SA hotel gekap ná hul Zim-ministers weier

Die Radisson Blu-hotel in Sandton in Johannesburg. Foto: https://www.radissonblu.com

ʼn Afvaardiging van Zimbabwiese ministers, onder wie adjunkpresident Emmerson Mnangagwa, moes verlede week skarrel om inderhaas ander verblyf te reël nadat die bestuur van ʼn luukse hotel in Sandton in Johannesburg hul bespreking gekanselleer het.

Die Zim-SA Forum beweer nou dat daar ʼn rasse- en politieke motief agter die hotel se besluit skuil.

Die Zimbabwiese ministers het na Suid-Afrika gereis om ʼn twee dae lange beleggerskonferensie wat deur die Zim-SA Forum in Johannesburg aangebied is, by te woon. Verblyf is by die Radisson Blu-hotel bespreek, maar die hotel het die bespreking gekanselleer.

Volkan Vural, algemene bestuurder van die Radisson Blu Sandton, het Maandag aan African News Agency (ANA) gesê die hotel het die Zimbabwiese afvaardiging se verblyf “van die hand gewys” weens die moontlikheid van betogings. “Die Radisson Blu Sandton het besluit om nie die Zimbabwiese afvaardiging te huisves nie weens veiligheids- en betogingsbekommernisse by die hotel. Ons het ʼn verpligting om die veiligheid van al ons gaste te verseker,” het Vural gesê.

“Ons het met die organiseerders van die Zimbabwiese afvaardiging gepraat om hierdie inligting aan hulle oor te dra. Hoewel dit op kort kennisgewing gedoen is, was daar geen kwade bedoelings hiermee nie. Ons gaste se veiligheid sal altyd ons eerste prioriteit bly.”

Anele Ndlovu, president van die Zim-SA Forum, het egter teruggekap en gesê veiligheidsbekommernisse is nie die ware rede vir die hotel se besluit nie. Hy het gesê teen Donderdag het twee Zimbabwiese ministers reeds geland en sommige afgevaardigdes van die Verenigde Koninkryk het reeds by die hotel ingeboek toe hulle in kennis gestel is dat hulle nie meer by die hotel kan bly nie.

Volgens Ndlovu het hulle inligting ontvang dat daar moontlik ʼn betoging deur ʼn klein groep genaamd #Tajamuka gehou kan word, maar die hotel is vooraf hieroor ingelig. “Dit is ʼn hotel wat hulle daarop roem dat hulle mense soos Barack Obama, George Bush en ander topwêreldleiers huisves. Dit is die mense wat van die hoogste veiligheidsrisiko’s ter wêreld trek. Ons het die hotel gekies juis hieroor. Ons wou gehad het ons adjunkpresident moet veilig wees,” het hy gesê.

“Dit het niks te doen met veiligheid nie. Hulle huisves Amerikaanse leiers, maar nou sê hulle nee vir ons oor ʼn skadelose groep Zimbabwiërs met plakkate. Dit kon dalk net ʼn groep van tien betogers gewees het en nou word dit ʼn veiligheidsrisiko genoem. Hierdie besluit klink polities en rasgedrewe.”

Ndlovu het gesê die afvaardiging is “met ope arms” by ander hotelle in Sandton verwelkom.

Isaac Moyo, Zimbabwiese ambassadeur in Suid-Afrika, het gesê die kansellasie word beskou as ʼn poging om die beleggerskonferensie te saboteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Kasper ·

Ai toggie , en daar word die ras-kaart weer gespeel. Miskien, net miskien wou hulle julle nie rerig toelaat nie angesien Zim bankrot is en nie sou kon betaal vir julle mense se verblyf nie.
Hierdie hotelle werk nie op charity nie , hulle is ‘n besigheid wat wins moet toon.

Adoons ·

Nou waarom sal Barack Obama toegelaat word om te bly as dit regtig oor ras gaan?

Nettie ·

Net so, Adoons! Buiten dat hulle nie genoeg geld in hul land het om die hotel fooie te betaal nie, is daar iets soos “reg tot toegang voorbehou” wat die hotel 100% vermoë gee om iemand toegang tot hul perseel te verbied.

En of dit nou 10 of 20 Zimbabwiese betogers is wat sou plakkate swaai voor die hotel, of nie: ‘n veiligheidsrisiko is dit gewis! Het ons dan nie gesien watter skade Zimbabwiërs, oftewel kammakastige ‘universiteitsstudente’, tydens die #FeesMustFall en #RhodesMustFall veldtogte aangerig het nie? Die goed is mos half besete as hulle in so ‘n groep is en gee nie ‘n snars om hoeveel skade aan wie of wat bereken word nie. Hoekom die hotel se perseel, gebou, personeel, betalende gaste ens. blootstel aan daardie moontlikheid?

Ig ·

Ek doen ook glad nie sake met enige staatsdepartement of munisipaliteit nie so maak dit my ook n rassis?Dit gaan seker vir die hotel oor of hy sy geld gaan kry of nie.

Sw ·

Wil die Zim afgevaardigdes met bankrot nuttelose Zim dollars betaal?
Nee wat als aan hul is ñ risiko.

Ai tog ·

Dalk was hulle rekening nog nie vereffen voor hulle kan in boek nie.

