SA het nie kapasiteit om wapens te verskaf, sê weermaghoof

Genl. Rudzani Maphwanya, hoof van die weermag. (Foto: Maroela Media)

Suid-Afrika het nie wapens aan Rusland verskaf nie en dit sal ook die bevinding wees van die onafhanklike paneel wat aangestel is om die bewerings te ondersoek dat wapens op die vragskip Lady R gelaai is.

Só het genl. Rudzani Maphwanya, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Maandag op ʼn mediakonferensie in Bloemfontein gesê op die herdenking van die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir Vredesbewaarders.

“Daar is f*****l op die Lady R gelaai,” het Maphwanya gesê in aanhaling van Thandi Modise, minister van verdediging, se reaksie op die kwessie.

“Ons sal die kommissie help om te verstaan presies wat gebeur het en waarvoor dit wat ons ontvang het, bedoel was.” Maphwanya het voet by stuk gehou dat daar niks op die Lady R gelaai is nie. Hy het verder gesê die Suid-Afrikaanse weermag se “stelsels praat nie met die stelsels wat die Russe gebruik nie” en dat die land se weermag nie die kapasiteit het om wapens aan Rusland te verskaf nie.

President Cyril Ramaphosa het ’n onafhanklike paneel van drie lede aangestel om die bewerings te ondersoek.

Die president het regter Phineas Mojapelo as voorsitter van die paneel aangestel, met adv. Leah Gcabashe en Enver Surty wat as lede in die paneel sal dien.

“Die paneel is getaak om agter die kap van die byl te kom van wie bewus was van die vragskip se aankoms, en, indien enige, die vrag wat afgelaai is of gelaai moes word, die vertrek en bestemming van die vrag,” het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, gesê.

“Verder sal die paneel evalueer of grondwetlike, wetlike of ander verpligtinge nagekom is met betrekking tot die vragskip se aankoms, sy verblyf, die op- of aflaai van sy vrag en sy vertrek.”

Die paneel se verslag sal aanbevelings insluit oor enige stappe wat moontlik gedoen moet word in die lig van hul bevindings of as gevolg van enige oortredings wat moontlik plaasgevind het.

Die paneel sal sy ondersoek binne ses weke na sy aanstelling finaliseer en daar sal verwag word om sy verslag binne twee weke daarna aan Ramaphosa voor te lê.

Die paneel kan ’n verlenging van hierdie tydraamwerk versoek indien dit nodig sou wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Aai ·

So nou wat was gelaai?Dalk ou wapens wat die Russe daai tyd vir die ANC gestuur het?

Perdeby ·

F……… is gelaai nie, Lees n bietjie wat die joernalis gesien het, en die eienaar van die maatskapy wat AFGELAAI het en nie OPGELAAI het nie. Maak Nogales n groot Verskil. Ons het nie eers n vegvliegtuig wat kan op styg nie. Wat nog te se van vuurwapens. Sou ons land in n oorlog betrokke raak sal ons die bendes moet inkry, want hulle sit met al die wapens!!!!!!

Daizee ·

Nátuurlik het ons nie die kapasiteit nie – dié vorige regering het gehad!!!
Ek sal báie graag ‘n syfer wil hê wat ons huidige regering die afgelope 29 jaar aan “panele” en ondersoeke spandeer het!!!! Ons sou verseker plekke kon gaan met daaí geldjie!!!!

Tubac ·

Jy is in die kol. Deur n derde party hier geberg, vir verdere verspreiding.

Nici ·

SA se enigste huidige kapasiteit is korrupsie en om bakhand te ontvang. Die wereld droom seker van die tyd wat SA kern vermoens gehad het. Dis lank reeds verby.

Papsak ·

Ag hy lieg net so kan hulle nie glo nie nou wat het daai skepe hier kom laai dan

Lubbe ·

Dink jy rerig ons het enige wapens om ‘n groot vrag skip vol te maak?

Vonkprop ·

Is dit wat Rusland vir jou gesê het om te sê na jou besoek by hulle? Ontken tot jy uitgevang word en ontken dan nog steeds.

Danie ·

Die gekoek in daardie land kom baie verdag voor veral die afgelope 2 jaar.

Danie ·

Dalk goud in ruil vir olie.Daardie tanker kom nog.Dalk moet ons n puzzel begin bou en dalk te laat die prentjie sien.Kommuniste bly skelm.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit mag so wees, boet, maar wat soek ‘n siviele vragskip in ‘n vlootbasis? Word private besigheid daar gedoen?

