SA in die greep van korrupsie, bedrog en gierigheid, sê IVP-leier

Mangosuthu Buthelezi. Foto: GCIS

Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Saterdag gesê Suid-Afrika is onder aanval, maar die vyand kom nie van buite met vuurwapens en messe nie; die wapens is korrupsie, bedrog, gierigheid en ontkenning.

“Die korrupsie en staatskaping waarvan ons hoor kom nie uit die bloute nie. Sommige mense probeer die skuld plaas op voormalige pres. Jacob Zuma,” het hy tydens die IVP se verkiesingsveldtog in Bergville in KwaZulu-Natal gesê.

Volgens hom was korrupsie al teenwoordig in die regerende ANC nog voor Zuma se presidentskap en “dit is duidelik nog steeds teenwoordig”. “Die verrotting word nou aan die lig gebring, maar daardie verrotting het wortel geskiet en dit groei steeds.”

Hy het gesê in hierdie stadium moes senior leiers al geskors, vervolg en agter tralies gewees het. “Maar daar is net ʼn algehele stilswye. Al wat ons hoor is nog beloftes en slagspreuke om Suid-Afrika te groei, terwyl die land duidelik in ʼn krisis is. Eskom het misluk. Die petrolprys styg. Kos is te duur. Werkloosheid is hoog en groei het byna stagneer en dit skep die bedreiging dat die stelsel van maatskaplike toelaes binnekort ineen kan stort.

“Daar is duidelik ʼn gevaar. Ons land word aangeval. Ons moet dit met ʼn teenstrydige gees bestry. Ons moet teen korrupsie baklei met die waarheid, deursigtigheid en aanspreeklikheid. Eers wanneer ons leiers wat ons kan vertrou in leiersposisies plaas, sal ons sien dat die gety begin draai.”

Kiesers moet partye evalueer wat hulle stem vra. “Moenie net stem vir die een met die hardste stem of die mees indrukwekkende veldtog nie. Luister. Vra vrae. En oorweeg die verlede – want die beste teken of ʼn party eerlik sal wees, is of hulle al vantevore vir jou gejok het. Het hulle vir jou werk en huise belowe? Het jy ʼn huis en ʼn werk? Is jy geleenthede, grond of beginnerskapitaal belowe?”

Die IVP se slagspreuk vir die veldtog is dieselfde een wat die party in 2016 vir die plaaslikeregeringsverkiesing gebruik het: “Vertrou ons”. “Ons het dit duidelik gemaak dat jy ons kan vertrou,” het Buthelezi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

John ·

Vergeet die ou oom van wat in eie geledere en in sy eie provinsie aangaan. Die Zoeloe-monarg leef in weelde en sy indoena’s sit op groot grond wat hulle nie deel nie en dan eis hulle ook dat nog grond in ander dele van die land wat hul glo toekom. … ‘oorweeg die verlede… en vertrou ons’.. ha, ha…

BlinkStephaans ·

Ek dink elke party op die stembrief het iets in sy verlede… n geraamte in die kas… n binnegeveg… en n paar dinge waarvoor hulle moet pa staan. Wat ons wel ook weet is dat die regering van die dag n hopelose job doen en gladnie die massas wat breinloos vir hulle stem se belange dra…wat nog tesê van die wat nie eers vir hulle stem. Oom Mangosuthu…. jy is al oud… maar het steeds n stem en die respek van baie mense. Wat gaan dit kos om jou en n klomp ander partyleiers wat ook in n goeie en beter toekoms vir almal glo… en glo dat dit moontlik is… om n tafel te kry… een party te stig… wat regtig die breër SA verteenwoordig…. en die vrot uit te sny? Dit gaan vra dat julle n paar geskille en verskille moet begrawe… maar hoekom nie? Julle sien waarheen alles oppad is, maar elkeen van julle se stem op jul eie maak min inpak. Kry die span bymekaar… ek is seker dit is moontlik.

Agie ·

BlinkStephaans
Dis met daai BREINLOOS wat jy die hele spul raakvat

Buite Stander ·

Die kabinet sal en kan niks doen nie. Die verroting is te vêr gevorderd en SAFCEC sal gelukkig wees om ‘n erkenning van ontvangs te kry.

JaNee ·

Ja ja … water is nat, rys is wit. Nog net iemand wat sê wat ons almal weet. Praat is goedkoop. Hou op praat en begin iets doen daaromtrent.

Gert van Wierdapark ·

Hy praat seker van die “Nuwe Party” in SA wat in die geheim opereer, uiters gevaarlik is vir die land, die ekonomie en sy mense: Ons eie……..KGB = Korrupsie, Gierigheid en Bedrog!!!

Lerato ·

Koos
Ek het die berig aandagtig gelees. Dis verskriklik. Dis so jammer dat hierdie brief nie wyer publisiteit kry nie.

Toks ·

Dankie Koos …gelees…skokkend…geen wet en orde en niemand om ons te beskerm nie

Boella ·

My vriend was die oom se lyfwag hy het gese die oom is baie slim en goeie mens

marous ·

Hy is ‘n goeie man . Hy is met rede uit die politiek gehou . As hy die president was sou hierdie land heel anders gelyk het .

Trol ·

Is die oom nie al vir dekases leier van die ivp nie? Baie ondemokraties en beslis despoties. Is dit nie ook lunreg in teenstelling met die grondwet nie?

Maljan ·

Goeie punt wat jy opper. Is daar nie n bepaling dat mens op die uiterste net twee termyne in enige amp mag dien nie?

George in Bloem ·

Die indoena se eie provinsie is self maar lekker vrot van korrupsie en hy se ook nie veel van die koningshuis nie. Stilswye kan soms heelwat meer se as hard praat of skree.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.