nuus in. 50 rantjies vir jou

Afrikaanse Knaap ·

Ek myself veroordeel ook alle moorde op enige Suid-Afrikaner, in besonder ANC raadslede in KZN, blanke Afrikaanse boere, vroue en veral kinders, ou mense en ook die wat nie na hulleself kon omsien nie, wat die SA regering erg in die steek gelaat het met Esidemeni.
Ek verag die regering van die dag dat hulle niks hieraan doen nie, en dat hulle net meer en meer van my belasting geld aanwend om hulle persoonlike sekuriteit op te skerp.
Ek veroordeel ook alle diefstal van enige persoon, of dit nou ‘n selfoon if of ‘n R30 miljoen Eskom bonus wat hy nie verdien nie. As ‘n man ‘n stuk grond gekoop het en hy het die kwitansie daarvoor is dit syne. As die staat nie ons lewe en ons eiendom beskerm nie, watse nut het ons vir die staat?

Kiwi ·

Eindlik probeer ons net dit reg kry dat die regeurings in NZ & Aus dit vir julle ( ons mense) sal makliker maak om te immigreer. Sanksie en ander aksies sal dinge net vererger vir julle. Hoe meer druk op die SA regeuring hoe moeiliker maak dit vir julle. Ons probeer liewer simpatie vir die situasie kry en dis n moontlike uitweg.
Baie sterkte aan die laaste geslag Afrikaners.

Cherokee ·

…… laaste geslag Afrikaners. Wat ‘n vreeslike gedagte… maar die felheid van jou woorde neem nie die realisme daarvan weg. Eerste keer wat ek so daaroor dink.

Gerhard ·

Daar is twee groep in die ANC, beide ten gunste van herverdeling/onteiening van grond. Beide sal nie stop voor hulle dit uitgevoer het nie. Die radikale groep sal dit doen en klaar kry. Hulle weet wat die nagevolge is en is bereid (net soos voorheen) om die pyn te vat. Die minder radikale groep weet ook wat die nagevolge is en is ten gunste van ‘n stadiger proses wat minder pynlik is. Kom ons noem dit die padda in die pot strategie. Hulle is egter nou onder groot druk en moet resultate lewer of ondergaan. As hulle ondergaan gebeur wat die meer radikale groep wil he in elk geval. So hulle bestuur die bus maar self en probeer dit so doen dat die skade die minste is. Dit is al.

Ha ha ha! ·

Komaan julle, dit beteken absoluut niks vir ons land nie. Geen parlementslid steur hulle aan enige iets wat die buiteland sê nie, hulle soek net grond en wil nie daarvoor betaal nie.. PUNT!!

Johan ·

Soos ons sê: “die wiel draai” . Sal dit beteken dat wit Suid Afrikaners vlugteling status kan kry?

FM ·

Julle ou klomp negatiewes het verloor nog voordat julle nog opgedraf het. Met sulke negatiewe mindrewaardige spelers sal geen afrigter hond haaraf maak nie. Ons ander vasbyters sal druk uitoefen.Die negatiewes besit seker nie grond of eiendom nie. Ruk julle reg en maak julle deel van n wenspan. Om te wen, moet jy positief, gedetermineerd en slim speel.

Gerhard ·

Om te wen moet jy ‘n plan he wat kan werk, nie jouself oortuig ‘n onuitvoerbare plan wat maklik klink kan werk nie. Dit gaan ook nie meer werkbaar word omdat jy die wat van jou verskil probeer stilmaak deur hulle negatief te bestempel nie.

Willem ·

Ek lees nou in Beeld, talle LP’s, onder wie ministers, besit luidens die parlement se jongste bateregister plase en groot stukke grond.

Nie een loop die gevaar om ’n deel daarvan sonder enige vergoeding te verloor as Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en ANCvoorsitter, sy sin oor ’n grondperk van 12 000 ha kry nie. Nie ’n enkele LP of minister verklaar grond van meer as 12 000 ha in die Register vir Ledebelange vir 2017 nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het verreweg die meeste bates in die afdeling vir grond en eiendom in die register aangegee met sowat 30 meenthuise in Johannesburg en twee woonstelle in Kaapstad.

Hoewel geen plaas onder sy naam aangedui is nie, meld die register wel dat hy ’n direkteur is van maatskappye wat by wild- en beesboerdery betrokke is. Hy is ook die direkteur van vier slagplase.

