SA is nie te koop nie, sê Gordhan

Pravin Gordhan. Foto: Flickr/GovernmentZA

Suid-Afrika se toekoms lê in die hande van die aktiewe burgers wat moet opstaan en seker maak dat die staatskas nie geplunder word deur individue met persoonlike motiewe nie, sê die voormalige minister van finansies, Pravin Gordhan.

Hy het Vrydagaand, tydens die Gandhi-lesing in Mountain Rise, Pietermaritzburg, gesê hy veroordeel die beweerde plundery van staatsgeld deur persone wat polities verbind is.

“Dis vir ons almal om te sê Suid-Afrika is nie te koop nie, en dat ons nie sal toelaat dat ons land oorgeneem word nie,” het Gordhan gesê te midde van applous en ʼn gejuig van die gehoor.

ʼn Groep mans het egter in die middel van sy toespraak na die verhoog geloop en plakkate rondgeswaai wat Gordhan kritiseer. Op van die plakkate het die woorde gestaan, “stooge of white monopoly capital”.

Pres. Jacob Zuma se seun, Edward, was deel van dié groep, en het op Gordhan geskree en hom daarvan beskuldig dat hy saam met die opposisie gestem het tydens die onlangse debat in die nasionale vergadering oor ʼn mosie van wantroue in Zuma. “Jy is uitverkoop, jy het saam met die opposisie gestem, ons sal met jou afreken,” het Edward geskree.

Gordhan het egter die gehoor gedaag om toegespits te bly in die strewe na sosiale geregtigheid en om nie toe te laat dat beloftes van geld hulle ontspoor nie. Hy het ook aan die protesterende groep gesê hulle moet vir hul base sê dat Suid-Afrikaners nie aan individue verkoop sal word nie. Hy loof sy voormalige adjunk Mcebisi Jonas toe hy geweier het om omkoopgeld te aanvaar en sy land te verkoop aan die ryk Gupta-familie. “Dit is iemand wat ‘nee’ gesê het toe miljoene rand vir hom aangebied is. Ons moet ook só toegewyd wees.”

Daar was ʼn swaar polisieteenwoordigheid by die geleentheid te midde van gerugte dat lede van die MK Veteranevereniging die verrigtinge sou ontwrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Skybird ·

Bly om te sien PG staan nog sterk, wonder hoeveel pond het edward is sy ons, die polisie moes diè summier gearresteer vir sy dreigement teen PG, almal lamsakke

Hendrik ·

Pravin, hoekom bedank jy nie uit die vrot ANC nie? Is die gebrande pap dan so lekker? Jy laat my dink aan n klein skootbrakkie wat sy baas se hakskene byt, maar weet die ou kossies word getrou voor hom neergesit aan die einde van die dag! Jy is net so veragtelik soos die res van jou kaders…

John Samuel ·

Nie “weer”; nie “meer” of vir “nie minder” nie Gordham…?

Solank die anc aan bewind bly -maak nie saak Watter faksie nie- het Enige Iets in Suider Afrika a prys..

Adam ·

John, jy is absoluut korrek. SA is, was en sal altyd te koop bly en nie noodwendig eers vir die hoogste bod nie. SA is ook nie uniek in die opsig nie, deurdat die tendens reg oor die wereld goed gevestig is. (vgl die Amerikaanse “lobbyists”)

Jacques Venter ·

Gelukkig het ons nog n paar mense soos Gordan en n paar ander.
Die hoop bedkaam nie

Swannie ·

Jy is verkeerd. As Gordhan enige integriteit gehad het, sou hy bedank het nadat hy van `n oorsese reis teruggeroep was deur Zuma en toe vervang is.
Hy is ook maar net daar vir die geld.

Hans Richardt ·

Gordhan het nie die gewone mense gevra in 2012, wat hul opinie is rondom devaluasie van toe “te sterk rand’ nie.
Waarom is hy nou op sy kruisvaart teen sy ANC maatjies? Herinner nogals aan Malema destyds, dalk is Gordhan se nuwe tuiste in die EFF?
Gordhan oortuig my nie.

Swannie ·

Suid Afrika was nog nooit te koop nie. Eers het FW en Kie dit verniet weggegee en Zuma verpand dit net om die geld in die hande te kry.

Marous ·

Hy kan nie eers opstaan teen sy maatjies wat hom vloek nie…

Toppie ·

SA is nie te koop nie, met rommel status lyk dit of Mugabe dit wil koop met Zim dollars , seker om vir Grace te gee vir haar verjaarsdag dan het sy nie toestemming nodig om hier te kom plak nie

BB ·

Gordhan bly aan in die parlement want daar kan hy binne die ANC koukus sy stem verhef teen die onwettighede wat die ANC goedkeur. Belangrik dat hy daar bly. So kon hy bv die mosie teen Zuma daar ondersteun. Hy het guts .Hy loop nie weg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.