SA is rasmal – verslag

(Argieffoto)

“Ras is feitlik allesoorheersend in Suid-Afrika.”

Dít is die gevolgtrekking van Solidariteit se verslag oor rassediskriminasie en -klassifikasie in Suid-Afrika.

Die verslag is Donderdag bekend gemaak en toon dat respondente nie net daagliks volgens ras geklassifiseer word nie, maar dat hul ras selfs hul regte in Suid-Afrika bepaal.

Die navorsing is tussen 31 Maart en 12 Mei vanjaar gedoen deur ʼn skakel na ʼn vraelys op sosiale media te versprei. Amper 5 000 respondente het die vraelys ingevul. Die vraelys was wel slegs in Afrikaans beskikbaar en op Solidariteit se sosialemediakanale gedeel.

Bevindings van dié opname sluit in:

  • Meer as 96% van die verslag se respondente ervaar dat sekere rassegroepe meer regte as ander in Suid-Afrika geniet.
  • Omtret agt uit tien respondente het aangedui daar is al persoonlik teen hulle gediskrimineer weens hul velkleur.
  • Byna vier uit elke tien gevalle van rassediskriminasie vind in en om die werkplek plaas, terwyl sommige gevalle met dienslewering en opleiding verband hou.
  • Meer as die helfte van die respondente (57,56%) meen dat die regering nie verbind is tot nierassigheid nie. Dít is kommerwekkend aangesien die Suid-Afrikaanse Grondwet uitdruklik verbind is tot nierassigheid.
  • Byna sewe uit tien respondente is onlangs volgens hul ras geklassifiseer. Die meerderheid van die respondente (61,03%) het aangedui dat rasseklassifikasie op ʼn daaglikse of weeklikse basis geskied.
  • ʼn Oorweldigende aantal respondente (76,51%) meen ook dat ras die grootste oorwegende faktor is in hul interaksie met die regering – hetsy dit die plaaslike lisensiekantoor of Sassa-betaalpunt is.
  • Byna een uit elke vyf respondente meen boonop dat private maatskappye hulle meer as die regering volgens hul ras klassifiseer. Dit dui daarop dat private maatskappye noodgedwonge regeringsriglyne rakende ras en rasseklassifikasie volg.

Solidariteit sê nou Suid-Afrika is een van die mees rasgereguleerde lande in die wêreld, aangesien feitlik elke interaksie met die regering en selfs private instansies voorafgegaan word deur rasseklassifikasie.

Volgens Solidariteit is die situasie wat tans in Suid-Afrika heers totaal abnormaal. “Die regering se aandrang op ʼn apartheidstipe rasseklassifikasie en die gevolglike afdwinging van rasregulering wat mense se werk, dienslewering en kinders direk raak, veroorsaak enorme skade aan rasseverhoudinge,” sê Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut (SNI).

Mulder sê hulle is bewus van duisende voorvalle waarin daar uitdruklik teen respondente en hul kinders gediskrimineer is op grond van hul ras.

“Besonder onrusbarend is weereens die feit dat die regering se rasregulering neerslag begin vind in gewone interpersoonlike interaksie en dienslewering van die regering. Wanneer amptenare op ʼn lae vlak openlik rassisties optree, sonder enige gevolge, word daar gekommunikeer dat dit die korrekte manier is om mense van ʼn sekere bevolkingsgroep te hanteer. Dit kom ook daarop neer dat die Suid-Afrikaanse regering belasting by alle rasse vat, maar beslis nie dienste aan alle rasse gaan lewer nie,” sê Mulder.

Hierdie verslag vorm deel van ʼn groter klag wat Solidariteit later vanjaar by die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) gaan indien.

