SA in rooi gehul oor produksiebedryf se lot

Die Atterbury-teater in Pretoria is in rooi gehul. Foto: Verskaf

Verskeie geboue en openbare plekke reg oor Suid-Afrika is sedert Woensdagoggend in rooi gehul om die verlammende effek te beklemtoon wat die afsonderingstydperk op mense in die bedryf vir tegniese produksie en regstreekse byeenkomste het.

Die bedryf, wat venues, teaters, verhuringsondernemings, produksiemaatskappye en ander ondernemings insluit, staan al die afgelope vyf maande stil weens die afsonderingsregulasies waarvolgens daar ʼn verbod op openbare byeenkomste is.

Die #LightSAred-veldtog het ten doel om bewustheid te skep rondom die benarde posisie waarin die bedryf tans verkeer.

Individue, ondernemings en almal wat besorg is oor die toekoms van regstreekse byeenkomste, is genooi om deel te neem aan die veldtog deur ʼn gebou, ʼn leë verhoog, ʼn tuin of enige voorwerp in rooi te verlig, ʼn foto daarvan te neem en dit op hul sosialemediaplatforms te deel.

Die Atterbury-teater in Pretoria is in rooi gehul. Foto: Verskaf

“Die bedryf is besig om dood te gaan en ons word geïgnoreer. Ons doel is dat die regering en finansiële instellings finansiële verligting moet uitbrei na diegene wat ʼn inkomste verdien uit die bedryf, totdat ons toegelaat kan word om weer te begin werk.”

Die Atterbury-teater in Pretoria is deel van die projek en die teater is hele dag reeds in rooi gehul.

“Ons as die Atterbury Teater en Optog ondersteun die #LightSAred-inisiatief en sien uit om gehore weer landswyd terug te verwelkom in teaters wat vir soveel jare reeds vermaak gebring het,” het Matthys Maree, direkteur van dié teater, gesê.

Talle geboue en openbare plekke reg oor die land sal na verwagting vanaand in rooi gehul wees as deel van die veldtog.

Die Atterbury-teater in Pretoria is in rooi gehul. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jaco ·

Ek kan verstaan dat wit kunstenaars seker geruïneer moet word, want Covid-19 en inperking is mos maar die gerieflike Instrument wat nou gebruik word om wit mense te “straf” vir apartheid, MAAR wat van swart kunstenaars? Hulle velkleur en BEE is dan klaar reg. Waarom moet hulle dan ook “gestraf” word? Hulle is tog nie ook skuldig aan die “misdaad” van apartheid nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.