SA herroep besluit oor strafhof

Internasionale Strafhof in Den Haag. Foto: Asser Institute.

Internasionale Strafhof in Den Haag. Foto: Asser Institute.

Suid-Afrika het sy kennisgewing om hom aan die internasionale strafhof te onttrek amptelik herroep.

Volgens ʼn dokument wat deur die Verenigde Nasies beskikbaar gemaak is, volg die herroeping ná die hooggeregshof in Pretoria se uitspraak verlede maand in die DA se aansoek oor die grondwetlikheid van Suid-Afrika se kennisgewing om te begin met sy onttrekking aan die strafhof.

ʼn Volbank van drie regters het die DA se aansoek in Desember aangehoor en het verlede maand beslis die nasionale uitvoerende gesag is nie by magte om bestaande ooreenkomste te beëindig sonder die parlement se goedkeuring nie.

Die regters het gelas die regering se kennisgewing, om te begin met sy onttrekking aan die strafhof sonder die parlement se goedkeuring, is dus ongrondwetlik en ongeldig. Die regering is beveel om die kennisgewing terug te trek.

AfriForum het die stap verwelkom. Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum gemoeid met internasionale betrekkinge, het die hoop uitgespreek dat die onttrekkingsproses uiteindelik permanent beëindig sal word.

Bailey meen dat lidmaatskap van en deelname aan die aktiwiteite van die strafhof ’n positiewe rol in die bevordering van menseregte, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook op die vasteland en internasionale terrein, speel. “Die strafhof mag sy gebreke hê, maar bied ’n internasionale platform waar menseregteskenders en oorlogsmisdadigers verantwoordbaar gehou kan word. Suid-Afrika kan ’n sleutelrol in die uitbou van dié instelling speel.”

Bailey meen egter dat die afskrikwaarde van die strafhof van groter belang is om voornemende menseregteskenders en oorlogsmisdadigers van hul planne te laat afsien.  Deelname aan en versterking van die internasionale strafhof kan juis hierdie oogmerk en die beginsel van die oppergesag van die reg uitbou.

Suid-Afrika het geweier om Omar al-Bashir, Soedan se president, in hegtenis te neem tydens sy besoek aan die land in Junie 2015 toe hy die Afrika-unie se beraad in Johannesburg bygewoon het. Die Suider Afrikaanse Litigasiesentrum (SALC) het ʼn hofaansoek gebring om Al-Bashir in hegtenis te laat neem op grond van die strafhof se lasbrief vir sy arrestasie. Die regering het hom egter nie in hegtenis geneem nie en ʼn hof het hom opdrag gegee om in die land te bly totdat oor sy inhegtenisneming besluit kan word. Nadat die hof beveel het Al-Bashir moet in hegtenis geneem word, is vasgestel hy het reeds die land verlaat.

Die appèlhof het later die Suid-Afrikaanse regering se versuim om Al-Bashir in hegtenis te neem, as “skandelike gedrag” beskryf. Die Suid-Afrikaanse regering het einde Junie 2015 gesê hy sal dit oorweeg om hom aan die internasionale strafhof te onttrek as ʼn “laaste opsie” oor die Al-Bashir-dispuut. Suid-Afrika het in Oktober met die onttrekkingsproses begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

snoefie ·

hulle het einde Junie 2015 besluit om aan die ISH te onttrek. him gewag tot Okt 2016 om die on trekking so roses te begin? met die volgende park emend sitting kry hy seker die vol parlement om sy intense te steun. die man is tog n wêreldreisiger. hoe kon hy nie geweet het dat hy Omar al-bashir in hegtenis moes neem nie? hy het mos ook geweet hy kon geen Internationale oortreder vrypasaat gee nie.

AL ·

Aan die Here al die eer! SA kan doen met goeie nuus! Dankie DA. – dit gaan die weg baan dat daar nie vergrype is nie.

Spioen ·

En as daar vergrype is… Wat gaan die strafhof doen? Absoluut niks!