Sean ·

Ons stelsels praat nie met russiese stelsels nie???? Watse taal praat n G5 n R4 en n R5????

Danie ·

Ons kan nou puff en wat ook al die lot het klaar ooreengekom en toegesmeer.Waarom sal n rus skip duisende seemyl vaar vir niks dalk vir die lekkerte en niks oplaai nie.Dalk pos gebring dis n nuwe ding.???Wel ons is nie onder n kalkoen uitgebroei nie waar n rokie is n vuurtjie.Die goed is inkahoods met die russe en deel hul korrupte gedrag.

Agie@toeka ·

Lyer! Lyer pants on fire!!!Pinnocchio jou neus groei!! African Nation Crook!!

Raakvatter ·

Goed so, maar hy sê “waarvoor dit was wat ons ontvang het”. Wat het Lady R dan afgelaai?? Chemiese wapens?

Marthinus Johannes ·

Wat SOEK n vragskip by n weermag basis as dit nie vir weermag bedoelde items is nie. Alle reëls rondom die gebeurtenis is oortree en dit sluit almal in wat daarby betrokke is.

Jr ·

Lyk my hierdie een het nog nooit van “a officer and a gentleman” gehoor. Mouths are filthy.

henndrik ·

Ek wonder net, wanneer laas het iemand iets gehoor van Denel se finansiele probleme?

Pieter ·

Julle kan dalk nie nuwes maak nie, maar daar is vrek baie wat julle kan collect en laai… Moet nie ons ratte voor die oe draai nie. Julle bewys al van die Grens dae af vir wie julle is en wat julle kan doen… Twee gesigte. Don’t trust the present, take the past in consideration and then reflect on the present…

SjN ·

Eerste persoon sover wat erken dat SA geen kapasiteit het danksy die kaders nie.

Althes ·

En wat van gerugte van vuurwapens wat nie vernietig is in SAP 13 store nie

Grassie ·

Die man lieg soos ‘n tandetrekker. Die vorige regering het geweldige groot hoeveelhede wapentuig in arsenale regoor die land gehad. Die een naby Naboomspruit het selfs sy eie spoorlyn gehad. Daar was ook groot hoeveelhede in ou myntonnels aan die Rand gestoor. Ek was daar, ek het dit gesien. Die bevelvoerder het vir my gesê hulle was besig om groot bo-grondse stooreenhede te bou omdat die goed in die myntonnels begin roes. Die huidige weermag het sekerlik nog nie ‘n fraksie van daardie wapentuig gebruik nie. Die wapentuig waarvan ek praat is alles skietgoed, dit sluit nie voertuie en tenks in nie. Waar is ons G5 en G6 kanonne……

Anton ·

Ek is baie baie baie verbaas die liegbekke het erken die skip was darem daar!!!!

Hayntjie ·

Ek wonder nou net oor die privaat vrag vliegtuig wat al wapens vervoer het wat op een van ons militêre lughawens geland het. “Pos vir die Russiese ambassade?” Bietjie vergesog of kry hulle gereeld ʼn paar ton briewe. Diplomatieke koeriers sou seker goedkoper wees?

Republikein in die Wes Kaap ·

Moenie verbaas wees indien verdwaalde missiele die vlootbasis en ‘n paar lugmagbasisse vernietig nie…

Jaco ·

Ok dan, SA hét nie die kapasiteit om wapens aan Rusland te verskaf nie, MAAR Rusland het wel die kapasiteit om goedkoop petrol en tegnologie vir eskom te verskaf. Ek dink na al SA se stilswyende “steun” vir Rusland, is so ‘n “beloning” van Rusland niks meer as reg nie.

Hoekom ·

Nightvision, radios, teleskope, rook bomme, handgrenate, infrarooi en ander toerusting praat orals dieselfde taal…

domheks ·

Vra ny broer Jack hy lieg nes ek! Die een soos die ander, kan nie waarheid praat nie.

Fran ·

Ek sien hierdie ‘generaal’ het valskerm vlerkies EN reccie kenteken. ‘Stolen Valor’. En hy wil hê ons moet hom glo? Patete!

