ʼn C-130BZ (Hercules) van die Suid-Afrikaanse Lugmag het Donderdag die aanloopbaan in die Demokratiese Republiek van die Kongo verlaat net ná landing.
ʼn Brand het by een van die enjins uitgebreek en brandweer op Goma-lughawe het dit geblus. Geen beserings is onder die 59 passasiers en agt bemanningslede aangemeld nie.
Volgens Aeronews dui ʼn aanvanklike ondersoek op ʼn meganiese fout toe die vliegtuig gerem het.
Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die SANW, het die voorval bevestig. “Die C130 was op pad terug na Goma ná logistieke voorraad in Beni afgelewer is. Niemand is beseer nie en die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.”
Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging en militêre veterane, het gesê minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula moet dringend ʼn openbare verklaring maak oor die oorsaak van die ongeluk; bevestig dat daar nie enige beserings was nie; en inligting verskaf oor die skade aan die betrokke vliegtuig.
Volgens Marais wil dit voorkom of min vordering gemaak word om besonderhede oor die voorval te verskaf. “Ons kan bevestig hierdie vliegtuig is die enigste C-130 tans in diens in die hele Weermag en dit is dus noodsaaklik om die skade en die oorsaak te bepaal. Die vliegtuig is van strategiese belang vir die SANW in grond- en maritieme ondersteuning en dit is dieselfde vliegtuig wat verlede maand misbruik is om Kubaanse ingenieurs huis toe te vlieg. Dit is betreurenswaardig dat ons enigste diensbare C-130 nie eerder aangewend word vir die beskerming van Suid-Afrikaners nie.”
- Foto: Aeronews/Facebook
- Foto: Aeronews/Facebook
- Foto: Aeronews/Facebook
- Foto: Aeronews/Facebook
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
42 Kommentare
Wat soek ons daar …dis belasting wat ook gemors word !
Dis hartseer. Die verval van ons weermag vermoë
Seker escom tegnikuste wat die services doen Net die beste
Die vlerk is het ongelukkig mors afgebreek en daarom sal die vliegtuig nie weer kan vlieg nie.
Daar was sekerlik nie enige meganiese dienste gereel in die afgelope twintig jaar nie. Dis n wonder die enigste een van daai soort in ons huidige la-la weermag kan nog vlieg. In my weermag dae was daar heelwat meer van hulle , maar dalks in onbruik nou. Sal graag wil weet hoe goed is die vlieëniers opgelei.