“SA het niks om te vier nie” – Malema

Die EFF-byeenkoms in KwaZulu-Natal op 27 April 2014 Foto: EFF, Facebook

Die EFF-byeenkoms in KwaZulu-Natal op 27 April 2014 Foto: EFF, Facebook

Nog foto’s van die byeenkoms volg onderaan die berig. Suid-Afrika het niks om te vier wanneer mense nog in plakkershutte bly sonder water, elektrisiteit, sanitasie of behoorlike paaie nie, het Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Sondag gesê.

“Dit is veronderstel om Vryheidsdag te wees. Maar mens kan nie vryheid vier as jy nie brood op jou tafel het nie,” het Malema tydens ʼn verkiesingsveldtog by die Glebelands-stadion in Umlazi, Durban, gesê. “Ons het niks om te vier nie. Ons mense bly in plakkershutte. Ons mense het nie water nie. Ons mense het nie elektrisiteit nie. Ons mense het nie behoorlike paaie nie. Vryheid beteken om ʼn toilet te kan spoel.”

Malema het gesê die EFF is ʼn party vir alle rasse, maar dat hebsug nie geduld sal word nie, ongeag van die persoon se ras. “Ons gaan nie witmense die see in jaag nie, want witmense is ʼn deel van ons. Ons soek witmense wat gereed is om die rykdom saam met ons te deel. Ons wil nie gierige swart mense hê nie. Dit is hoekom Cyril Ramaphosa nie ons vriend is nie.”

Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, het die ANC daarvan beskuldig dat hy ʼn gewelddadige party is wat nie opposisiepartye duld nie.

“Daar is geen vrye politieke beweging in Natal nie. Opposisiepartye kan nie ʼn byeenkoms in Natal reël sonder dat dit deur die ANC ontwrig word nie,” het hy gesê. “Hulle het vir ons gesê die Inkatha Vryheidsparty (IVP) is die gewelddadigste party, maar die afgelope week het bewys die ANC is die gewelddadigste party.”

Hy sê die ANC het vergaderings ontwrig en gedreig om EFF-aanhangers aan te rand of dood te maak. EFF-plakkate is glo ook verwyder.

Hy het die ANC daarvan beskuldig dat hy die Suid-Afrikaanse grondwet ondermyn. “Hulle is nie lief vir die Mandela-nalatenskap nie. Hulle doen alles in hul vermoë om dit wat Mandela bereik het, af te breek. Al die regte wat deur die Grondwet aan ons gebied word, word deur die ANC van ons ontneem.”

ʼn Skare van ongeveer 1 500 het gejuig toe Malema by die stadion opgedaag het. Hulle het ongeveer drie ure lank vir hom gewag, nadat hulle reeds om 09:00 byeengekom het. -SAPA

Die EFF-byeenkoms in KwaZulu-Natal op 27 April 2014 Foto: EFF, Facebook

Die EFF-byeenkoms in KwaZulu-Natal op 27 April 2014 Foto: EFF, Facebook

Die EFF-byeenkoms in KwaZulu-Natal op 27 April 2014 Foto: EFF, Facebook

Die EFF-byeenkoms in KwaZulu-Natal op 27 April 2014 Foto: EFF, Facebook

Die EFF-byeenkoms in KwaZulu-Natal op 27 April 2014 Foto: EFF, Facebook

Die EFF-byeenkoms in KwaZulu-Natal op 27 April 2014 Foto: EFF, Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Malema, vir JOU vertrou ek nie in die volgende duisend jaar nie. Eers moes ons in die see gejaag word, jy sing STEEDS Kill the Boer Kill the Farmer.

Ek as Blanke het MINDER AS NIKS om te vier, Vryheidsdag beteken vir my die dag waarop my Volk verraai is, toestemming as’t ware verleen is om my volks te verkrag, vermoor en te onderdruk.

Jasper ·

Juliaaas, paaie, lopende water, spoeltoilette en huise kos geld van die belastingbetaler. Hoe meer mense belasting betaal hoe meer kan gedoen word. Om belasting te betaal moet jy geld verdien. Om geld te verdien moet jy werk. Om n goeie werk te kry en te behou, moet jy produktief wees. As jy produktief is sal jou werkgewer na jou kyk en hoef jy nie alewig te staak en “demand” nie. As jy nie tevrede is met jou huidige werk nie, soek iets anders, moenie dit wat daar is afbreek en van my verwag om vir jou n toilet te bou nie, ek moet betaal vir dit wat ek het en gebruik. Dit is jou keuse hoe en waar jy in “gemak” wil gaan sit.
Juliaaaas, verstaan jy ?

Johann ·

Ag tog, wanneer gaan die brutale aanslae aan eie liggaam tot ‘n einde kom?

joan de freitas ·

sou die belasting betaler se geld aangewend word vir doeleindes soos behuising, lopende water ens. sou die meerderheid suid afrikaners nou al geholpe gewees het…….maar nee mense soos malema en al sy bloedsuier broers besteel alles wat voorkom…..

Sarie ·

Wanneer gaan een van hierdie stemwerwers begin om die massas aan te moedig om te werk vir n beter lewe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.