SA ‘huiwerig’ om kinders terug te stuur skool toe – peiling

(Argieffoto: Leonie Bezuidenhout)

ʼn Aanlyn peiling wat deur die marknavorsingsmaatskappy Ipsos onderneem is dui daarop dat net twee uit elke tien deelnemers “baie gemaklik” of “effens gemaklik” om hul kinders te midde van die Covid-19-pandemie terug te stuur skool toe.

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Dinsdag aangekondig gr. 7- en graad gr. 12-leerders keer op 1 Junie terug skool toe. Sy het ook voorsorgmaatreëls bekend gemaak om personeel en leerders veilig te hou, maar gewaarsku dat dit onmoontlik is om te waarborg dat niemand die nuwe virussiekte gaan opdoen nie.

Skole is reeds sedert 18 Maart gesluit en al hoe meer mense het op vlak 4 van die inperkingsmaatreëls teruggekeer werk toe. Skole en kleuterskole bly egter steeds gesluit.

Die aanlyn peiling is aan die begin van die maand in 16 lande, ook in Suid-Afrika, gedoen. Nagenoeg ʼn duisend van die deelnemers was Suid-Afrikaners, meestal in stedelike gebiede en met gereelde toegang tot die internet.

Wêreldwyd is bykans ʼn derde van die deelnemers gemaklik daarmee om hul kinders terug skool toe te stuur. Ondanks die feit dat kinders wat tuisbly tuisonderrig moet ontvang, sê ʼn kwart van die Suid-Afrikaanse deelnemers (24%) hulle gaan beslis nie oor die volgende paar weke hul kinders terugstuur skool toe nie.

“Vier uit vyf aanlyn Suid-Afrikaanse deelnemers is dus daarteen gekant om in dié stadium hul kinders skool toe te stuur,” het die navorsers bevind.

Hoe gemaklik is jy daarmee om jou kinders terug te stuur skool toe?
 Suid-AfrikaTotale peiling
Baie gemaklik6%10%
Effens gemaklik14%21%
Nie baie gemaklik nie24%27%
Glad nie gemaklik nie31%19%
Gaan dit beslis nie binne die volgende paar weke doen nie24%22%

Wat betref hul eie terugkeer werk toe, is Suid-Afrikaners verdeeld. Bykans die helfte (47%) is gemaklik daarmee, terwyl 52% ongemaklik daarmee is, of aandui dat hulle glad nie binne die volgende paar weke gaan terugkeer werk toe nie.

Wêreldwyd is sowat 55% van mense gemaklik daarmee om terug te keer werk toe.

Hoe gemaklik is jy daarmee om terug te keer na jou werkplek?
 Suid-AfrikaTotale peiling
Baie gemaklik15%22%
Effens gemaklik32%33%
Nie baie gemaklik nie25%26%
Glad nie gemaklik nie19%13%
Gaan dit beslis nie binne die volgende paar weke doen nie9%7%

Suid-Afrikaners is nie alleen in hul huiwering om hul kinders terug te stuur skool toe, of self hul normale werksroetine te hervat nie. Sommige mense wêreldwyd sê hoewel hulle gemaklik daarmee is om self binne die volgende paar weke terug te keer werk toe, voel hulle anders wanneer dit by hul kinders kom.

Mense in Suid-Korea (82%), Australië (71%), China (65%), Rusland (63%) en Duitsland (58%) is bo-aan die lys van diegene wat gemaklik daarmee is om terug te keer werk toe.

Die lande met die grootste ongemak oor ʼn terugkeer werk toe, is Brasilië (48%) en Spanje (48%). Een uit elke vyf Brasiliane sê hulle gaan beslis nie binne die volgende paar weke terug werk toe nie.

Brasiliane is die sterkste gekant teen hul kinders se terugkeer skool toe en meer as twee uit elke vyf respondente (44%) sê hulle gaan dit beslis nie toelaat nie. Brasilië word gevolg deur Japan (30%) en die VSA (28%).

Meer as 5 miljoen mense wêreldwyd het al die nuwe virussiekte opgedoen en die sterftesyfers weens Covid-19 is net minder as 330 000. Verreweg die meeste voorvalle en sterftes was in die VSA.

In Suid-Afrika is daar in dié stadium 18 003 bevestigde Covid-19-gevalle (waarvan 8 950 mense reeds herstel het) en 339 sterftes. Slegs een persoon jonger as 20 jaar oud het tot dusver weens die virus gesterf. In dié geval was dit ʼn vroeggebore baba van twee dae oud. Die kind se ma het Covid-19.

  • Oor die studie: Die peiling is van 7 tot 10 Mei onder 16 000 volwassenes in Kanada, die VSA, Australië, Brasilië, China, Frankryk, Duitsland, Italië, Spanje, Indië, Japan, Mexiko, Rusland, Suid-Afrika, Suid-Korea en Engeland gedoen. Nagenoeg 1 000 indiwidue in elke land het deelgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Emily

Die regering weet nie wat hulle doen nie, jammer om te se.
Kinders moet terug skool toe, Maar ouers mag nie gaan werk nie.
Julle moet regtig julle beplaning beter reel, almal van julle het verskillende stories en waar is die sg. president dat ons niks van hom hoor nie. O ja seker nog in vergaderings en samesprekings.
Dis n skande hoe ons Suid Afrikaners behandel word.
Dis een lieg storie op die ander.
Hoeveel het nou al hul werk, huise ens. verloor.

Willem

Kinders en onderwysers gaan terug skool toe maar ek mag nie by my broer gaan kuier nie

Lizanda

Dit is omdat seker kinders huiwerig is om te wil leer in hierdie land, een woord…..demand!

Oe la la

Nou vra ek maar net waar moet ek as werkende mamma my kinders heen stuur?

Misky

Ek glo ook die lewe moet aangaan, kinders weer leer en alles na n semi normaal terugkeer (ons weet dit sal nooit weer normaal wees soos ons dit geken het nie). Maar sekere riglyne wat deur die staat gestel word, is belaglik en maak geen sin nie. Hoe kan n haarkapper nog nie werk nie, maar my kind moet skool toe gaan saam met honderde ander? Haarsalonne het dalk 3 kliente op n slag daar as dit besig is, maar dit word verbied. Dit is nou dieselfde salon wat my matriek seun se hare moet sny voor hy kan terug… Lees meer »