SA Jagters gereed vir regsgeding teen vuurwapenwet

Foto ter illustrasie. (Foto: Maxim Potkin, Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) meen dat die omstrede wysigingswetsontwerp op vuurwapens wat in Mei vanjaar gepubliseer is, onprakties, onregverdig en onuitvoerbaar is.

Hierdie vereniging is in 1949 gestig en is die oudste en die grootste geakkrediteerde jag- en sportskietvereniging in Suid-Afrika met meer as 44 000 lede en 81 funksionele takke.

Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, sê hulle is sterk ten gunste van wettige vuurwapenbesit, maar dat hierdie konsepwet aanvaarbare perke oorskry. “Uit die voorgestelde veranderinge is dit duidelik dat hierdie konsepwetgewing vanaf die aanvang ontwikkel is om die wet te verander van beperk tot beperkend.”

Maroela Media het onlangs berig dat die wysigings wat in die wetsontwerp voorgestel word, onder fel kritiek van verskillende belanghebbendes in die bedryf gekom het. Een van die belangrikste bekommernisse is die ingrypende gevolge wat Suid-Afrikaners byvoorbeeld die reg ontsê om ’n vuurwapen te besit vir selfverdediging of om ammunisie te herlaai.

Volgens Camphor is daar talle ander voorgestelde wysigings aan dié wet wat as onprakties en onregverdig beskou word.

“Die belangrikste beperking wat van toepassing op ons lede is, is dat toegewyde jagters en sportskuts tot ’n maksimum van ses wettige vuurwapens beperk word, sowel as die kriminalisering van die vuurwapeneienaars wat ammunisie herlaai.

“Die huidige wetgewing is reeds omslagtig en ingewikkeld, wat lei tot ’n groot administratiewe las op die SAPD. Dit is baie duidelik dat die voorgestelde wysigingswetsontwerp voorsiening maak vir nog meer beheer en dat dit dan nog meer ingewikkeld, omslagtig en moeiliker gaan wees om te implementeer.”

Belangrike wysigings wat vir SA Jagters van belang is, sluit in:

  • die ontneming van die individu se reg om ’n vuurwapen vir selfverdediging te besit;
  • die beperking op die aantal vuurwapens en ammunisie wat toegewyde jagters en sportskuts ingevolge artikel 16 mag besit;
  • die uitbou en herdefiniëring van die neem van ballistiese steekproewe, wat onuitvoerbaar en onprakties is;
  • die verandering van bevoegdheidsvereistes vir vuurwapeneienaarskap; en
  • die verbod op die herlaai van ammunisie deur vuurwapeneienaars vir eie gebruik en die verwydering van die voorsiening vir private versamelaars.

SA Jagters sê dat hulle met ʼn regspan gekonsulteer het oor die nodige regstappe teen hierdie voorgestelde wetgewing, indien ʼn regsgeding nodig sou wees. “Ons hou die situasie fyn dop en sal – soos in 2009 – voortgaan om ons lede se regte as wettige vuurwapeneienaars te beskerm,” sê Camphor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Persheks Adri ·

Hierdie stupid wet mag NIE deur gevoer word NIE punt! Ons weet mos SAPS is onbevoeg om ons te beskerm. Cele kan dit vergeet punt

Piet ·

Adri, ek stem met jou saam. Maar, vir wat wat haak almal vas op slegs die selfverdedigingsaspek van die wet?

Persheks Adri ·

Piet, dit gaan nie net oor selfverdediging nie. My kommentaar wat na al die platvorms toe is sluit al die bogenoemde aspekte in. Ek doen 1km baan kompetisies ook en herlaai ook. Wens regtig ek kon my hoog engels hier plaas wat ek vir Cele gestuur het…

Vrijburger ·

LMGA – jy kan gerus jou hoge Ingils hier plaas. As ons nie verstaan nie, sal ons Google Translate gebruik.

Persheks Adri ·

Vrijburger, ek glo nie Maroela gaan my 22 bladsye in hoog engels hier plaas om al die aspekte te “cover” nie lol ek wil eintlik net mense help om die kommentaar vir hoed te stuur…

Tanniepetoors ·

Gee hulle al hul hel. Dis onsinnig om wetsgehoorsame mense te ontwapen. Kry die onwettige wapens van die straat af!

Eugene ·

Die wet ontneem ons die reg om onsself te verdedig, hoe kan enige regering so iets doen,. Ramaphosa behoort ‘n stop te sit hieraan. Ek wag nou al 175 dae vir my lisensie. My nuwe wapen is al 2 jaar in die handelaar se kluis

ES ·

Eugene, ek het ook 250 dae gewag vir die goedkeuring en nog ‘n maand en ‘n half vir my kaart om uitgereik te word. Ek het my vuurwapen in 2019 gekoop en hom eers in Junie 2021 gekry… dis kranksinnig.

Piet ·

Die wet ontneem jou nie die reg om jouself te verdedig nie. Jy mag net nie ‘n vuurwapen gebruik om dit te doen nie! Dit is waaroor die verandering gaan.

Cherokee ·

Myns insiens het jul lank wag elke keer te doen met die vuurwapenbeampte (DFO) waarmee julle direk deel.
In die tyd wat julle wag het ek ‘n pistoollisensie èn rewolwerlisensie hernu, sowat ses maande gewag vir hernuwing, en dit is maande gelede al afgehandel. (Eerste keer wat ek so lank wag) Ek deel elke (hernuwings) jaar met dieselfde (Indiër) DFO in Point polisiestasie, het hom verlede jaar gekomplimenteer by GOSA (sonder dat hy daarvan weet).

Werner ·

Sal nie my wapens gee nie.Natal en plaasaanvalle al die moorde is genoeg bewys dat die verskoning van n regering ons veiligheid nie kan waarborg nie.Was dit nie vir die gewapende burgers nie het ou Cele en Cyril al die wereld plat gehardloop .

ES ·

Ek stem Werner, inteendeel het ek nog 2 vuurwapens gaan aanskaf.

Piet ·

Miskien moet almal wat so “ek sal nie my wapens ingee nie!!”, dit liewer vir hulleself hou en dit nie oral in die openbaar verkondig nie.

Werner ·

Ons het seker die reg om te se wat ons wil.As ou Malema elke dag kan oorlog verklaar teen ons blankes die regering ons elke dag kan dreig met art 25.Kan ons seker ook iets se.Of moet ons ons op ons ruggies draai en self nat pieppie.

gpsa ·

Gaan se julle se op DearSA.gov. Dis al waar on steun kan gee.

Oom Kaspaas ·

Stem saam ! was meer bedoel vir die persoon wat scene gemaak het oor SAJagters se lede wat “teikenskiet op onskuldige diere” soos hy dit gestel het, maar sien dis afgehaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.