SA helikoptervlieënier sterf in Zambië

Michael O'Donnell (links) en sy vriend, Frans Haasbroek Foto: Frans Haasbroek (verskaf aan News24) via Webmail

Michael O’Donnell (links) en sy vriend, Frans Haasbroek Foto: Frans Haasbroek (verskaf aan News24) via Webmail

Kapt. Mike O’Donnell (41) was aktief betrokke by talle reddingsoperasies in Suid-Afrika voordat hy Donderdag in Zambië in ʼn helikopterongeluk gesterf het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hy het saam met O’Donnell gewerk toe hy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens begin het. “Ons het talle reddingspogings saam uitgevoer,” het Botha gesê. “Ons moes soms pasiënte uit baie moeilike situasies red. Vir hom het dit altyd oor veiligheid gegaan. Ons het baie saam geoefen. Wanneer hy gevlieg het, was hy soos ʼn rots. Hy was ʼn ongelooflike vlieënier en vriend.”

Frans Haasbroek, ʼn voormalige polisievlieënier, het gesê O’Donnell was 20 jaar lank een van sy beste vriende. Hy het verduidelik O’Donnell het Donderdag die ses sitplek Eurocopter B3 Squirrel van Angola na Zambië gevlieg toe dit neergestort het. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie. Die helikopter het moontlik meganiese probleme ondervind.

“Hy was ʼn uiters toegewyde polisieman en ʼn uitstekende vlieënier,” het Haasbroek bygevoeg. “Hy het talle vliegure gehad en hy het sy eie lewe gewaag om ander persone in KwaZulu-Natal te red. Dit is ʼn baie hartseer dag vir almal van ons wat hom geken het, en dit is ʼn verlies vir die polisiediens en die lugvaartowerheid. Dit is ook ʼn groot terugslag vir sy vriende en familie.”

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge, kon nie dadelik die voorval bevestig nie. “Ek wag nog vir inligting.”

Media in Zambië het aanvanklik berig dit was ʼn vastevlerkvliegtuig.

Bron: News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Wat maak ons polisie in Zambië? Is dit waarom wet en orde nie in ons land gehandhaaf kan word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.