SA het planne vir eie soort entstof

Foto ter illustrasie. (Foto:
Hakan Nural/Unsplash)

’n Biotegnologie‑onderneming in Kaapstad is besig met ʼn aanvoorprojek vir ’n nuwe soort entstof wat meer geskik vir armer lande met ’n warmer klimaat sal wees.

Afrigen Biologics and Vaccines se sogenaamde nuwe entstof sal ’n aanpassing van Moderna se sogenaamde mRNA-gebaseerde entstof teen Covid-19 wees en is op dieselfde formule gegrond.

Die entstof sal egter meer veerkragtig wees en nie noodwendig by uiters koue temperature gestoor hoef te word nie, wat die stoorproses in lande sal vergemaklik wat gereeld gebuk gaan onder kragonderbrekings.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en sy Covax-inisiatief, wat die projek befonds, het reeds hul steun vir die beloofde nuwe entstof uitgespreek. Dit sal na verwagting binne die volgende jaar reeds vir kliniese toetse gereed wees.

Indien die kliniese toetse bevind dat die gemodifiseerde entstof veilig en doeltreffend is, sal die biofarmaseutiese maatskappy Biovac die eerste wees om dit op ’n kommersiële skaal te vervaardig.

Afrigen beoog ook om ander lande daarna op te lei en lisensies vir vervaardiging aan arm lande uit te reik.

Afrika is tans die kontinent met die minste ingeëntes ter wêreld, met skaars 5% van kwalifiserende inwoners ten volle teen Covid-19 ingeënt.

“Die bitter les wat ons tydens hierdie pandemie geleer het, is dat Afrika byna 100% afhanklik is van entstowwe wat buite die vasteland vervaardig word,” het Richard Mihigo, die inentingskoördineerder van die WGO in Afrika, aan AFP gesê.

Petro Terreblanche, besturende direkteur van Afrigen Biologics and Vaccines, sê op haar beurt die idee is om ’n doeltreffende en veilige entstof te vervaardig wat meer geskik sal wees vir verspreiding teen ’n temperatuur wat vir Afrika haalbaar is.

“Ons wil ’n tweede generasie entstof hê,” het Martin Friede van die WGO se inisiatief vir entstofnavorsing gesê.

Friede het egter daarop gewys dat die nuwe entstof nie ʼn blote nabootsing van Moderna se entstof sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Anoniem ·

Die feit dat jy nie kan nie beteken nie dat ander Suid Afrikaners dalk kan nie

Erica ·

Nog steeds nee. Maar jy is meer as welkom om in die ry te gaan staan.

Junior ·

Die arme mense in afrika is afhanklik van die ander westerse lande

Dirk Mostert ·

“dit sal binne ‘n jaar vir ‘kliniese toetse’ beskikbaar wees” d.w.s. massa-entveldtog binne ‘n jaar.

MakersMark ·

Die naam van die onderneming sê hoekom ek vêr sal weg bly. Gelukkig volle inenting van meer gevestigde vervaardiger reeds gehad.

battleaxe ·

Maar oor 6 maande moet ‘n booster inspuiting weer gegee word

Anel ·

Die moderna goed is dan oorsee gestaak want dit het hartaanvalle veroorsaak! Nou wat nou? Gelukkig het ek geen belang by enige van die gemors nie. In elke geval hoe dink hulke moet ons hierdie regering met enigiets vertrou? En vir hoe lank wil hulle nou met die nonsens aanhou?

Pieter ·

Laat die kubaanse slim mense julle kom help soos met die riool loop voetsek man.

casper ·

Ek beplan om teen einde 2022 mars toe te gan vir kliniese toetse.

Bart-Man ·

Hoekom? Op die oomblik is daar meer entstof beskikbaar as mense wat geënt wil word. Suid-Afrika is regtig bizarre eer het ons nie toe soek almal dit nou is daar en niemand vat dit nie. Binnekort gaan die staat Our people moet betaal om dit te vat. Daar is so baie beskikbaar hulle deel dit vir die buitelanders uit .

Anoniem ·

Dit sal weereens net grootskaalse plundering tot gevolg hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.