SA hospitaal in Sirië vernietig in bomaanval

Argieffoto van Sirië

Argieffoto van Sirië

ʼn Hospitaal in Sirië wat deur die Suid-Afrikaanse liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers bestuur word, is in ʼn lugaanval gebombardeer.

Volgens Shaam News Network het regeringsvegvliegtuie glo ʼn missiel na die veldhospitaal afgevuur. Fekri Shaban, Gift of the Givers-woordvoerder, het aan eNCA gesê die organisasie glo dit was ʼn aanval deur die regering. Verskeie mense is beseer en vensters en deure is vernietig.

Daar word ongeveer 10 000 pasiënte per maand in die hospitaal behandel.

ʼn Span van Gift of the Givers wat deur dr. Imtiaz Sooliman gelei is, het in 2013 die grens van Turkye na Sirië oorgesteek om mediese behandeling aan mense te bied wat deur die land se burgeroorlog ontwortel is.

Lede van Gift of the Givers het aan News24 gesê hulle het gevrees dat hulle aangeval sou word en het die hospitaal en toerusting twee weke gelede ontruim.

Die departement van internasionale verhoudinge en samewerking kon nie Dinsdagoggend kommentaar lewer nie.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.