Johann Spies ·

Dit is sekerlik die hotel se reg om toegang te weier sonder die nodigheid om redes te verskaf.

Frik ·

Wie sou die rekening betaal en wanneer? Ons seker, want hulle het nie genoeg bagasie om al die Zim-dollars te hou wat sou nodig wees nie. Betogings in onse land gaan gepaard met brand stigting en plunder of dit nou 10 of 10000 is. Steun die hotel se besluit. Versprei eerder die afvaardiging sodat dit vir die betogers moeilik gaan wees en dit versprei ook die koste risiko.

Eish ·

Reg van toegang voorbehou.
Rede verskaf aanvaarbaar. Net soos in Wes Kaap toe skole gesluit is as voorsorg teen voorspelde storm.
Née wat, laat hul gaan.

Soekie ·

As jy my vra, sou hulle nie kon betaal nie…. nou is dit kamstig rasverwant…. Ag asb, bou ‘n bruggie en kom daaroor….

Amelia ·

Wel ons wit blankes word nie op jul plase geduld nie. Wat soek julle hier. Gaan bly in Sowetto. Of wil Sowetto jul ook nie he nie, Gedink hul weet wat is goed vir hulle.

Eugene ·

Die onteiening van blanke plase in Zim is natuurlik nie rassisties nie of geld die reëls van demokrasie net wanneer dit julle pas. Betaal sommer julle land se Evkom rekening trywyl julle hier is.

Erick ·

Julle kan mos by die Blue Hotel bly en by Spur gaan eet. Zimbabwe is bankrot.

Natasha ·

Alles is mos by hulle `n rasse kwessie komende van die grootste rassiste wat elke blanke boer van hulle grond verwyder het .

SêNet71 ·

Mugabe was baie duidelik toe hy gesê het die laaste blanke boere sal van hulle plase “verwyder”/”verdryf” word en dit is NIE rassisties nie. Daar is ook net een vuurhoutjie van een betoger nodig om die hele hotel tot in die afgrond toe te laat afbrand – dus maak dit nie saak of daar 10 of ‘n 1000 betogers sou wees nie. Met die ongesonde politieke klimaat in Suid-Afrika kan ‘n mens eenvoudig nie bekostig om so ‘n risiko te loop nie.

Mielie ·

Dis ok vir die mense om in duur plekke te gaan bly terwyl die res van die mense in die land kripeer. Dit kan ook n goeie manier wees om dié regering te boikot.

Leon ·

“skadelose groep Zimmers” haha het jy al gesien wat jou groep zimmers in die land maak?

marous ·

Binnekort sal hulle moet tente en kerse bring as hulle hier wil kom kuier ……

Nico ·

Ek sal hulle ook weg wys kyk hoe baie misdaad word in Suid-Afrika deur zimbabwe se burgers gepleeg hoe baie van hulle eie mense word deur hulle self in hulle eie land weggewys voel hoe voel dit

Aitoggie ·

Of… hulle kon by die Guptas oornag het, hul mansion is groot genoeg daarvoor.

Ian ·

Ek dink die hotel was bang hulle word in “bokke” betaal, volgens die artikel verlede week oor skool foeie wat nou betaalbaar is in lewende hawe soos bokke. Die hotel het besliss nie genoeg gras nie.

E ·

Suck it up, Anele. Jou regering betaal seker nie die rekening as jy uitklaar nie!

Hasie ·

Nou wat sê beleggers konferensie wil die zimmers nou kom by woon? Seker wil die ministers leer hoe om die geld te belê wat hulle van die zimregering (arm mense) gesteel het. Selfde as SA.

Johanna Botha ·

Baie goed ons kan trots wees op die hotel …wens hulle wil oorsee die anc skelms ook verhoed

Knaap ·

Wonder of hulle sou betaal het?
Waarskynlik wys uit daardie opsig ook

Buks Barnard ·

Menstaal vir “general manager” is HOOFBESTUURDER; nie “algemene bestuurder” nie.

Stefaans ·

Al ooit ‘n kennisgewing gesien wat sê “Reg van toegang voorbehou”? Baie hotelle is al kopsku vir groepe wat hulle soos varke gedra, die plek verniel en nie hul rekenings vereffen nie – ek neem die hotel nie kwalik nie.

Jaco Grobler ·

Good grief Anale, have you ever considered the track record of marches in South Africa, at almost every event there are millions rands worth of damage, while I cannot attribute 1c worth of damage to a visit of a high profile leader WITHOUT marches, (whether they are white or black) Why don’t you leave lala-land for a minute and come spend some time in the real world?

Karen ·

Good for you Mr Manager ! Soos genome hulle mense krepeer van honger wit boere word verriniweer en als word geplunder. ek sou ook nie toelaat dat hulle in my plek kom bly – die brand kultuur slaan te sterk deur. Ook weet almal mos “the cheque is in the post” is leuse van statige departmente en sekere mense. Nee gaan bly in Soweto live your culture”
En nee Manfred Henk is toevallig reg. die “bomplanter” is saboteur en die daad is saboteer die brug – sabotasie.
Rassekaart – speel dit maar dis vervelig en dit maak ons net sterker. en soos genoem Reg Voorbehou…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.