‘SA het meer lyfwagte as grenswagte’

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane

Die aantal lyfwagte wat aangestel is om pres. Jacob Zuma en lede van sy kabinet te beskerm, is meer as die aantal veiligheidspersoneel wat die land se grensposte beman, het DA-leier Mmusi Maimane gesê.

Maimane het die uitlating gemaak tydens ʼn saamtrek in Eastwood, Pietermaritzburg. Volgens Maimane het die land ʼn “skouspelagtige agteruitgang” beleef sedert Zuma ses jaar gelede as president verkies is.

Maimane het ook verwys na die land se werkloosheidkoers en gesê die ANC het die land se jeug in die steek gelaat. “Toe Nelson Mandela en Thabo Mbeki in beheer was, het Suid-Afrika vorentoe beweeg, maar sedert Zuma het ons skielik ʼn U-draai gemaak met reuse werkloosheid onder jong mense.”

Maimane het ʼn beroep op partylede gedoen om aan te hou druk plaas vir dienslewering, gehalte onderwys en ʼn korrupsievrye samelewing. “Die ANC se grootste misdaad is nie Nkandla nie, maar die onderwys wat aan ons jeug verskaf word, waar onderwysers vir diens aanmeld wanneer hulle lus kry aangesien hulle die beskerming van vakbonde geniet.”

Maimane het ook verwys na die gaping tussen die regerende party se leier en die gemiddelde Suid-Afrikaner. “Wanneer jy na Nkandla reis sal jy dink jy is in Sandton, maar wanneer jy na die townships gaan waar ons mense bly, kry jy nog steeds slaggate en daar is geen dringendheid om daaraan aandag te skenk nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CHRISTA ·

All the Nation’s Clowns!!! Dit was Zuma en sy trawante wat ook beweer het dat misdaad in ons land afgeneem het !! Waarvoor het hulle dan al die lyfwagte? WAT ‘N GRAP!!!

Hermanus Potgieter ·

Natuurlik het misdaad afgeneem vir die kabinetslede. Hulle is omhul deur veiligheid.

George ·

Ek raai hy het al die lyfwagte nodig om homself teen sy eie mense te beskerm. Navorsing het getoon dat 70% van die mense wat ANC stem werkloos is. Slegs ongeveer 3,2 miljoen van die 50 miljoen mense in die land dra by tot die staatskas. Hoe lank gaan hierdie situasie nog kan voort duur?

JamesG ·

Sal graag wil weet waar die “statistiek” vanaf kom dat slegs 3.2 miljoen mense bydra tot die staatskas. Dit is twak. ‘n Groot deel van die staatskas kom van ander tipe belastings, en die van inkomste belasting nie. (BTW, brandstof heffings, aksyns, ens)
Deesdae beteken “navorsing het getoon” meestel “ek iet iewers so iets gehoor of gesien.

Dit is denkwyses soos hierdie wat help om die ANC aan bewind te hou. Jy laat die armes wat slegs indirek belasting betaal dink die regering mors net jou geld en nie hulle geld ook nie.

zahn ·

Jy kan sekerlik bietjie meer uitbrei op hierdie stelling? Wil jy voorgee SA, dws ons almal, verdien hierdie gekkespul?

Sollie ·

Mmusi – nou praat jy! Zuma die hoofnar in die ANC sirkus! Hy sit seker weer en lag vir jou ware woorde want hy het maar nie die breinkapasiteit om die waarheid daarvan in te sien nie en dan lag hy maar…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.