SA ‘hoef nie kant te kies nie’

Skade aan ‘n gebou van die Karazin Kharkiv-universiteit in Kharkiv. (Foto: Sergey BOBOK / AFP)

Die DA het Woensdag in ’n ledeverklaring in die parlement ’n beroep op Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge, gedoen om die Suid-Afrikaanse regering se standpunt oor die Russiese inval in Oekraïne te verduidelik.

Die party wil onder meer weet of die ANC Rusland sal veroordeel en hom by die res van die wêreld skaar om te vra dat Rusland hom aan Oekraïne onttrek, en om sanksies teen Rusland in te stel.

Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, sê egter dat Suid-Afrika nie hoef kant te kies nie.

“Dit maak glad nie sin vir Suid-Afrika om op enige manier by die oorlog in Oekraïne betrokke te raak nie. Daar is soveel konfliksituasies regoor die wêreld en lande moet baie slim dink voordat hulle by enige konflik betrokke raak of hulself daaroor uitspreek.”

Meer as 500 000 mense het reeds uit Oekraïne gevlug sedert Rusland dié land Donderdag ingeval het. Talle mense is dood en verskeie stede en dorpe verwoes.

Die DA het vroeër reeds ʼn beroep op die ANC gedoen om sy Brics-lidmaatskap te gebruik om Rusland se inval in Oekraïne te veroordeel en onmiddellike onttrekking te versoek. Suid-Afrika is ’n lid van die Brics-groep van lande, wat uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika bestaan.

Darren Bergman, die DA se woordvoerder vir internasionale handel, meen die ANC moet dié posisie en die nabyheid van pres. Wladimir Poetin gebruik om die stygende spanning wat minstens sedert 2014 broei, af te skaal.

“Dit was ’n geskikte tyd vir die ANC om verlore ruimte in die internasionale arena terug te eis deur ’n paar positiewe winste uit ’n reeks klaterende blapse te maak,” het Bergman gesê.

Volgens Bergman is dit nie nou die tyd om lojaal te wees teenoor “oorlogshonger bondgenote” nie.

“Dit is die tyd om dit te doen wat regverdig en reg is.”

Kleynhans meen egter dat dit beter is dat Suid-Afrika so ver as moontlik neutraal bly.

“Suid-Afrika kan dit nie bekostig nie – nie ekonomies of militêr nie.

“Suid-Afrika kan ook nie bekostig om van die partye te vervreem nie. Om byvoorbeeld Rusland se kant te kies sou beteken dat Suid-Afrika die Weste daardeur kan vervreem. Dit maak heeltemal sin dat Suid-Afrika oorlog veroordeel, maar grotendeels stilbly, aangaan met wat belangrik hier is en ʼn groot mate van neutraliteit behou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Henri ·

Werkers unies is ‘n sosialistiese bestel. Dus sal geen werkers unie durf waag om teen Rusland, die moeder van werkers unies, standpunt in te neem nie.

Rusland is die aggressor en dus moet Rusland se daad, en dus regering, veroordeel word. Indien een van ons buurlande dit sou waag om ons binne te val (behoede ons), sal ons ook die lydende party wees en om internasionale hulp smeek.

JohanR ·

As Suid Afrika net die helfte soe doeltreffend was as Israel dink waar ons kan wees?

Dirk Mostert ·

Ek kies kant teen Israel. Grondgrypers en indringers!

Kobus ·

Stem saam met Jaco Kleynhans. Dis soos wanneer kinders baklei en ouers raak betrokke. Die kinders het lankal vrede gemaak dan is die ouers nog kwaad vir mekaar. SA se hoofstuk twee van die Grondwet wat Menseregte omvattend stel. Ongelukkig het ons regering nie ruggraat om lande waar vergrype en mishandeling plaasvind aan te vat nie. Kyk sommer wat het ANC met Mugabe gedoen. Niks, absoluut niks.

Jr ·

Maar as dit Israel was, was hulle bekke nou nie stil gehou nie. ANC is kommuniste en die Russe is hulle handlers. Oor en uit. Hang af vir hulle wie skend mense regte.

annie ·

Suid-Afrika, die ANC inkluis, het deur die jare vanuit vele oorde hulp ontvang. Wie, wat en wanneer is ‘n duistere konkoksie. In die vorige WO was Duitsland die boosdoener en nou is sy en Navo die held met die Oekraïene se Zelensky, ‘n Jood, ‘n boesem-vriend gerieflik op Rusland se grens. Die VSA dreig steeds met grootse dade. Altyd wagtend om groot skade aan te rig met ‘n klein vreemde liberated beautiful oupa as leier. Nuwe-SA is niemand en pateties. Wie stel nog belang in ons ewige gewetter?

