‘SA is oop vir besigheid’ sê Zuma by WEF

President Jacob Zuma spreek die Suid-Afrikaanse afvaardiging toe by WEF in Davos, Switserland (21/01/2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma spreek die Suid-Afrikaanse afvaardiging toe by WEF in Davos, Switserland (21/01/2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het tydens die jaarlikse Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, gesê Suid-Afrika is oop vir besigheid en die land wil graag sy voetspoor van sy maatskappye dwarsoor die Afrika-kontinent en wêreldwyd uitbrei.

“Ons is hier om aan beleggers te sê dat Suid-Afrika die plek is waar hulle moet wees, en ons het ʼn goeie rede om dit te sê,” het Zuma aan die Suid-Afrikaanse afvaardiging, wat bestaan uit lede van die kabinet, sakeleiers en verteenwoordigers van die WEF, gesê. “Ons het ʼn relatief gediversifiseerde ekonomiese basis. Ons het ʼn ekonomie wat wêreldgehalte sakedienste bied op terreine soos informasie- en kommunikasietegnologie, vervoer en logistiek, en finansiële en professionele dienste.”

Zuma het gesê Suid-Afrika word ʼn voorloper vir nuwe sektore van internasionale direkte beleggings soos die groen ekonomie, olie en gas en oseaan-ekonomie sektore soos skeepsbou.

Die president het dit benadruk dat Suid-Afrika miljarde rand belê om sy elektrisiteitsinfrastruktuur uit te brei, aangesien kragbeperkings die groeikrag van die ekonomie beperk. “Ons diversifiseer ons energiemengsel en het beduidende privaat beleggings in skoon energie deur die Hernubare Onafhanklike Kragverskaffingsprogram. Dit is ʼn vlagskipprogram vir ons,” het hy gesê.

Zuma het bygevoeg die regering neem met erns kennis van versoeke dat burokrasie verminder moet word wanneer beleggers wil sake doen in Suid-Afrika. “Die regering sal in reaksie hierop in die loop van hierdie jaar ʼn beleggingsveldtog, InvestSA, van stapel stuur.”

Lees alle vorige berigte oor die WEF op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Thuunda ·

Luister iemand ooit na die nar? Almal weet tog hulle het geen benul hoe om ‘n land te bestuur nie en is net in Davos om partytjie te hou op ons onkoste.

Terug by die huis is hulle hard besig om hulle sosialisties, kommunistiese, rassistiese, korrupte utopia staat te bewerkstellig.

Advies aan potensiele beleggers….run!!!

HEVW ·

Verbasend al hierdie moontlikhede en ekonomies word gepraat van n rommelstates. WAAR LE DAN DIE FOUT??? Seker dan by die wit boere wat nog grond besit.

Loon ·

Oop vir besigheid, oop vir beleggers, oop vir moord, oop vir verkragtings, oop vir korupsie, oop vir onwettige immigrante, oop oop oop oop…..
Pull in people this is the land of milk and honey!!!

En sy mond is oop om n pot bol kwyt te raak!

Danie van Zyl ·

Ek kan nie glo dat die man so dikvellig is nie. Dis net die ANC kiesers wat nie besef dat ons land deur `n groep plunderaars regeer word en dat die land enorme skade hieruit kry. Daar is soveel elemente wat dit bewys, maar steeds respekteer die ANC kiesers die goelaar en sy trawante. ek kan tot geen ander slotsom kom dat hulle naief, oningelig is nie.

Johann Marx ·

Haha…Suid Afrika is “oop” vir besigheid….net soos die hande “oop” is vir ekstra ietsie as jy wil besigheid doen.

alida ·

Ek weet nie waaroor kibbel julle nie. Daardie mense het grysstof tussen hulle ore en weet die nar het SA laat ontaard in ‘n sirkus. Hulle moes die arme drommel seker ‘n spreekbeurt gee waartydens hy net bolle gepraat het. Hy weet nie eers hoekom hy daar is nie dit die rede hoekom PG moes saamgaan.

Fanie ·

Ek stem hy han nie nugter dink nie. Mens kry die gedagte dat dit al uitweg is waaraan die ANC kan dink om geld in hierdie land in te bring.
Hulle desperate gryp na strooihalms, gaan egter lelike gevolge inhou vir al die burgers van SA.

Kef ·

Hierdie Zuma vent bly n koddige mannetjie, wat nie vertrou kan word nie.

Knersus D ·

En in duitsland word berig dat Zuma ‘n toksiese president is… Hierdie mense is nie onnosel nie! In die berig word sy indiskressies uit gewys asook die moontlikheid van ‘n lang tronkverblyf wanneer hy as president aftree…

ANDRE ·

As j z dink almal wat by die beraad is , is op die selfde intelligensie vlak , moet hy maar weer dink.Dalk moet hy iemand van sy “gevolg” vra om dit vir hom te verduidelik , maar aan die ander kand , dalk nie…..net nou skrik hy hom in n ander intellek veld in en begin weer die “ou” verbleikte en op-gebruikte troefkaarte uitpluk , wat net die plank wat hom gaan tref groter en dikker maak …..

Ella ·

Ai tog ou Zumpies – wil glo ‘n boek skryf oor almal wat dink hy is “uneducated” – gaan ‘n BAIE dik boek wees.

OMW ·

Haai Ella, hoe sny die sarkasme nou!! LOL!! Sy spindokters beweer hy kan vlot Frans, Engels en Russies praat. En, hy het himself leer lees en skryf!

Ek sien uit na daai BAIE dik boek!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.