Die grootste plaas in die register is dié van dr. Joe Phaahla, adjunkminister van gesondheid wat ’n “weidingsplaas” van 200 ha by Marble Hall in Mpumalanga besit. Gugile Nkwinti, minister van water en sanitasie, besit twee plase en ’n kleinhoewe buite Grahamstad van onderskeidelik 103 ha, 5,77 ha en 3,1 ha.

Gerhard ·

Ek vermoed dit kan vinnig die pad van Zimbabwe loop en daar kan heelwat meer op daai lys verskyn.

Judge Dredd ·

Kan ons asseblief President Trump kry om dieselfde te doen.

lerato ·

Net om vir myself ‘n beeld te kry van die omvang van ‘n 12000 hektaar plaas, het ek na die Kruger Nasionale Park gekyk. Die KNP beslaan 19,458 vierkante kilometer(wikipedia). As een vierkante kilometer ‘n 100 hektaar is, dan kan sowat 16 plase met n omvang van 12000 hetaar uit die KNP gesny word.

Word dieselfde toegepas op die Noord-Kaap, kan sowat 32 plase met hierdie omvang uit gesny word.

So bottom line. Boere hulle gaan nie julle plaas vat nie.

MAAR

Beskerm jou en jou gesin se lewens ten alle koste

Willem ·

Per jou som hier bo: as ek reg het is 19,458 gedeel deur 120 vierkante kilometer (12,000 ha) = 162.15

lerato ·

Hallo Willem

Ek sal nou nie myself uitgee as ‘n wiskundige nie.

Miskien kan nog ‘n slim ou help

Gerhard ·

So die grootte van die Kruger Wildtuin het iets te doen met of hulle jou grond gaan vat of nie? Regtig? Vir die wat wonder, daar sal heelparty boere wees met grond groter as 12000 hektaar.

Afrikaner ·

Dit is regtig tyd dat die boere van hul grond opgee. Die rykes moet ook belas word volgens hul besittings. Dit is die enigste manier hoe ons bydrae sal kry van die bevoorregtes in die land.

CHRISTA ·

Al mag wat ‘n boer sal hê as die regering sy plaas wil onteien is om ALS op daardie plaas af te brand en ELKE boorgat met dinamiet op te blaas!! Hulle kan die plaas dan kaal en brak kry soos wat die boere dit gekry het! DAN sal ons sien HOE lank dit HULLE sal neem om ‘n plaas van die grond af op te bou!! Hulle dink as jy ‘land’ het is jy ryk!! Waarom is daar dan soveel onwettige immegrante van ander Afrikalande in ons land? Wat het van HULLE ‘land’ geword?

Hulle dink as jy ‘land’ het is jy ryk!! HAHAH!! Dit neem HARDE werk en soms jarre se deursettingsvermoë

ChrisE ·

Ek stem saam met Kobie oor sy siening. Was Australië, Nieu Seeland (HART – Halt all racist tours) nie kop in een mus met die bende wat nou hier aan die bewind is nie. Ewe skielik begin die Europese lande ook “kommer uitspreek”. Hoe naief en onnosel kan jy nou eintlik wees. Hulle moes gesien het Westerse Demoonkratiese stelsels werk nie in Afrika nie. Wat sou ons nou uniek gemaak het dat dit hier sou werk. Daar is net een oplossing vir die land en dit lê by onnself. Die grootse gevaar wat ons tans in die land is, is die Westerse invloed wat op die regime uitgeoefen word. Ons oplossing is voor die hand liggend. Ons sal leiding ontvang.

Grysburger Pretoria ·

Ek hoop iemand loods ‘n skrywe wat almal kan onderteken om dank te betuig aan die deelstaat se parlement. Dit kan help om ander lande se parlemente oortuig om NSW se voorbeeld te volg. Almal onderteken gou ‘n petisie maar ons is traag om dankie te sê.

lerato ·

Gerhard

Ek het slegs na die grote van die wildtuin gekyk om ‘n beeld te kry van die omvang van 12000 hektaar.

Natuurlik is daar boere met groter grond as 12000 hektaar, maar hulle is in die Noord-Kaap waar die drakrag baie laag is.

So bo en behalwe die veeboere in die Noord-Kaap, geen vrek min boere geraak word

Paul ·

Ek sal graag die statistiek wil sien van die boere met grond groter as 12 000 ha, watter gebiede, die aantal boere en waarmee geboer word.