Swerwer ·

Natuurlik sal die ANC hul nie by die res van die wêreld skaar nie, hul ondersteun dan Rusland, Kommunisme is dan aan die orde van die dag in ons land.

Dirk Mostert ·

Rusland en kommunisme is nie sinoniem nie! Die NWO is die mensdom se grootste bedreiging en word deur die weste gepropageer.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek verskil met respek van mnr Jaco Kleynhans. Die besluit moet in sy wese nie afhang van die vraag wat is in die beste belang van Suid-Afrika nie. Die besluit moet gebaseer wees op wat is reg en geregtigheid. Of het die ANC-leierskap nie die ruggraat om standpunt in te neem ter bevordering van reg en geregtigheid nie? Waarom buite stemming in die VVO bly? My kommentaar aan die ANC-leierskap: “Sies vir julle”.

Stephanus ·

Die reg om te besluit wat is reg en verkeerd berus nie by ons as skepsels nie en as daar so deur die kommentare gelees word, kan n mens sien hoekom dit so is. Dit is duidelik dat in die meeste gevalle oordeel gefel word met weinig of geen kennis van wat die oorsake van die konflik is nie.

Jaco ·

Ek stem met jou saam interme van die verwerping van die oorlog. ‘n Mens kan nie anders as om die oorlog te verwerp nie. Suid-Afrika moes dit ook doen en het ‘n fout gemaak om by die VN buite stemming te bly. Wat ek wel sê is dat SA nie verder as veroordeling betrokke moet raak nie. Suid-Afrika kan net verloor.

Pieter ·

So hoekom sal n kominus teen n ander een opstaan? SA sal in n ander rigting kyk, terwyl Rusland aangaan met die oorlog. Ons moet net onthou, dat die wiel draai, en ons ook eendag sal vra vir hulp,maar die wereld sal nie na ons kan toe kyk nie,en ons sal op ons eie wees.

Agtogwatnog ·

Ja en wat doen die westerse wereld huidiglik om die afrikaner wat onderdruk word te hulp te kom, NIKS. NATO en Amerika het Okranië on hierdie situasie in gelei. Rusland sê al sedert 2008 dat NATO nie op hul grense tent opslaan nie. Dit sal baie van die toevoegers hier baat om die inleiding rot die krisies te bestudeer. Amerika en NATO saai onrus en anargie vir persoonlike baat. Glo my hulle met die hulp van VK is klaar besig om onmin te beplan hier on SA omdat ons deel is van BRICKS. Hou Malema en kie goed dop die volgende paar maande.

capie ·

Ek wonder of Jaco Kleynhans werklik weet van die oorlogs misdade vanaf Rusland se kant. Die bombardereing van sivile teikens, hospitale, woonstelblokke met inwoners binne en winkel sentrums. Ek wonder of hy die video van die laaste oomblike van ‘n sesjarige dogtertjie wat by n winkelsentrum beseer is gesien het. Plaaslike media insluitend MM is baie stil daaroor.

Verbasend is dat feitlik net die Bricks lande daaroor stilbly en nie stappe doen nie. Die operasie is blykbaar vir meer as ‘n jaar beplan en het begin na die einde van die spele in China. goeie tydsberekening. Dan met die hoë profiel politici wat Rusland besoek vir mediese redes , is dit nie net om ingelig te word van die vordering met die inval se planne nie. Dalk nog ‘n geld kraantjie wat oopgedraai is. Dit is net die begin van die herwinning van al die voormalige sjoviet state wat nou onafhanklik is en sal dus ook Rusland se steun wees as ‘n algehele oorgang vir ons na ‘n kommunistiese staat.

VaalDonkie ·

Hoe weet jy of enige van daai goed waar is? Want al daai foto’s van presidente en poppies wat “veg” het as vervals uitgekom. So hoe kan jy seker wees dat enigiets wat jy van die oorlog hoor, hetsy van Oekraiene OF Rusland se kant, is waar?

Dirk Mostert ·

En jy is salig onbewus van die Kiev regime se oorlogsmisdade teen Donbas die afgelope 8 jaar.

Keelvol ·

Die DA leef in n droom wêreld van hulle eie. Die ANC sal nie Rusland veroordeel nie. Hulle het tot dan stil gebly toe zimbabwe die boere daar se grond weg vat. Die ander pad gekyk.

