SA hernu Agoa-ooreenkoms met Amerika

President Barack Obama en pres. Jacob Zuma (Argieffoto) Foto via @xinhua_swahili, Twitter

President Barack Obama en pres. Jacob Zuma (Argieffoto) Foto via @xinhua_swahili, Twitter

Die uitgerekte onderhandelinge tussen Suid-Afrika en Amerika oor die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) is uiteindelik afgehandel nadat ʼn ooreenkoms bereik is.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Donderdag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê uitstaande sake oor die ooreenkoms is Woensdagaand opgelos en al die papierwerk is onderteken.

Davies het gesê die hernude kontrak beteken dat Suid-Afrika se mark nou jaarliks 65 000 ton hoender-, vark- en beesvleis van Amerika kan bekom, volgens die ooreenkoms wat in Junie in Parys aangegaan is.

Suid-Afrika het glo daarop aangedring dat streng maatreëls toegepas moet word wat invoere van Amerikaanse produkte betref, en dat Agoa elke 12 maande hernu moet word.

Die land het vroeër vandeesweek byna die voordele van Agoa verloor toe Amerika gedreig het om belastingvrye uitvoere van Suid-Afrika se landbouprodukte na Amerika op te skort.

Indien die Agoa-voordele opgeskort sou word, sou belasting betaalbaar wees op sekere produkte wat na Amerika uitgevoer word, en dit sou beteken die produkte sou duurder in daardie land kos.

Lees alle vorige berigte oor Agoa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JoeV ·

Dit is verblydend. Natuurlik eensydig SEB, maar nietemin sal ons seker die hoenders van China gespaar bly, of, dalk nie?

DPJ ·

Is die voedsel van Amerika soveel beter? Gaan SA verlik die top produkte van Ameriika kry of wat?

wilhelm ·

Nou sê niemand niks …..die twee ooms wat soos vinkel en koljander die een so skelm soos die ander … verstaan ek niks? Sien ek nie mooi nie ? Waarom nie hulle is altwee presedente….? Die toekoms sal wys wat die handskud beteken het en Vladimer Putin sal reg bewys word.

Atas ·

Het ‘n ander oom gister hoor vluister… “Miskien sal die Amerikaners nou hulle sateliete wat die Stille Oseaan verhit afsit and kan ons miskien ‘n bietjie reën kry…” :)

Kerneels ·

Was die oorspronlike probleem nie dat die VSA hulle vuil vervalde hoender aan ons wil afsmeer nie? En dat hulle nie aan ons standaarde wil voldoen nie? Al wat hier gaan gebeur is ons het hulle nou die reg gegee om aan te dring dat ons die hoender wat hulle nie wil he nie te MOET koop teen hulle prys. Dankie Rob, dankie Jacob.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.