Paul ·

Per Businessinsider hierdie week is daar net oor die 160,000 plase in die land waarvan die grond méér as 10,000 ha per plaas is, daarvan is daar net 361 plase (0,22%) waarvan die grond meer as 12,000 ha is. Nou wil ek weet, waarom maak Mantashe en die ANC so ‘n groot bohaai daaroor, wat is hul werklike agenda? Waarom daardie plase uitsonder?

Paul ·

Van wat ek kon vasstel is die totaal van alle boere in die land, ongeag die grootte van die plaas, net oor die 419,000. Daar is om en by 35,000 kommersiële boere oor in die land.

Gerhard ·

Dit gaan nie oor hoe groot plase is nie, dit gaan oor hoeveel grond boere besit. Baie boere besit groot hoeveel grond wat bestaan uit meer as een plaas.

Paul ·

Ons beredineer mos nou hier Mantashe wat boere se plase wat oor die 12,000 ha is teiken, of dit nou een plaas is of meer, wat ‘n boer besit. Waar ‘n boer dus meer as een plaas het, sal dit by hierdie syfers ingereken wees.

Johan van Zyl ·

Net n bietjie weg van die onderwerp af maar goeie raad aan almal.
Die tegnologie maak dit moontlik dat boere nie so bloot gestel hoef te word aan moorde en anvalle nie. Daar is versteekte kammeras beskikbaar wat dag en nag fotos deur middel van n sim kaart fotos of vidios na jou cell foon toe stuur die moment as die fotos geneem word. So as jy in die dorp is, of op jou lande of binne in die huis gaan jy foto deur jou foon ontvang dat daar ongure persone by die huis aan gekom het en jy kan jouself voor berei en hoef nie oorval te word nie. Jy moet net in n cell foon opvang gebied wees. Die koste van die kammeras is onder R2500 rand als ingesluit.

Judge Dredd ·

@Afrikaner – jy meet nie bevooregtheid aan rykdom – daar is arm mense wat deur harde werk bo uitgestyg het – nou wil jy kom “preach” hoe bevoorregt hulle voorheen was.

Nee dis die wat alles verniet kry wat bevooregt is – en raai wat – meeste van hulle is nog steeds arm, want hul bly wag/demand vir hulle volgende “freebie” .

Sarel ·

Kalahari Kind,
Ek moet aanneem jy ken nie die VF+ se leier nie , om in n nagdonker situasie enige impak te maak is n wonderwerk en hy word wel gehoor. Om net te skree en in die media te wees help niks.
Luister n slag wanneer die man praat, dan praat hy van dit waarvan hy kennis dra en hoef hy nooit agteruit te krabbel nie.
Die feit dat hulle so min steun geniet is ons eie skuld. Ek verstaan ook waarom ons vir ander partye stem is slegs met die hoop dat n groter party n kans het om die ANC by die stembus te klop.
Speel asb die bal en nie die man nie.
Sou hy die DA se steun gehad het sou ons n ander SA gesien het.

lerato ·

Hallo Johan van Zyl

Ek stem met jou volkome saam. Wil net byvoeg. Baie boere word aangeval as hulle Sondae van die kerk af kom. As jy honde het sal hulle gedrag vir jou uitwys as daar steurnis op die erf is

Pieter ·

Hierdie inisiatief word verwelkom, want dit bewys daar is nog mense wat nie die boosheid omarm of hul koppe in die grond druk nie.

Pyp ·

NZ en Aus doen sulke goed net om een rede, ons dring mee in dieselfde markte, wol, kopper, vleis ens. Sanksies het hulle in die verlede bevoordeel. So hoekom nie weer nie? Ek het erens ook gelees dat hulle inl organisasies van die grootse bronne van inl was vir die ANC. Nee wat ek vertrou hulle nie. Ons moet dinge self probeer reg kry. As iemand glo die VF kan dit doen sterkte. Onthou net die oud Suid Afrikaners wat daar bly het reeds die aftog geblaas.

lerato ·

My bydrae waarin ek histories bewys het dat die buiteland nie militêr of finansieel druk op SA sal uitoefen nie, het Maroela Media nie geplaas nie.

Bewys dit dat die uitreiking na die buiteland futiel is?

Gladnie. Die ouens moet na die breë pub;liek uitreik om dmv lobby groepe fondse verkry om plase te beskerm.

My niggie 76 boer alleen op haar plasie, maar het nie eers die middelle om ‘n behoorlike heining om haar huis te span nie.

So die ouens wat uitreik. Julle doen skitterende werk. Verander net julle fokus.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.