Sien die volledige verslag hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hoekom ·

Veel erger as die sprokie van rassisme tydens apartheid…

Misky ·

Ja dis waar, maar omdat dit oral in ons keelgatte afgedruk word en spesifiek BBEEE

koos10 ·

Ons land se grondwet is nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie. “n Grondwet is net so sterk soos wat die mense dit wil hê dit moet wees. Tans word die grondwet verkrag en die “leiers” van die land dink dat dit heeltemal reg is.
Hulpfondse word volgens ras uit gedeel en die minister dink daar is niks daarmee fout nie.
Howe behandel wit en swart mense anders, en nie net to nadeel van wit mense nie, en die minister van Jusisie dink dit is reg. Dink maar aan Janusz Walus se aansoek op parool.

Hennie ·

Die regering is ras-mal! Hulle het kiesers om gelukkig te hou….

Tipper ·

Gaan maar net nog maller raak,en jy sal maar net moet verdra,sorg maar net om nie betrokke te raak nie.

marius ·

Die amerikaners wat die Afrikaner in die grond vertrap het , se glimlagte is ook nou weg . Kry vir julle ‘n voorsmakie van waarmee ons al vir jare sit .

Tokkel ·

DIE GROOT PROBLEEM IN SUID-AFRIKA….”As jy in ‘n hoek is en verkeerd gedoen het, pluk die rassekaart uit!” Jy sal rassisme altyd vind, maak nie saak waarin die wereld jy is nie.
Swart teen wit en wit teen swart! Lankal al oor dit!

Boon ·

In die aktualiteits program Verslag op kanaal 144 op wo..9 Junie aangebied deut Waldima Pelser is n opname van die Instituut van Rasse-Verhoudine bespreek wat toon dat ras en rassisme die kleinste probleem is wat in SA ondervind word

melaney ·

Op 31.5.61 het ek as klein blanke skooldogtertjie ‘n vlaggie en ‘n klein ronde kenteken ontvang terwyl ek tussen honderde ander kinders gestaan het. Ek het geweet die dag was spesiaal maar nie mooi geweet wat aangaan nie. Die ‘k’ woord was ongekend in ons huis. Volgens my ouers was ‘almal dieselfde’. Op skool het ons geleer van die boere oorloë ens maar ek was nog steeds te jonk om die volle waarheid van daardie tye te verstaan. Vandag weet ek van beter (dankie tog!). Ons vorige regering het in baie opsigte verkeerd opgetree. Die huidige regering wil nou ‘wys wie is baas’. Maar om so tekere te gaan beteken dat ons binnekort ‘n tweede zimbabwe gaan word. Dan wen niemand nie, nie die blanke, en ook nie die anderskleuriges nie. ‘Our people’ sal bly ANC stem terwyl hulle in ‘dryfsand’ staan, terwyl CR en kie tjoepstil bly. Hulle moet nie kla nie. Dit is hulle keuse. Ek staan bankvas agter die wit afrikaner….enige tyd !!

Jannie van Niekerk ·

SA is beslis “rasmal”. Daar is egte net een ras teen wie tans gediskrimkneer word en dit is die bklanke ras. MAAR as jy regtigwaar wil sien wat rassediskriminasie WERKLIK is, gaan kyk bietjie wat in China, die ANC se helde. aangaan. Daar word sekere Chenesergroeperings tot vandag toe nog nie eers as MENSE geag nie.

N ·

Nie regtig nodig vir navorsing om dit te weet nie. Almal weet dit, BEE, kwotastelsels, grondonteiening, plaas moorde ensovoorts maak dit baie duidelik

Fluisterwind ·

Kan iemand ook net ‘n ontleding doen Soos ons almal weet, is die departement van arbeid besig om klaringsertifikate te mobiliseer vir tenders verbonde aan korporatiewe Suid-Afrika om te voldoen aan die wetgewing oor billike indiensneming. Hierdie opnames sal gebruik word vir die toekenning van tenders

Jack ·

Wie het in die mandela droom geglo. Die borrel het al die eerste paar jaar na 94 gebars en omgekeerde apartheid is eenvoudig deur die anc en hul kaders en meelopers afgeforseer. So wat verwag julle van n land wat totaal kommunisies neig en reeds aandui dat hy in effek n diktatuur en polisiestaat is. Droom voort maar vergeet nie wat rondom jou borrel gebeur nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.