SA huishoudings nou beter daaraan toe

finansies-bestuur-geld-tyd-stevepb-pixabay

Foto: Stevebp/Pixabay.com

Die reële waarde van Suid-Afrikaanse huishoudings se netto welvaart het in die derde kwartaal van 2017 toegeneem nadat dit vir ses agtereenvolgende kwartale gedaal het.

Volgens Momentum en Unisa se welvaartverslag het huishoudings se netto welvaart met sowat 2,5% in die derde kwartaal toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk in 2016.

Huishoudelike netto welvaart is volgens die verslag in effek sowat R175,6 miljoen hoër as ʼn jaar gelede.

Huishoudings se netto welvaart word bereken deur huishoudings se laste (uitstaande skuld en rekeninge) af te trek van hul bates (waarde van goedere en beleggings).

“Die verbetering in huishoudelike netto welvaart verskaf broodnodige verligting aan verbruikers wie se finansiële posisie oor die afgelope drie jaar stadig agteruitgegaan het,” het Momentum en Unisa gesê.

Dié instellings meen ʼn hoër belastinglas gepaardgaande met stygende pryse en stabiele skuldkoste het geleidelik verbruikers se inkomste weggevreet wat beskikbaar is vir besteding en besparing.

Hulle het egter gewaarsku dat die tempo waarteen huishoudings skuld aangaan moontlik oor die volgende paar kwartale kan toeneem aangesien skuld glo meer bekostigbaar word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hans ·

Jaaa uitgewerk hoe? Salrise is hoër, het hul inaamerking geneem van al die verhogings wat plaasgevind het. Ek kan sekerlik nie die verskil voel of sien nie. Als gaan net nog meer agteruit.

Hmpf.... ·

… Van waar gehasie?….. Met wie het julle gepraat?……Ek kan nie hou dat iemand na my toe gekom het nie…….

Rooiman ·

Waar, o waar, kan ek asb vir my so n huishouding kry? In myne gaan dit glad nie beter nie…

HPV ·

Dit werk so. Jy vernietig die ekonomie, die gevolg daarvan ‘n derde van huishoudings inkomsteloos. Neem dan die wat oorbly en sê hulle is beter daaraan toe. Ag snert man!

Bankrot ·

Ek het definitief nie 2.5% minder in my oortrekkings-fasiliteit ingeklim hierdie maand nie. hahaha.
Nee wat. So dit gaan nou net 2.5% langer vat voor ek heeltemal in die sop is.

PJC ·

Hierdie geld miskien vir mense wat nog werk maar defnitief nie vir pensioenarisse en mense wat afgelě is nie.

Welvarende ·

Papier kan vir baie dinge gebruik word. Tot welvaart toedig. Nou ja, toe ons “rykdom” styg, styg die toiletpapier, brandstof, kos, klere, arbeiders salarisse…..en die gat word ‘n groter gat. Voorwaar ‘n goeie stukkie papier. As ek hom kon “bekostig” sou ek my ten minste my neus kon snuit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.