Well done ·

Well done DA & elkeen betrokke tot by die regters. Dit gee bietjie hoop.

Cherokee ·

Ek is ook bly dat die DA geslaag het om die besluit ongeldig te laat verklaar maar dit lyk nie asof die strafhof enige tande het nie want die ANC-regering se optrede met Bashir was verraad en of daar enige verdere optrede sal wees is onbekend maar dit lyk asof hul straf bloot ‘n berisping is. As oortreders net berispe word dan is daar geen byt in hul optrede nie.

Hendrik ·

Moenie te opgewonde raak nie -hierdie is slegs n tydelike terugslag vir die onderduimse ANC regering.

marous ·

Wie moet vir die gekkigheid betaal? Die internasionale strafhof moet homself distansieer van hierdie verskoning van ‘n regering . Hulle het klaar bewys dat daar geen gevolge is vir die blatante minagting van enige regstelsel nie. Dan moet die VN en al die skenkers ook hul hulp en geld aan Afrika in geheel onttrek. Dit word net in ‘n bodemlose put gestort.

Nico K ·

Ongelukkig is dit soos Cherokee sê, die wêreldhof het nie regtig tande nie en maak maar op lidlande se samewerking staat. Daar bestaan nie iets soos ‘n internasionale polisiemag nie. Wat die ANC natuurlik nie verstaan nie is dat Al Bashir niks teen die Weste gedoen het nie. Hy word aangekla dat hy, van Arabiese afkoms, duisende swart Afrikane vermoor het. Die ANC is baie aan die kant van die Arabiere maar as hulle ander Afrikane gaan vra, soos die in Somalië en Soedan, saL hulle besef daar is geen liefde tussen die 2 groepe nie. Die burgeroorlog in Rwanda en Burundi was ook tussen ‘n groep van Arabiese afkoms en ‘n groep swart Afrikane.

Piet ·

Kyk maar gerus of Mugabe hom gesteur het aan die hof se bevindings in Namibie, toe hy verkla is by die Afrika Unie. Hoewel daar beslis is dat sy grondgrype onwettig was, het hy die uitspraak afgelag. Al wat sal help is as die UN ‘n arrestasie kom maak en ‘n ou sleep na ‘n behoorlike hof in Den Haag. Daar is al Afrika leiers so verhoor (Charles Taylor is een), maar die Weste is maar versigtig, want volgens westerse standaarde is alle Afrika leiers kriminele. Waar sou ons hele regering byvoorbeeld vandag gewees het?

Leonorah ·

Twee weke gelede het ek persoonlik die strafhof geskakel, ek bly in Nederland, gevlug, nadat ek my man en oudste seun daar begrawe het op Pta oos begraafplaas. Die strafhof meng nie in nie, daar was n hele artikel hieroor in die nuus by ons.
Nadat Steve Hofmeyer hier was is daar stappe geneem en uiteindelik deurgevoer na die regering, maar hulle het dit uitgegooi. Wil nie betrokke raak nie. Nou ja, my siening van die saak is, hulle was betrokke totdat die land in sy maai begin gaan het, verskriklik ingemeng ook destyds met die sanksies ens, onthou, hier is dit altyd arme arme swartes, my bewoording hier is nie soos ek dit wil stel nie, want dan wys my kommentaar nie, maar in elk geval, dis hoe sake staan.
ek het al alles probeer, vir Steve ook ge mail, verskillende kantore in Suid Afrika geskakel vir meer inligting. Koerante gevra vir al die plaasmoorde, ek wil dit uitdruk en bind, en dan ook gevra ek wil die fliek treurgrond bestel, dan het ek immers genoeg om hier die mense se oe oop te maak, en aangesien ek self betrokke was by n plaas aanval, ek het 5 koels gekry, waarvan een nog steeds vassit in my bekkenbeen, kan ek my ondervinding ook deel. Indien iemand regtig wil he dat ek iets probeer doen hierdie kant, moet daar vir my inligting gestuur word. Ek sal die kommentaar dophou , miskien het een van julle n plan. mooi bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.