Die ANC staan dan bakhand by die Russe vir die 6 kernkragstasies.

henndrik ·

Ek glo ons kan nie op die kantlyn staan in hierdie geval nie, hier is ‘n duidelike lyn tussen reg en verkeerd en as dit eskaleer (en ek dink dit gaan) gaan die lande wat ‘onpartydig’ was ook as skuldig beskou word en gestraf word. Die probleem is egter, die ANC bestuur Suid Afrika op dieselfde beginsels as Putin (self en kader verryking) ten koste van die armes

Ilze ·

Ja. Dit is so dat Oekraine die grootste christenland in daai deel van Europa is- die kerk van Jesus Christus word dus groot verteenwoordig in Oekraine. Dalk HOOF rede hoekom Rusland hul binnegeval het. So lande wat Rusland hier ondersteun-laat my nogal diep dink en wonder.

Stephanus ·

Putin is ook n Ortodokse Christen. Is Biden n Christen?

Robert ·

Vir ‘n Christen land het hulle intressante liberale wette.

Ilze ·

En Rusland wil eintlik eventueel vir Israel aanval/binne val-saam met n paar bondgenote . BONDGENOTE wat hulle nou besig is om te soek.

Anna-marie ·

Rusland is vir 30 jaar al nie meer ‘n kommunistiese land nie.

Arno ·

Hulle is nie 100% Kommunisties nie, maar hulle is verseker nie ontslae van dit nie. China en Rusland het vinnig agter gekom dat extreme Kommunisme hulle lande sal laat vou het. Hulle moes sekere Kapitalistiese aspekte in hulle lande implementeer, maar hulle is maar primêr nogsteeds Kommunisties. Putin veral wil die USSR weer op die been bring. Dis hoekom hy doen wat hy doen.

Maritza ·

Wat vir die ANC belangrik is, is dat hulle in Poetin se sak bly

Arno ·

Ek dink Desmond Tutu het dit die beste gestel:

“If you are neutral in situations of injustice, you have chosen the side of the oppressor. If an elephant has its foot on the tail of a mouse, and you say that you are neutral, the mouse will not appreciate your neutrality.”

Die Suid Afrikanse regeering het die kant van die onderdrukker gekies toe hulle neutraliteit gekies het. Hierdie gaan nie maklik vergeet word deur die internationale gemeenskap nie. Die ANC gaan sy laaste bietjie internationale respek weg gooi met hierdie besluit.

Frank ·

Nee, Jaco, die tyd vir draadsittery en neutraal wees in die wereld is laaankal verby. ‘n Ding is reg of verkeerd. Rusland se optrede kan in geen debat goedgepraat word nie. Ja, Rusland het baie rede om dik te wees vir Navo ens, maar jy gaan nie in ‘n sovereine staat in en begin landburgers doodmaak nie.

Jaco ·

Frank. Natuurlik is die oorlog verkeerd. Suid-Afrika moet dit ook veroordeel. Ek het dit self in ‘n artikel reeds verlede naweek op Maroela Media veroordeel. Al wat ek nou gesê het, is dat dit wys sou wees as Suid-Afrika nie verder betrokke raak nie. Dit is ‘n baie slegte oorlog, maar dit is ver van ons verwyder en nie ons oorlog nie.

Deon ·

Ons moet hoop en bid dat hierdie draadsittery, gekruip by Rusland en onbevoegde rondpratery deur die ANC nie nog gaan uitloop op sanksies teen die RSA ook nie. Dit sal dan hierdie land van ons nou heeltemal platslaan en sommer baie vinnig in n ashoop verander.

Jaco ·

Geen draadsittery oor oorlog nie, maar wel sinvolle keuses oor waar ‘n mens betrokke raak. Verwerp dus die oorlog maar laat dit dan daar. Hierdie is Europa en Rusland se krisis.

Jaco ·

Wat ek hierbo probeer sê is dat SA sonder twyfel die oorlog moet veroordeel. Ek het dit reeds verlede week in ‘n indiepte artikel hier op Maroela Media gedoen. Rusland en Poetin is verkeerd en ‘n harde reaksie op Poetin deur die Weste is geregverdig. Wat ek wel gesê het, is dat Suid-Afrika die oorlog moet veroordeel en dit dan daar moet laat. Suid-Afrika is ver verwyders van hierdie konflik. Dit is ‘n magstryd tussen Rusland en die Weste met Rusland as aggressor maar jare, dekades, selfs eeue se komplekse magsverskuiwings het alles hierop ingespeel wat die Weste geen engeltjies maak nie. Met die ANC en die regering wat reeds verdeeld is oor die kwessie is dit in die belang van Suid-Afrika dat die oorlog veroordeel word, maar dat Suid-Afrika vir die res hom dan daaruit hou. Wat bedoel ek daarmee? In byvoorbeeld die sanksiestryd hoef Suid-Afrika nie kant te kies. Ons bydrae is in elk geval klein en enige drastiese optrede (na watter kant toe ook) sal ons net skade berokken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.