Robert ·

Eintlik nie, hy het al daai gedoen… een van die min wat wel sy kentekens verdien het.

annie ·

Al die probleme wat volg op die Russiese kabaal kan op die skouers van die voor-op-die-wa DA gelaai word. Om so asof John, na sy besoek aan Zelensky, skielik ‘n wêreldleier is wat die VSA opwerk tot aggressie teen ons regering en Rusland troef, is verregaande-verwaand. Die Amerikaners was deur die jare SA se vyand maar nou kruip wittes daar; ‘n regering wat ‘n erge beleid handhaaf en uiterstes van sosiale gedrag aanprys/wettig. John skimp glo hul wil af wil afstig (die plan van Afrikaners) en soek dan skynbaar Biden se ondersteuning; ‘n Joodse staat aan die Kaap met VSA se hulp en John die prez?

Josua ·

Ok, ons hoor jou generaal maar waarom beantwoord jy die vrae, wat het geword van die hoof van die vloot want dit is sy en die vloot se verantwoordelikheid om ons hawens en seeweg veilig te hou maar hulle swyg en van n oud weermag lid wil ek vir jou sê jy boels…t die publiek ongeag wat gelaai was toestemming moes ook deur die vloot verkry word, ek ruik nie die rot nie die een is is reeds dood.

JvR ·

Suid Afrika het ook nie die fondse om vliegtuie in die lug te hou nie. Tog vlieg daar elke liewe aand, ten minste elke 15 minute, tot twee vliegtuie oor ons gebied.

Bulkalf ·

Ons sal dalk later hoor, daar is kern parte vir die kern kragstasie (Koeberg) afgelaai sodoende te verseker dat dit beurtkrag vinniger kan verlig. Daarom ook die geval dat die skip vergesel moes word deur die vloot.

Robert ·

Wanneer ooit het die russe franse kernkrag stelsels van onderdele voorsien?

Bulkalf ·

Ons dal maar moet hoor en sien Robert, die kaders is tog aan bewind. Onthou enigeiets is moondlik.

agnes ·

As daar nie wapens of oorlogstoerusting vir Rusland gelaai is nie dan skuld USA ons n openlijke vers koning want die vervalsing het ons land se ekonomie Baie skade aan gedoen

Gert ·

Wel Amerika het nie net kernbomme in hul eie gebied nie, maar ook verspreid oor die aardbol in ander lande saam wie hulle n koalisie het. Nou wat keer Rusland om SA te gebruik as afvuur platform vir van hul kernbomme? Wie kan bewys dat daar dalk in plaas van wapens verskaf dalk eintlik wapens afgelaai was. Om heeltyd te hammer op SA wat dalk wapens verskaf aan Rusland verberg die vraag wat dalk net andersom moet wees.

Jaco ·

Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en die Russiese minderheid teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne te beskerm.
Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe:
‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap. Ek wonder of die ANC ook sou dink dis reg.
Die ANC is vol dubbele standaarde:
-Blykbaar is die 20 etniese republieke vir verskillende volke binne die Russiese Federasie reg.
-Blykbaar is die skep van ‘n aparte Palestynse staat, terwyl Israel mag voortbestaan (a 2 state solution) reg.
-Blykbaar is die groot mate van selfregering wat Kanada aan hulle “Native Americans” gee reg.
-Blykbaar is die outonomie wat China aan Hong Kong en Macao gee ook reg.
NET wit mense/nie-ANC-mense in die Wes-Kaap wat vra vir outonomie/selfregering is egter verkeerd, rassisties en “vol apartheid”.

Oljetter ·

Ons het nie die vermoë nie. Wat n jammerlike bekentenis van ons land se verval.

Hoekom ·

Ja, rusland onder internasionale sanksies en te midde van oorlog sal soveel geld spandeer om ‘n siviele russiese vragskip met begeleiding by ‘n vlootbasis te laat stop vir koekies en tee…

JohanR ·

My gooiste is dit soe moelik om te se wat die vrag was. Was dit pere, of avo’s of koffie, of melk, of beskuit of shampoo? Rerig WAT dan is die groot geheim?

Republikein in die Wes Kaap ·

Boeliebief. Miljoene blikke wat in 1992 opgegaar is.

Skadu ·

Vroeër was daar berigte dat daar wapens afgelaai was, nou dat dit opgelaai was. Either or, daars genoeg rede om ondersoek te word.

Boatsie ·

Die ouens dink ons is dom.
Wanneer het die voorval gebeur en wat is die datum vandag.
Ou triek van die ouens; laat eers genoeg tyd toe om bewyse te laat wegraak en te verduister en stel dan die komitee aan.
Moenie verbaas wees as die ondersoek nie binne die vlg 3jaar afgehandel word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.